{"id":8343,"date":"2018-07-12T14:22:29","date_gmt":"2018-07-12T14:22:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boland-baas-teen-ligbloues-in-die-paarl\/"},"modified":"2018-07-12T14:22:29","modified_gmt":"2018-07-12T14:22:29","slug":"boland-baas-teen-ligbloues-in-die-paarl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8343","title":{"rendered":"Boland baas teen Ligbloues in die Paarl"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8342\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGShaneColeWilliams.jpg\" alt=\"NewsGShaneColeWilliams\" width=\"380\" height=\"254\" \/>Die Blou Bulle kon vir die eerste keer sedert 1995 nie daarin slaag om Boland op die Coca-Cola Cravenweek vir ho\u00ebrskole te wen nie. Die Wynboere het met 19-17 met die Ligbloues in die modder in die Brugstraat-stadion in die Paarl geploeg.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die laaste keer wat die Boland nie die knie teen die Ligbloues gebuig het nie, was in 1995 in Bloemfontein toe die twee spanne met 13-elk gelykop gespeel het. Die gewese Springbok Gaffie du Toit het op daardie dag vir die Wynboere uitgedraf. Vandag was dit ook Boland se losskakel, Lionel April, wat die grootste doring in die Blou Bulle se vlees was.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">April het twee keer die Ligbloues se doellyn oorgesteek. Sy eerste drie was na slegs twee minute se spel toe hy die bal in sy span se kwartgebied onderskep het en ongeveer 80 meter genael het om te gaan afrond. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">April het met 16 minute se spel oor in die wedstryd die deurslaggewende drie gaan druk. Sy span se binnesenter, Shane-Cole Williams, is kort voor dit deur die skeidsregter, Jaco Kotze, koelkas toe gestuur.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle het in die tweede helfte die voortou met 17-14 geneem na sy agtsteman, Divan Venter, oorgeval het. Die Wynboere het egter deurgans gemakliker in die nat en koue toestande in die Paarl gelyk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues se SA Skole-senter van verlede jaar, Diego Appollis, beleef tot dusver nie &#8216;n goeie toernooi in die Paarl nie. April het waarskynlik reeds &#8216;n regmerkie agter sy naam vir vanjaar se nasionale skolespan.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Boland 19 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Lionel April (2), Shane-Cole Williams. Doelskoppe: April (2). <strong>Blou Bulle 17 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Divan Venter, Campo Willemse. Doelskoppe: Regardt Roets (2). Strafdoel: Roets.\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Blou Bulle kon vir die eerste keer sedert 1995 nie daarin slaag om Boland op die Coca-Cola Cravenweek vir ho\u00ebrskole te wen nie. Die Wynboere het met 19-17 met die Ligbloues in die modder in die Brugstraat-stadion in die Paarl geploeg.\u00a0 Die laaste keer wat die Boland nie die knie teen die Ligbloues gebuig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8342,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8343","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8343","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8343"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8343\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8343"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8343"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8343"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}