{"id":8347,"date":"2018-07-15T07:23:38","date_gmt":"2018-07-15T07:23:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/geen-einde-aan-wp-se-diepte-op-skolevlak\/"},"modified":"2018-07-15T07:23:38","modified_gmt":"2018-07-15T07:23:38","slug":"geen-einde-aan-wp-se-diepte-op-skolevlak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8347","title":{"rendered":"Geen einde aan WP se diepte op skolevlak"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8346\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGJuanMostert.jpg\" alt=\"NewsGJuanMostert\" width=\"410\" height=\"274\" \/>Die diepte van Westelike Provinsie se skolerugby ken geen einde nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die unie se twee Cravenweek-spanne asook die uitsoek Akademie-span het hul onderskeie toernooie onoorwonne afgesluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie het in die hoofwedstryd van die Cravenweek in die Brugstraat-stadion hier met \u2018n sege van 47-8 oor die Sharks geen twyfel gelaat dat hy die voorste span op vanjaar se toernooi is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel dit \u2018n klipharde stryd was, het daar geen twyfel na die eerste helfte bestaan wie in beheer van die kragmeting was nie. WP kon teen lemoentyd slegs \u2018n voorsprong van 14-8 opbou, maar het die gebiedsvoordeel asook die balbesit beheer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nie-amptelike kampioen se agtsteman, Evan Roos, het die toernooi van sy lewe beleef. Hy is in die hoofwedstryd vir die tweede keer as speler van die wedstryd tydens die week uitgesonder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Roos het vanjaar nog nie vir sy skoolspan, die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, so gespeel soos hy tydens die week gedoen het nie. Die Sharks se agtsteman, Celimpilo Gumede, het sonder twyfel reeds sy plek in vanjaar se SA Skole-span voor die hoofwedstryd bespreek, maar Roos het gister di\u00e9 tweestryd gewen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar behoort heelwat spelers uit WP se agttal die SA Skole-span te haal. Die vaskopstut, Hanru Jacobs, haker JJ Kotze, slot Adrian Alberts sal saam Roos sterk aanspraakmakers op plekke in die nasionale span wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie se agterhoede met die losskakel, Juan Mostert, en die senterpaar, Brendan Venter en Dawid Kellerman, aan die spits het sake ook moeilik op die modderige veld vir die Sharks gemaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Sharks se binnesenter, Rynhardt Jonker, \u2018n stiller wedstryd beleef het, het hy steeds gewys dat hy \u2018n speler van gehalte is. Die vleuel Siyanda Cele was met twee lopies in die eerste helfte grootliks vir al sy span se punte verantwoordelik.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grens eerste keer sedert 2009 onoorwonne<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grens het vir die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag om die toernooi onoorwonne af te sluit. Die span het die Vrystaat met 33-17 op die laaste dag met opwindende hardlooprugby verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se heelagter, Sibabalwe Xamlashe, en haker, Jacques Goosen, was twee van drie spelers wat die toernooi as die voorste driedrukkers afgesluit het. Albei het vyf keer \u2018n draai agter die doellyn gaan maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Suidwestelike Distrikte se senter Janco Klinck het ook vyf keer agter die doellyn geboer. Grens se skrumskakel, Thomas Bursey, was met 38 punte die voorste puntemaker op die week danksy sy akkurate korrelwerk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sover vasgestel kom word tot en met 1980 was dit Grens se eerste sege oor die Vrystaat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ligbloues se nagmerrie in Paarl duur voort<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle het \u2018n nuwe laagtepunt op vanjaar se toernooi beleef deur vir die eerste keer in die geskiedenis van die Craven Week in elk van sy drie wedstryde die onderspit te delf. Die feit dat die span se laaste nederlaag teen \u2018n ander unie se tweede span, die Westelike Provinsie XV-tal (16-20), was het nog meer sout op di\u00e9 oop wond gevryf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues kon dus in sy laaste ses wedstryde op die Cravenweek slegs een sege behaal na hulle verlede jaar op die laaste dag daarin kon slaag om Grens (45-40) te klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues het nog net een keer vantevore met le\u00eb hande na Pretoria van die toernooi teruggekeer. Dit was in 1985 toe die toernooi in Witbank aangebied was. Hulle het wel daardie jaar op die laaste dag met 15-elk teen Wes-Transvaal destyds gelykop gespeel om \u2018n tikkie aansien aan hul week te gee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WP ook \u201ckampioen\u201d op Akademie-week<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">WP se Akademie-span het ondanks die feit dat dit eintlik die Streeptruie se \u201cderde span\u201d is, steeds geen gelyke tydens die Akademie-week gehad nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span het die Vrystaat met 73-0 in die nie-amptelike eindstryd van die week verniel. Die wenspan het teen die omdraaislag reeds \u2018n voorsprong van 26-0 geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">WP se losskakel, Charl Janson, was met 41 punte die voorste puntemakers op die Akademie-week. Sy flank Louwan Horn was gesamentlik met die Blou Bulle XV-tal se senter Shayne Bolton met vyf drie\u00eb elk die voorste driedrukkers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Zimbabwe verbreek droogte teen Biltongboere<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten die WP het die Suidwestelike Distrikte en Zimbabwe ook die Akademie-week onoorwonne afgesluit. Zimbabwe het op die laaste dag vir die eerste keer in agt jaar daarin geslaag om Namibi\u00eb (27-6) ore aan te sit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei die nasionale o.18-spanne van die buurlande het vir die eerste keer ooit aan die Akademie-week deelgeneem. Die twee spanne het verlede jaar nog aan die Cravenweek deelgeneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>CRAVENWEEK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Westelike Provinsie 47, Sharks 8; Goue Leeus 51, Boland 12; Grens 33, Vrystaat 17; Westelike Provinsie XV 20, Blou Bulle 16; Griffons 22, Valke 19; Oostelike Provinsie 21, Luiperds 10; Suidwestelike Distrikte 48, Pumas 14; Griekwas 24, Limpopo Blou Bulle 15; Blou Bulle XV 29, Goue Leeus XV 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AKADEMIE-WEEK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Westelike Provinsie 73, Vrystaat 0; Sharks 24, Goue Leeus 10; Blou Bulle 38, Grens 17; Boland 20, Goue Leeus XV 8; Oostelike Provinsie 22, Griffons 13; Suidwestelike Distrikte 45, Valke 12; OP-platteland 31, Griekwas 27; Luiperds 19, Griekwa-platteland 8; Blou Bulle XV 33, Westelike Provinsie 22; Puma-platteland 10, Valke-platteland 10; Sharks-platteland 10, Griffons-platteland 8; Limpopo Blou Bulle 25, Pumas 0; Grens-platteland 20, SA LSOB 19; Zimbabwe 27, Namibi\u00eb 6.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die diepte van Westelike Provinsie se skolerugby ken geen einde nie. Die unie se twee Cravenweek-spanne asook die uitsoek Akademie-span het hul onderskeie toernooie onoorwonne afgesluit. Die Streeptruie het in die hoofwedstryd van die Cravenweek in die Brugstraat-stadion hier met \u2018n sege van 47-8 oor die Sharks geen twyfel gelaat dat hy die voorste span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8346,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8347","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8347","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8347"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8347\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8347"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8347"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8347"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}