{"id":8339,"date":"2018-07-11T16:38:21","date_gmt":"2018-07-11T16:38:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/streeptruie-bespreek-waarskynlik-plek-in-hoofmaal-van-cravenweek\/"},"modified":"2018-07-11T16:38:21","modified_gmt":"2018-07-11T16:38:21","slug":"streeptruie-bespreek-waarskynlik-plek-in-hoofmaal-van-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8339","title":{"rendered":"Streeptruie bespreek waarskynlik plek in hoofmaal van Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8338\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGWestelikeProvinsie.jpg\" alt=\"NewsGWestelikeProvinsie\" width=\"380\" height=\"317\" \/>Die Westelike Provinsie het waarskynlik sy plek in Saterdag se nie-amptelike eindstryd van die 55ste Coca-Cola Cravenweek in die Paarl met &#8216;n sege van 13-5 op die derde dag van die toernooi bespreek. Daar sal ook &#8216;n nuwe nie-amptelike kampioen gekroon word. Die Goue Leeus het verlede jaar die Sharks met 45-18 in die hoofwedstryd van die week verslaan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was &#8216;n klipharde stryd tussen die twee spanne, maar nie &#8216;n baie opwindende een nie. Die twee spanne het mekaar fisiek aangevat en daar was min deurkomkans met albei spanne se verdediging wat rotsvas was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien die hoofwedstryd van die Cravenweek soos in die vervlo\u00eb dae deur die gehalte van &#8216;n span spel bepaal is, sou die eers waarskynlik vir Grens te beurt geval het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Om die stelling te beaam, haal ons aan uit die vorige Cravenweek in die Paarl se program. &#8220;Ek wil weereens beklemtoon dat wen ondergeskik is aan konstruktiewe spel en in wese beteken dit dat die bal lewendig gehou moet word, totdat hy op &#8216;n regmatige wyse doodgemaak kan word, naamlik as &#8216;n drie gedruk word.&#8221; <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek kan hierdie feit nie oorbeklemtoon nie, want dit was nog altyd die doel van die spel om die bal lewendig te hou, dit wil s\u00ea in spel en deur middel van hardloop en hanteer,&#8221; lui &#8216;n frase uit Dr. Danie Craven se voorwoord uit die program van 1987.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien die stelling van Cravenweek vandag nog gewig gedra het, sou Grens se spel tydens die eerste twee wedstryde sonder twyfel aan hom &#8216;n plek in Saterdag se hoofmaal bespreek het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maar terug na die stryd tussen die Streeptruie en die Goue Leeus. WP kon met die wind van agter slegs &#8216;n voorsprong van &#8216;n enkele punt van 6-5 teen die omdraaislag opbou. Die tuisspan het meeste van die gebiedsvoordeel in die eerste helfte geniet, maar kon dit nie in punte omskep nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus se buitesenter, Henco van Wyk, het vir &#8216;n ligpunt in die eerste helfte gesorg toe hy &#8216;n briljante individuele drie gedruk het. Di\u00e9 drie het aan hom die toekenning van Coca-Cola se Held van die Dag besorg.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie se kaptein en slot, Adrian Alberts, het sy span se enigste drie gedruk na die haker van die Leeus, Morn\u00e9 Brandon, met &#8216;n geelkaart koelkas toe gestuur is. Alberts, wat verlede jaar die SA Skole-span gehaal het, het waarskynlik met sy vertoning seker gemaak dat hy vanjaar weer vir die span sal uitdraf. Alberts is ook &#8216;n sterk aanspraakmaker om vanjaar die nasionale skolespan te lei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Alberts het die agtsteman, Evan Roos, ook weer &#8216;n stewige vertoning gelewer. Sy twee vertonings tot dusver op vanjaar se toernooi was sy beste nog vanjaar.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Westelike Provinsie 13 (6) &#8211;<\/strong> Drie: Adrian Alberts. Doelskop: Kade Wolhuter. Strafdoele: Wolhuter. <strong>Goue Leeus&nbsp; 5 (5) &#8211;<\/strong> Drie: Henco van Wyk.&nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Westelike Provinsie het waarskynlik sy plek in Saterdag se nie-amptelike eindstryd van die 55ste Coca-Cola Cravenweek in die Paarl met &#8216;n sege van 13-5 op die derde dag van die toernooi bespreek. Daar sal ook &#8216;n nuwe nie-amptelike kampioen gekroon word. Die Goue Leeus het verlede jaar die Sharks met 45-18 in die hoofwedstryd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8338,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8339","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8339","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8339"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8339\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8339"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8339"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8339"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}