{"id":8296,"date":"2018-06-24T12:32:49","date_gmt":"2018-06-24T12:32:49","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-en-cronje-beindruk-op-noordvaal-bondedag\/"},"modified":"2018-06-24T12:32:49","modified_gmt":"2018-06-24T12:32:49","slug":"vrystaat-en-cronje-beindruk-op-noordvaal-bondedag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8296","title":{"rendered":"Vrystaat en Cronj\u00e9 beindruk op Noordvaal Bondedag"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8295\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/NewsGHermanAggenbag.jpg\" alt=\"NewsGHermanAggenbag\" width=\"431\" height=\"287\" \/>Daar bestaan geen twyfel na die Vrystaat o.18-rugbyspan se vertoning Saterdag tydens die Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion dat hy een van die gunstelinge op vanjaar se Cravenweek sal wees nie.<\/p>\n<p>Die Vrystaters het die Goue Leeus met 41-28 in die opwindendste wedstryd van die dag verslaan. Die Leeus, wat die verdedigende nie-amptelike kampioen van die Cravenweek is, is die beste span Noord van die Vaalrivier, maar sal nog moet skaaf indien hy vanjaar weer in die hoofwedstryd wil speel.<\/p>\n<p>Die Vrystaat se slot George Cronj\u00e9 het met \u2018n vertoning uit die boonste rakke &nbsp;seker gemaak dat die Vrystaatse keurders nie van hom vergeet nie.<\/p>\n<p>Cronj\u00e9 is vroe\u00ebr uit die Vrystaters se span van die Cravenweek in die Paarl weggelaat, maar moes teen die Goue Leeus vir die beseerde agtsteman, Werner Gouws, kom instaan. Gouws het sy hand gebreek en is in \u2018n resies met tyd om gereed vir die Cravenweek te wees.<\/p>\n<p>Cronj\u00e9 het soos \u2018n vierde losvoorspeler gespeel. Hy het \u2018n hele paar keer omgekeerde besit bewerkstellig en ook \u2018n hele paar Leeus met duikslae hard aarde toe gebring. Hy het ook \u2018n hele paar keer oor die voordeellyn met sy kraglopies gebars.<\/p>\n<p>Gepraat van kraglopies die Vrystaters se vaskopstut, Herman Aggenbag, het \u2018n drie gedruk waaroor hy nog lank gaan spog. Hy het vir \u2018n hele paar agterspelers hakskene gewys om \u2018n lopie van ongeveer 30 meter af te rond. In die agttal was die flank De Wet Marais kliphard en het saam met die stut Jan-Hendrik Wessels die fisieke aanslag gelei.<\/p>\n<p>Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg en die Vrystaat het teen rustyd \u2018n skrale voorsprong van 15-14 geniet. Dit het egter nooit gelyk asof die Vrystaat die wedstryd sou verloor nie.<\/p>\n<p>Dit was veral ook die gemak waarmee die Vrystaatse agterlyn gapings in die Leeus se verdediging ge\u00efdentifiseer en uitgebuit het wat indrukwekkend was. Dit het met tye gelyk asof die Vrystaatse agterlyn skadurugby gespeel het.<\/p>\n<p>Die binnesenter, Franco Smith, het met sy verspreiding veral hier \u2018n groot rol gespeel. Danksy die spasie het die heelagter, Richard Kriel, ook \u2018n hele paar keer mooi aansluiting by die agterlyn gevind. Vrystaat het ook sonder sy skrumskakel, Ross Braude, gespeel. Die skrumskakel, Delano Williams, het goed agter die oond in Braude se plek vertoon.<\/p>\n<p>Vir die Leeus was sy losskakel, Declan Raubenheimer, \u2018n staatmaker. Hy het die agterlyn seepglad weggestuur en ook met sy stelskopwerk be\u00efndruk. Die senter Muzi Manyike ook tevrede met sy vertoning kan voel.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00e9<\/strong><\/p>\n<p><strong>Vrystaat 41 (15) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ian Small-Smith, Wyclef Vlitoor, Herman Aggenbag, Samkele Mzayiya, Richard Kriel, WJ Steenkamp. Doelskoppe: Zander du Plessis (4). Strafdoel: Du Plessis. <strong>Goue Leeus 28 (14) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ruben Westraad, Lindo Ncusane, Karel Zowitsky, Henco van Wyk. Doelskop: Declan Raubenheimer (4).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar bestaan geen twyfel na die Vrystaat o.18-rugbyspan se vertoning Saterdag tydens die Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion dat hy een van die gunstelinge op vanjaar se Cravenweek sal wees nie. Die Vrystaters het die Goue Leeus met 41-28 in die opwindendste wedstryd van die dag verslaan. Die Leeus, wat die verdedigende nie-amptelike kampioen van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8295,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8296","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8296","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8296"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8296\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8296"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8296"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8296"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}