{"id":8355,"date":"2018-07-22T07:03:18","date_gmt":"2018-07-22T07:03:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/oakdale-dop-boishaai-om-helpies-het-garsfontein-se-nommer\/"},"modified":"2018-07-22T07:03:18","modified_gmt":"2018-07-22T07:03:18","slug":"oakdale-dop-boishaai-om-helpies-het-garsfontein-se-nommer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8355","title":{"rendered":"Oakdale dop Boishaai om; Helpies het Garsfontein se nommer"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8354\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGHencoBeukes.jpg\" alt=\"NewsGHencoBeukes\" width=\"398\" height=\"266\" \/>Di\u00e9 Bulle van Oakdale Landbou het sal vandag effe meer bre\u00ebbors as gewoontlik rondloop. Oakdale se rugbyspan het vir die eerste keer sedert 2002 daarin geslaag om die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl te verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale se sege van 47-29 is boonop op Boishaai se agterplaas in die Brugstraat-stadion in die Paarl behaal. In 2002 was die oud-Bok Meyer Bosman en oud-Puma Doppies le Roux lede van Oakdale se span en nog in graad 11.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale het met sy flank Henco Beukes asook kaptein en slot, Hannes Gous, aan die spits voorlangs daarin geslaag om Boishaai se swaer agttal in toom te hou. Boishaai se momentum is ook ontwrig danksy die hoeveelheid omgekeerde besit die besoekers gedurende die wedstryd bewerkstellig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se vaskopstut, Pieter Maritz, het ook die veld vol gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die vleuel, Trevino Gordon, \u2018n driekuns ingeryg. Die heelagter, Clyde Lewis, was ook op sy stukke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Net af in Paarl se hoofstraat het Paarl Gimnasium nie veel genade vir sy besoekers uit die Suid-Kaap betoon nie. Gimmies het Outeniqua se Kwaggas met 57-0 verniel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan se heelagter, Tiaan Swanepoel, het drie keer \u2018n draai agter die doellyn gemaak. Buiten Swanepoel het die agtsteman, Juan Wilson, en SA Skole-vleuel, Stravino Jacobs, ook blink vertonings opgedis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium het op sy tuisveld in Stellenbosch ook nie veel genade vir Wynberg Boys\u2019 High betoon nie. Die span van die Eikestad het met 73-14 as oorwinnaars van die veld gestap. Sy heelagter, Kade Wolhuter, het 28 van sy span se punte via twee drie\u00eb en nege doelskoppe aangeteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou was ook in \u2018n vernietigende bui en het SACS met 47-24 kaf gedraf. Glenwood van Durban het sy onoorwonne status behou deur HTS Middelburg met 83-0 te verniel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7617\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/NewsGHelpmekaar.jpg\" alt=\"NewsGHelpmekaar\" width=\"380\" height=\"252\" \/>As daar een span is wat Garsfontein se nommer het, is dit Helpmekaar-kollege van Johannesburg. Helpies het Garsfontein se onoorwonne status in die Virsekerbeker se Beker-afdeling met \u2018n oorwinning oor hom van 31-25 be\u00ebindig. Garsies kon in die afgelope vier kragmetings wat oor drie jaar strek nog nie een keer daarin slaag om Helpmekaar om te dop nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die grondslag vir die sege is voorlangs gel\u00ea met veral Helpies se slotte, Michael Amiras en Brink Marx, wat behoorlik gewoel het. Agterlangs het die linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, sy 16de drie van die seisoen gedruk om Helpmekaar se rekord vir \u2018n seisoen te ewenaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument van Krugersdorp se buitesenter, Henco van Wyk, het op sy goeie vertonings op vanjaar se Cravenweek voortgebou deur met \u2018n driekuns sy skoolspan tot \u2018n oorwinning van 40-26 oor Menlopark aan te vuur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia het \u2018n belangrike bonuspunt-sege in Mbombela oor die Nelspruit Rhinos met 33-19 behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Plaat-kompetisie van die reeks is daar nie veel tussen die spanne te kies nie. Marais Viljoen het vir Kempton Park met 34-33 naelskraap verslaan, terwyl Eldoraigne vir die Ho\u00ebrskool Rustenburg met 46-28 met die kous oor die kop huis toe gestuur het. Eldos se senter Shayne Bolton het met vier skitterende drie\u00eb gewys dat hy dalk \u2018n Ligblou-trui op die Cravenweek moes dra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion se losskakel, Eathan Wentzel, was sy span se held in sy sege van 39-36 oor Noordheuwel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Overkruin het \u2018n lang droogte in die Afdeling 2-eindstryd van Blou Bulle verbreek. Overkruin het die Ho\u00ebrskool Tuine met 34-21 verslaan om vir die eerste keer sedert 2006 as kampioen gekroon te word. Destyds het die Bulle se voormalige breier Nollis Marais nog vir Overkruin geslyp.