{"id":8369,"date":"2018-08-03T13:00:01","date_gmt":"2018-08-03T13:00:01","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/glenwood-en-grey-het-appels-met-mekaar-te-skil\/"},"modified":"2018-08-03T13:00:01","modified_gmt":"2018-08-03T13:00:01","slug":"glenwood-en-grey-het-appels-met-mekaar-te-skil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8369","title":{"rendered":"Glenwood en Grey het appels met mekaar te skil"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8366\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/NewsGGreyCollege.jpg\" alt=\"NewsGGreyCollege\" width=\"380\" height=\"297\" \/>Grey-kollege steek Vrydag die Drakenberge oor in wat potensieel \u2018n lokval is. Sy teenstander Saterdag, Glenwood, het \u2018n appeltjie met hom te skil na verlede jaar se interskole tussen die twee skole in Bloemfontein.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het verlede jaar die wedstryd tussen die o.15D-spanne met \u2018n reusagtige 221-0 gewen. As gevolg van die ongelooflike telling het dit behoorlik op sosiale media gegons oor die wedstryd. Di\u00e9 hele affere was vernederend vir Glenwood se hele rugbyprogram.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die meeste van Grey se spelers het ook \u2018n appeltjie met Glenwood te skil. Die Vrystaat is in sy tweede wedstryd op vanjaar se Cravenweek teen KwaZulu-Natal met 20-29 gegly. Die spelers van Grey wat in die wedstryd betrokke was, sal graag die saak wil regstel. Die Vrystaat was tot en met di\u00e9 nederlaag een van die gunstelinge om as nie-amptelike kampioen gekroon te word. \u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Al die wedstryde op die A- en B-veld sal regstreeks op Glenwood TV asook Grey TV op DigiTV.co.za gebeeldsend word. Verskeie van ander sportsoorte van di\u00e9 interskole soos die muurbal, tennis, hokkie en skaak sal ook op die platform gebeeldsend word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne spog vanjaar nog met \u2018n onoorwonne rekord. Glenwood sal egter Saterdag vir die eerste keer teen \u2018n span in School of Rugby se Top 10 te staan kom. Grey-kollege het vanjaar al drie spanne onder die ranglys se voorste tien spanne die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (34-20), Garsfontein (43-31) en Monument (36-21) geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee spanne het elk vanjaar al teen Welkom Gimnasium en HTS Drostdy kragte gemeet. Grey was met 49-12 oor Welkom Gimnasium baas, terwyl Glenwood die ooreenstemmende kragmeting met 24-10 gewen het. Glenwood het die Donkies met 29-24 die loef afgesteek, terwyl Grey die span van Worcester met 47-5 op Wildeklawer kaf gedraf het. \u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood se twee SA Skole-spelers van 2018 is Rynhardt Jonker (senter) en Lunga Ncube (slot). Jonker sal Saterdag die laaste vesting vir Glenwood beman. Die span se George Luzolo (flank) en Siyanda Cele (vleuel) tel gewis ook onder die ongelukkiges om nie die nasionale skolespan te haal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eintlik het Glenwood vier SA Skole-spelers want sy buitesenter, Conan le Fleur, en loskopstut, Jordan Clarke, het verlede jaar ook vir die nasionale skolespan uitgedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se vaskopstut, Herman Aggenbag, buitesenter Wyclef Vlitoor en flank De Wet Marais sal van Sondag af hul by die SA Skole-span aansluit. Aggenbag sal die kragmeting teen Glenwood weens \u2018n besering misloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood sal die dienste van sy SA Skole-skrumskakel van 2017, Jaden Hendrikse, weens \u2018n kniebesering mis. Hendrikse is sonder twyfel die voorste skrumskakel op skoolvlak in Suid-Afrika en het voor vanjaar se Cravenweek die besering opgedoen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daarby moet bygevoeg word dat die heelagter, Richard Kriel, skrumskakel Ross Braude, loskopstut Jan-Hendrik Wessels en die agtsteman, Werner Gouws, ook sterk aanspraakmakers vir plekke in die nasionale skolespan was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ondanks die feit dat Glenwood tuisveldvoordeel geniet, sal dit steeds nie \u2018n maklike taak wee som Grey te klop nie. Die Durbaniete se enigste sege ooit oor Grey-kollege het hy in 2006 behaal toe hy met 14-10 baas was. Sean Erasmus van Boishaai was toe nog die Grasshoppers se breier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Glenwood:<\/strong> 15 Rynhardt Jonker, 14 Pierre Roux, 13 Conan le Fleur, 12 Jacques Conradie, 11 Siyanda Cele, 10 Dylan Pretorius, 9 Joe Jonas, 8 George Luzolo, 7 Lundokuhle Luthuli, 6 Runako Brynard (kaptein), 5 Lunga Ncube, 4 Werner Coetzee, 3 Thabiso Mdletshe, 2 Ruan Olivier, 1 Jordan Clarke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege:<\/strong> 15 Richard Kriel, 14 Ian Small-Smith, 13 Wyclef Vlitoor, 12 Franco Smith, 11 Lesley Botha, 10 Zander du Plessis, 9 Ross Braude, 8 Werner Gouws, 7 De Wet Marais, 6 Raynardo Gouveia, 5 WJ Steenkamp (kaptein), 4 George Cronj\u00e9, 3 Roux Duvenhage, 2 Andr\u00e9-Hugo Venter, 1 Jan-Hendrik Wessels.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Skeidsregter:<\/strong> Blake Beatty.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die volledige rugbyprogram van DigiTV:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<table style=\"height: 21px; width: 709px;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-8367\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/Slide5.PNG\" alt=\"Slide5\" width=\"380\" height=\"380\" \/><\/td>\n<td>\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-8368\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/Slide6.PNG\" alt=\"Slide6\" width=\"380\" height=\"380\" \/><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege steek Vrydag die Drakenberge oor in wat potensieel \u2018n lokval is. Sy teenstander Saterdag, Glenwood, het \u2018n appeltjie met hom te skil na verlede jaar se interskole tussen die twee skole in Bloemfontein. Grey het verlede jaar die wedstryd tussen die o.15D-spanne met \u2018n reusagtige 221-0 gewen. As gevolg van die ongelooflike telling het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8366,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8369","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8369","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8369"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8369\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8369"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8369"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8369"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}