{"id":81941,"date":"2025-08-30T07:40:27","date_gmt":"2025-08-30T05:40:27","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=81941"},"modified":"2025-08-30T07:40:27","modified_gmt":"2025-08-30T05:40:27","slug":"witwarm-wilgies-sal-prieska-se-gadeija-moet-hokslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=81941","title":{"rendered":"Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-81943\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Prieska-400x311.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"311\" \/>Die <strong>Kovsiestreekkompetisie<\/strong> se Irawa-liga is een van die opwindenste ligas in Suid-Afrikaanse skolerugby.<\/p>\n<p>Ja die liga is feitlik slegs twee weke lank, maar die spanne wat aan die liga deelneem speel meestal opwindende rugby. Die feit dat meeste van die spanne vanuit die platteland van die Noord-Kaap en Vrystaat kom dra gewis ook by tot die romantiek van hierdie liga.<\/p>\n<p>Vanjaar se twee spanne in die eindstryd, <strong>Wilgerivier<\/strong> van Frankfort en <strong>Ho\u00ebrskool Prieska<\/strong>, het boonop verlede week &#8216;n ruskans in die halfeindronde geniet. So die twee spanne behoort slaggereed en uitgerus vir Saterdag se eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein te wees.<\/p>\n<p>Prieska as die Griekwa se mediumskole-kampioen moes teen St Andrews van Bloemfontein in die halfeindronde te staan kom. Saints wat in die Vrystaatse B-liga teen <strong>Ho\u00ebrskool Bloemfontein<\/strong> die knie gebuig het, het na die nederlaag besluit dat dit wyser sou wees van die reeks vir vanjaar te onttrek.<\/p>\n<p>Die feit dat Saints se krieketspan hierdie naweek ook aan die jaarlikse Fasken-toernooi van St David&#8217;s Marist in Johannesburg deelneem, het waarskynlik ook &#8216;n deurslaggewende rol in die besluit gespeel.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Bloemfontein sal vandag in die streekkompetisie se Colt-liga eindstryd teen St Annes in aksie wees.<\/p>\n<p>Prieska het in die Griekwa-eindstryd vir De Aar met 36-27 die loef afgesteek.<\/p>\n<p>Wilgerivier moes teen De Aar in sy halfeindstryd in Welkom kragte meet. Die span vanuit die Noord-Kaap moes egter onttrek na die tragiese afsterwe van een van sy spelers, <strong>AJ Samson<\/strong>.<\/p>\n<p>Hy het by &#8216;n trapre\u00ebling by die skool afgegly en geval &#8216;n dag voor sy span se eindstryd teen Prieska. Hy is die Dinsdag na die eindstryd oorlede.<\/p>\n<p>Die Wilgies het hul plek in die uitspeelrondes van die reeks met &#8216;n klinkende sege van 51-14 oor Ficksburg in die Vrystaatse Platteland-eindstryd bespreek. Wilgerivier is oor die jare heen die mees suksesvolste span in die Irawa-liga en sal vanjaar ook as gunsteling op die veld draf.<\/p>\n<p>Die span van Frankfort sal wel goed bewus wees van wat Prieska se losskakel, <strong>Aidan Gadeija<\/strong>, kan verwag. Hy was vroe\u00ebr vanjaar een van die Griekwas se staatmakers tydens die Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg. Hy het tydens die toernooi nie gesukkel om die Poubloues se teenstanders se verdediging te ontsluit nie.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wilgerivier:<\/strong> 15 Tlhompo Motsapi, 14 SJ Naud\u00e9, 13 Phaladi Matsole, 12 Wessel Bibbey, 11 Kenneth Sumner, 10 Pedri Graaff, 9 Craydon Bibbey, 8 Rohan de Beer, 7 Tshepo Nyause, 6 Paseka Motsoeneng, 5 John Stadler, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Jannie Havenga, 2 DP Erasmus, 1 HJ Pelster.<\/p>\n<p><strong>Prieska:<\/strong> 15 Dino Maliqua, 14 Rowan Arries, 13 Armstong Zenani, 12 Denvin Beukes, 11 Logan Klaaste, 10 Aidan Gadeija, 9 Shumandre May, 8 Willem Oosthuizen, 7 Chaden Kasper, 6 Calib Makaleni, 5 Clyde Rooifontein, 4 Jayden Julies, 3 Ayin Fourie, 2 JJ van der Berg, 1 FC van Vuuren.<\/p>\n<p><strong>Afskop:<\/strong> 13:25<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga is een van die opwindenste ligas in Suid-Afrikaanse skolerugby. Ja die liga is feitlik slegs twee weke lank, maar die spanne wat aan die liga deelneem speel meestal opwindende rugby. Die feit dat meeste van die spanne vanuit die platteland van die Noord-Kaap en Vrystaat kom dra gewis ook by tot [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":81943,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-81941","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81941","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=81941"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81941\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/81943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=81941"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=81941"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=81941"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}