{"id":81980,"date":"2025-08-31T16:25:14","date_gmt":"2025-08-31T14:25:14","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=81980"},"modified":"2025-08-31T16:25:14","modified_gmt":"2025-08-31T14:25:14","slug":"middelburg-weer-in-rooi-getooi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=81980","title":{"rendered":"Middelburg weer in rooi getooi"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_81988\" aria-describedby=\"caption-attachment-81988\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-81988\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/HTS-Middelburg-vs-Middelburg-Plaat-Final--400x251.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"251\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-81988\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong>\u00a0het Saterdag op tuisbodem &#8216;n tweede agtereenvolgende <strong>SDC Noordvaal Plaat<\/strong>-titel onder breier, <strong>Jano Venter<\/strong>, ingepalm.<\/p>\n<p>Herleef al die<strong> SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Venter het verlede jaar amptelik as die Rooi Bulle se afrigter oorgeneem en met die intrapslag die span van Middelburg na &#8216;n Plaat-titel gelei, n\u00e1 die gelykopuitslag van 24-24 teen Ho\u00ebrskool Transvalia in die eindstryd in Vanderbijlpark.<\/p>\n<p>Vanjaar staan die Rooi Bulle egter alleen as nommer een op die podium, nadat hulle Saterdag in vanjaar se tweede Middelburg-derby met 19-11 oor die naburige <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong>\u00a0baas was.<\/p>\n<p>Agsteman, <strong>Tercuis Bezuidenhout<\/strong>, het nogmaals die wenkbroue gelig met sy indrukwekkende skopvernuf. Dit was van meet af aan duidelik dat enige beskikbare punte gevat moes word, met albei spanne se verdediging wat rotsvas gestaan het, en dus het Bezuidenhout se drie strafdoele &#8216;n aansienlike bydrae tot sy span se sege gelewer.<\/p>\n<p>Die stryd tussen die twee agttalle was titanies, met geen genade wat gegee of gevra is nie. Die feit dat \u00e1l drie drie\u00eb in die wedstryd deur voorspelers gedruk is, getuig hiervan.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle se loskopstut, <strong>Janco Botha<\/strong>, het wel soos &#8216;n wafferse senter van die halflyn deurgestorm vir sy vyfpunter, terwyl, haker, <strong>Hanro Terblanche<\/strong>, vir die eerste drie van die wedstryd oorgeduik het.<\/p>\n<p><strong>Matthew Abbey<\/strong> het sy Middie-loopbaan met twee strafdoele afgesluit, terwyl oopkantflank, <strong>CW Hanekom<\/strong>, vir &#8216;n laaste keer in &#8216;n Middelburg trui oorgeduik het. Hul pogings was egter net nie genoeg om die Rooies op hul tuisveld te stuit nie.<\/p>\n<p>Die <strong>Middies<\/strong> het egter nie met le\u00eb hande huis toe gegaan nie, met die o.16-span wat vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen in die afdeling van die veld gestap het. Hulle het vir Ho\u00ebrskool Oos-Moot met 24-19 met &#8216;n drie kort voor die eindfluitjie getroef.<\/p>\n<p>Die feit dat hulle agtereenvolgens as o.14-, o.15- en o.16-spanne koning gekraai het in die Plaat-afdeling, is iets wat die Middies se ondersteuners opgewonde sal maak wanneer di\u00e9 klomp volgende jaar by die ope-spanne aansluit.<\/p>\n<p>Die uitstaande seisoene deur die twee ouer ouderdomsgroepe en goeie seisoene onder die juniors, het ook verseker dat die Middies promosie na die taaiste afdeling, die Beker, verwerf het, en dus vir Transvalia en <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong>, wat albei na die Plaat gerelegeer word, vervang.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong> se o.15-span het die teleurstelling van verlede jaar se o.14-eindstryd agter hom geplaas deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> met 24-11 te verslaan. Die Oosies het verlede jaar met 8-15 teen <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> vasgeval.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> spog met die beste o.14-span in di\u00e9 afdeling. Die Wessies het uiteindelik, na &#8216;n vierkuns deur sy reuse en bedrywige agsteman, Dihan Booyens, met &#8216;n sege van 27-18 oor <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong> se vurige juniors vir Klerksdorp trots gemaak.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg 19 (11) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Hanro Terblanche, Janco Botha. Strafdoele: Tercius Bezuidenhout (3).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 11 (8)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie: CW Hanekom. Strafdoele: Matthew Abbey (2).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 24, Oos-Moot 19.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Oos-Moot 24, Zwartkop 11.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Wesvalia 27, Ho\u00ebrskool Kempton Park 18.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg\u00a0het Saterdag op tuisbodem &#8216;n tweede agtereenvolgende SDC Noordvaal Plaat-titel onder breier, Jano Venter, ingepalm. Herleef al die SDC Noordvaal Cup se Plaat-aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Venter het verlede jaar amptelik as die Rooi Bulle se afrigter oorgeneem en met die intrapslag die span van Middelburg na &#8216;n Plaat-titel gelei, n\u00e1 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":81988,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-81980","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81980","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=81980"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81980\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/81988"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=81980"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=81980"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=81980"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}