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potchefstroom Volkskool het ook \u2018n droogte verbreek deur vir die eerste keer sedert 2011 as kampioen van die Luiperds gekroon te word. Dit was wel die skool se 26ste keer wat hy die Jacob Wilkens-trofee omhoog kon hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potch Volkies het Wesvalia van Klerksdorp in die eindstryd met 28-23 verslaan. Die kampioen van die vorige twee jaar, die Ho\u00ebrskool Lichtenburg, het vanjaar na die Virsekerbeker se Afdeling 1 opgeskuif en nie aan die liga deelgeneem nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Alberton is die Leeu-kampioen na hy Randburg in die eindstryd met 33-19 verslaan het. In die Valke se eindstryd het Heidelberg Volkskool vir Die Anker van Brakpan met 25-16 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium het nie sy gelyke in die Noord-Vrystaat nie. Gimmies het Goudveld-Ho\u00ebrskool in die twee spanne se jaarlikse interskole 36-16 die loef afgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Reitz is vir die eerste keer sedert 2002 as kampioen van die Oos-Vrystaat gekroon. Reitz het Ficksburg met 27-22 in die eindstryd geklop. Die gewese Cheetah-skrumskakel, Sarel Pretorius, was in Reitz se kampioenspan van 2002.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebeeckstad is vir die tweede agtereenvolgende jaar kampioen van die Sandveld-liga. Hy het Bothaville met 20-15 in \u2018n klipharde eindstryd getroef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 1 \u2013 Beker:<\/strong> Helpmekaar 31, Garsfontein 25; Monument 40, Menlopark 26; Transvalia 33, Nelspruit 19.<strong> Plaat:<\/strong> Eldoraigne 46, Ho\u00ebrskool Rustenburg 28; Centurion 39, Noordheuwel 36; Montana 25, Zwartkop 11; Marais Viljoen 34, Kempton Park 33. <strong>Skild:<\/strong> Oos-Moot 45, Florida 3; Hugenote (Springs) 43, Jeugland 41; Lichtenburg 40, Pietersburg 29; Ben Vorster 39, Ho\u00ebrskool Middelburg 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2 \u2013 Blou Bulle:<\/strong> Overkruin 34, Ho\u00ebrskool Tuine 21 (eindstryd); Midstream College 35, Wonderboom 19. <strong>Goue Leeu-eindstryd:<\/strong> Ho\u00ebrskool Alberton 33, Randburg 19. <strong>Limpopo-eindstryd:<\/strong> Frikkie Meyer 36, Piet Potgieter 17. <strong>Luiperd-eindstryd:<\/strong> Potchefstroom Volkskool 28, Wesvalia 23. <strong>Puma-eindstryd:<\/strong> Secunda 28, Ligbron 7. <strong>Valke:<\/strong> Heidelberg Volkskool 25, Die Anker 15 (eindstryd); Dr. Malan 29, Hans Moore 19.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3 \u2013 Blou Bulle:<\/strong> Hendrik Verwoerd 27, Gerrit Maritz 3 (eindstryd). <strong>Limpopo-eindstryd:<\/strong> Louis Trichardt 36, Curro Heuwelkruin 15. <strong>Valke:<\/strong> Brandwag (Benoni) 33, Stoffberg 15 (eindstryd); Parys 40, HTS Carel de Wet 33.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4 \u2013 Blou Bulle:<\/strong> Maragon Mooikloof 40, Voortrekkerhoogte 8 (eindstryd). <strong>Valke:<\/strong> Heilbron 26, Voortrekker (Boksburg) 17 (eindstryd); Edenvale 28, Kempton Panorama 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium 36, Goudveld-Ho\u00ebrskool 16; Diamantveld 46, Jim Fouch\u00e9 15; Noord-Kaap 41, Fichardtpark 12; Witteberg 19, Hentie Cilliers 17; Voortrekker 62, Wilgerivier 22; Riebeeckstad 20, Bothaville 15; Reitz 27, Ficksburg 22; Sentraal 39, Landboudal 24; St Andrew 34, Brandort 27.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KWAZULU-NATAL\/OOS-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood 83, HTS Middelburg 0; Grey High School 39, Framesby 13; Brandwag (Uitenhage) 29, Despatch 13; Kingswood College 33, Nico Malan 24; Marlow Landbou 39, St Andrew\u2019s College 31; Queen&#8217;s College 41, Ho\u00ebrskool Grens 7; Selborne College 54, Hudson Park 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 17, Maritzburg College 13; Jeppe 41, Waterkloof 26; Parktown Boys\u2019 High 51, Durban High School 25; King Edward VII 23, Pretoria Boys\u2019 High 10; Ho\u00ebrskool Pietersburg 78, HTS Tom Naud\u00e9 11.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou 47, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 29; Paarl Gimnasium 57, Outeniqua 0; Paul Roos Gimnasium 73, Wynberg Boys\u2019 High 14; Bishops 81, Strand 5; Boland Landbou 47, SACS 24; Stellenberg 31, Rondebosch Boys\u2019 High 12; Durbanville 47, Worcester Gimnasium 0; Hugenote (Wellington) 24, Charlie Hofmeyr 23; Monumentpark 26, Parel Vallei 17; HTS Drostdy 34, Duineveld 28.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Di\u00e9 Bulle van Oakdale Landbou het sal vandag effe meer bre\u00ebbors as gewoontlik rondloop. Oakdale se rugbyspan het vir die eerste keer sedert 2002 daarin geslaag om die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl te verslaan. Oakdale se sege van 47-29 is boonop op Boishaai se agterplaas in die Brugstraat-stadion in die Paarl behaal. In 2002 was die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8354,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8355","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8355","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8355"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8355\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8355"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8355"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8355"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}