{"id":8324,"date":"2018-07-08T07:25:51","date_gmt":"2018-07-08T07:25:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/cravenweek-wemel-van-bekendes-se-latte\/"},"modified":"2018-07-08T07:25:51","modified_gmt":"2018-07-08T07:25:51","slug":"cravenweek-wemel-van-bekendes-se-latte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8324","title":{"rendered":"Cravenweek wemel van bekendes se latte"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8323\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGBrendanVenter.jpg\" alt=\"NewsGBrendanVenter\" width=\"370\" height=\"276\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGBrendanVenter.jpg 370w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGBrendanVenter-300x224.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 370px) 100vw, 370px\" \/>Die Coca-Cola Cravenweek vir ho\u00ebrskole keer van more af vir die eerste keer in 31 jaar terug na die Paarl. Die toernooi wat vanjaar die 55ste keer aangebied sal word, is laas in 1987 tydens die Paarl se 300ste bestaansjaar hier gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die week van 1987 het \u2018n belangrike bydrae gelewer tot die Springbokke se verowering van die W\u00eareldbeker van 1995. Vier spelers wat op di\u00e9 week in aksie was James Small, Brendan Venter (albei Transvaal), Chris Rossouw (Oos-Transvaal) en Ruben Kruger (Vrystaat) tel onder die helde van 1995.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Venter se seun sal reeds soos sy pa die nr.12-trui tydens vanjaar se toernooi vir die Westelike Provinsie dra. Die Streeptruie tel vanjaar saam met die Vrystaat en die Sharks as die gunstelinge om die kroon as nie-amptelike kampioen te dra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die WP se loskopstut, Robbie Rodgers, se pa, Heinrich Rodgers het ook as voorryman op sy dag vir die Bokke diens gedoen. Die Sharks se veelsydige agterspeler, Rynardt Jonker, se pa is die voormalige skeidsregter, Marius Jonker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse span het ook heelwat oud-Bokke se seuns in sy geledere. Die gewese Bok-senter, Franco Smith, wat op \u2018n tyd ook die rekord vir die meeste punte op \u2018n Cravenweek gehou het se seun Franco sal ook op binnesenter vir die Vrystaat in aksie wees. Smith jr. en Venter jr. behoort albei sterk aanspraakmakers te wees om die nr 12-trui van die SA Skole-span te dra.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ysterman van Bok-rugby Andr\u00e9 Venter se seun, Andr\u00e9-Hugo Venter, sal op haker vir die Vrystaat uitdraf. Die span se slot Danwich Beukes se pa, Joe Beukes, het die Vrystaat in meer as 100 wedstryde verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die WP XV-tal se slot Emile van Heerden se pa Fritz van Heerden het as flank en slot die Springbokke verteenwoordig. Sy haker wat die bal in die lynstane by hom moet uitkry is Cullen van der Merwe. Sy pa is die voormalige heelagter en afrigter van Griekwas en die Westelike Provinsie, Kobus van der Merwe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">WP se vleuel Tiaan Pretorius se pa Torros Pretorius het vir die destydse Suidoos-Transvaal as losvoorspeler Cravenweek asook vir die seniorspan uitgedraf. Hy is ook die neef van die Bok-flank, Kwagga Smith.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Terug na 1987 in die Paarl. Rossouw was vanaf agtsteman die Rooi Duiwels se kaptein. Hy het later na haker verskuif. Toks van der Linde het Oos Vrystaat aangevoer. Hy het slegs 92kg geweeg en was 1.89m lank, wat nie groot in vandag se terme van voorrymanne op skoolvlak is <\/span><span style=\"color: #000000;\">Die gewese Bok-haker Charl Marais het die Vrystaters se skrum as vaskopstut geanker. En saam met Kruger in die lostrio en ook kaptein van die span was wyle Protea-kaptein Hansie Cronj\u00e9 op agtsteman. Nog \u2018n toekomstige Springbok Pieter Muller het daardie jaar die laaste vesting van die Vrystaters beman.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n Verdere drie Bokke Phillip Schutte (Noord-Transvaal), Tinus Linee (WP Federasie) en Botha Rossouw (Verre Noord) was ook in 1987 op die Paarl in aksie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bolandse slot JW Human van Hermanus sal die langste speler in aksie wees op die week. Hy staan \u2018n allemintige 2.02 meter in sy sokkies. Die lenige slot weeg slegs 88kg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wynboere sal ook die swaarste speler op vanjaar se toernooi h\u00ea. Sy loskopstut, Tommie Bezuidenhout, laat die skaal op 120kg kreun. Die leerling van HTS Drostdy is 1.85m lank.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Coca-Cola Cravenweek vir ho\u00ebrskole keer van more af vir die eerste keer in 31 jaar terug na die Paarl. Die toernooi wat vanjaar die 55ste keer aangebied sal word, is laas in 1987 tydens die Paarl se 300ste bestaansjaar hier gehou. Die week van 1987 het \u2018n belangrike bydrae gelewer tot die Springbokke se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8323,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8324","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8324","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8324"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8324\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8323"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8324"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8324"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8324"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}