{"id":83353,"date":"2025-09-20T22:47:57","date_gmt":"2025-09-20T20:47:57","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=83353"},"modified":"2025-09-20T22:47:57","modified_gmt":"2025-09-20T20:47:57","slug":"groenewald-n-man-vir-die-groot-oomblik-vat-vyf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=83353","title":{"rendered":"Groenewald, \u2019n man vir die groot oomblik, vat vyf"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_83363\" aria-describedby=\"caption-attachment-83363\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-83363\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Christian-Linde--400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-83363\" class=\"wp-caption-text\">CHRISTIAAN LINDE van Affies in sy element met die kolf teen Ho\u00ebrskool Waterkloof. FOTO: Hannes Nienaber.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ruben Groenewald<\/strong> van <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool <\/strong>se oes van vyf paaltjies Saterdag in Pretoria is sy derde groot oomblik van die jaar.<\/p>\n<p>Lees en herleef al die <strong>Titans Platinum Liga<\/strong>-aksie net hier op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Groenewald se vorige twee uithaaloomblikke vanjaar het albei op die rugbyveld plaasgevind, naamlik &#8216;n doelskop teen Paarl Gimnasium om &#8216;n gelykopuitslag af te dwing en toe &#8216;n strafdoel teen Jeppe High School for Boys vir &#8216;n naelskraapse sege in die doodsnikke.<\/p>\n<p>Die veelsydige Groenewald het die afgelope Saterdag soos dit &#8216;n kaptein betaam, in die grootste stryd tot dusver vanjaar in die Titans-liga, van voor gelei. Hy het uiteindelik &#8216;n merkwaardige boulskof van 8.1 beurte afgesluit met syfers van 5\/27 wat vir Affies &#8216;n sege van 51 lopies oor <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> verseker het. Dit neem sy se bydrae met die bal, oor die laaste twee wedstryde, na &#8216;n allemintige nege paaltjies.<\/p>\n<p>Di\u00e9 nederlaag was slegs Klofies, die krieketreus van Pretoria, se tweede in soveel jaar in die Titans-liga, nadat Affies in 2023, ook op hul tuisveld, met vyf paaltjies koning gekraai het. Dit beteken natuurlik dat Affies nou die enigste onoorwonne span onder die groot Titans is.<\/p>\n<p>Die jongeling, <strong>Christian Linde<\/strong>, wat slegs in Graad 9 is vanjaar, was die voorbok op die Affies se kolflys. Die groentjie het met 79 lopies gespog, waarvan hy 46 met grenshoue aangeteken het.<\/p>\n<p>Vier van die ander Affie-kolwers het elk meer as 40 lopies bygedra. Paaltjiewagter, <strong>Daniel Murray<\/strong>, self nog jonk, het voet in die hoek gesit vir 56 lopies van 51 aflewerings. Die gesamentlike poging van die tuisspan het vir &#8216;n totaal van 297\/7 in sy toegelate 50 beurte gesorg.<\/p>\n<p>Klofies se <strong>Darius Maritz<\/strong> het sy staal tydens die laaste gedeelte van die beurt tentoongestel en met syfers van 3\/57 in agt beurte afgesluit. Sy span se kolfbeurt het egter nie na wense begin nie. <strong>Zian Labuschagne<\/strong> (1\/41) en <strong>Vihan Pretorius<\/strong> (1\/45) het vroeg toegeslaan om die Klofies onder druk te plaas.<\/p>\n<p>Dit was <strong>Franco Schmidt<\/strong> (48) en <strong>Rico van der Walt<\/strong> (41) wat die orde herstel het. Die twee het netjies saam gekolf vir &#8216;n belangrike venootskap van 72 lopies. Toe <strong>Johan Feuth<\/strong> boonop 85 lopies van net 57 balle gemoker het, in &#8216;n beurt wat sewe viere en ses sesse ingesluit het, was Klofies nog op koers na &#8216;n stewige totaal.<\/p>\n<p>Die draaipunt het egter gekom toe Feuth deur Labuschagne uitgehardloop is. Dit was toe Groenewald die druk dramaties verplaas het. Sy knaende boulwerk het &#8216;n ineenstorting tot gevolg gehad, met vier paaltjies wat vir slegs 23 lopies gekantel het.<\/p>\n<p>Hierdie uitslag maak die wedloop vir die trofee weer wawyd oop. Affies het nog drie wedstryde oor, waarvan een teen <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong>. Die Ysbere het na hul sege oor <strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> vroe\u00ebr die dag, na eerste op die puntelys opgeskuif.<\/p>\n<p>Die onlangse twee uitslae maak die ontmoeting tussen Affies en Garsfontein van kardinale belang. Die Klofies sal ook hul twee oorblywende wedstryde met bonuspunte moet wen indien hulle &#8216;n kans wil staan om hul titel van die afgelope vier jaar suksesvol te verdedig.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaart<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies 297\/7\u00a0<\/strong>(Christian Linde 79, Daniel Murray 57, Adriaan Nel 42, Vihan Pretorius 41, JP Botha 37; Darius Maritz 3\/57);\u00a0<strong>Waterkloof 246\u00a0<\/strong>(Johan Feuth 85, Franco Schmidt 48, Rico van der Walt 41, Ekstras 23; Ruben Groenewald 5\/27). <strong>Affies wen met 51 lopies.\u00a0<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ruben Groenewald van Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool se oes van vyf paaltjies Saterdag in Pretoria is sy derde groot oomblik van die jaar. Lees en herleef al die Titans Platinum Liga-aksie net hier op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Groenewald se vorige twee uithaaloomblikke vanjaar het albei op die rugbyveld plaasgevind, naamlik &#8216;n doelskop teen Paarl Gimnasium om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":83363,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-83353","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/83353","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=83353"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/83353\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/83363"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=83353"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=83353"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=83353"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}