{"id":8371,"date":"2018-08-04T18:09:38","date_gmt":"2018-08-04T18:09:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boishaai-maak-dit-vier-in-n-ry-grey-en-glenwood-speel-gelykop\/"},"modified":"2018-08-04T18:09:38","modified_gmt":"2018-08-04T18:09:38","slug":"boishaai-maak-dit-vier-in-n-ry-grey-en-glenwood-speel-gelykop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8371","title":{"rendered":"Boishaai maak dit vier in &#8216;n ry; Grey en Glenwood speel gelykop"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8370\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/NewsGJavierFarmer.jpg\" alt=\"NewsGJavierFarmer\" width=\"380\" height=\"282\" \/>Die vloek van die 150 is gister in die Faurestraat-stadion hier deur Boishaai verjaag. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die grootste interskole ter wereld daarin geslaag om vir vier jaar op \u2018n streep vir Paarl Gimnasium ore aan te sit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai was met 24-21 baas, maar die wedstryd was nie so naby soos die punteverskil vertel nie. Kliphard was die stryd steeds.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies was sonder twyfel die gunsteling vooraf met die feit dat hy slegs een nederlaag vooraf een die land se voorste span, Paul Roos Gimnasium (13-32), op die lyf geloop het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het soos die vloek van \u2018n skool se 150ste bestaansjaar loop nie sy beste seisoen op die rugbyveld beleef nie. Ander groot honde soos Grey-kollege en Paul Roos het ook tydens hulle 150ste bestaansjaar nie hul beste seisoen beleef nie. Hy het vanjaar al teen die Jaquares (10-19), Paul Roos (8-44), Grey (20-34) en Oakdale Landbou (29-47) die knie gebuig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai se hoofafrigter, Sean Erasmus, kon nie vir \u2018n beter afskeidsgeskenk gevra het nie. Erasmus sluit hom in Oktober by die Leeus aan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het eerste bloed geruik toe sy kaptein en binnesenter, Dawid Kellerman, vir sy eerste drie oor die doellyn gebars het. Kellerman het \u2018n uitstaande vertoning gelewer en mens kan net wonder hoe hy nie die SA Skole-span gehaal het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het ondanks \u2018n geelkaart aan sy skrumskakel, Simon Carstens, steeds bly veg om rustyd met \u2018n voorsprong van 10-7 te gaan rus. Gimmies kon glad nie voordeel op die telbord uit Carstens se tyd in die koelkas trek nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Carstens was skaars terug op die veld of Boishaai se SA Skole-agtsteman, Evan Roos, het seker een van die mooiste driee ooit in die geskiedenis van die interskole afgerond. Die heelagter, Trent Sivertsen, het \u2018n aanval van net buite se eie kwartgebied geloots. Hy is verby die eerste linie van verdedigers voor hy Roos in besit gestel het. Roos het die laaste paar verdedigers met krag en vaart geklop. Kort daarna het die vleuel Javier Farmer sy tweede drie gaan druk om Boishaai met 21-7 voor te laat loop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gim het goed terug geveg danksy veral Kellerman en die kantman Pierich Siebert. Roos was sonder twyfel die groot doring in Gimmies se vlees, terwyl Sivertsen en die kaptein en slot, Adrian Alberts, ook elk \u2018n klop op die skouer verdien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Durban was daar niks tussen die spanne van Glenwood en Grey-kollege te kies nie. Die twee spanne het met 25-elk gelykop gespeel in \u2018n uitstekende vertoonventer vir skolerugby in Suid-Afrika.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne het weens die uitslag sy onoorwonne status vanjaar behou. Glenwood het slegs een wedstryd Donderdag teen Waterkloof oor, terwyl Grey oor twee naweke teen Paul Roos Gimnasium te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos is volgens School of Rugby se ranglys die voorste skolespan in Suid-Afrika, terwyl Grey en Glenwood onderskeidelik die tweede en derde posisies beklee. Paul Roos het Saterdag vir Boland Landbou op sy tuisveld in die Eikestad met 30-15 verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia van Vanderbijlpark het in die Virsekerbeker ondanks \u2018n nederlaag van 20-22 teen Garsfontein in Pretoria daarin geslaag om tot die halfeindronde deur te dring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia het slegs \u2018n bonuspunt benodig om sy plek in die uitspeelrondes te verseker. Transvalia sal nou teen Helpmekaar in Johannesburg in die halfeindronde te staan kom. Helpies het bo-aan die puntelys geeindig, maar sy enigste nederlaag van die reeks was teen die einste span van Vanderbijlpark.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het met die skitterende slot Michael Amiras aan die spits vir Monument met 27-18 uitoorle. Amiras se een van sy twee driee was \u2018n uitmuntende individuele poging.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vleuel Christiaan Bezuidenhout het sy naam in die rekordboeke van Helpies verewig deur vir sy 17de drie die seisoen oor te duik. Dit is \u2018n seisoenrekord vir sy skool se eerstespan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark het voor Transvalia se bonuspunt sy kanse lewend gehou deur EG Jansen met 52-28 kaf te draf. Die Nelspruit Rhinos is Mpumalanga se voorste span na hy HTS Middelburg se Rooi Bulle met 41-14 getem het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne het met \u2018n klinkende sege van 33-19 oor Marais Viljoen in Alberton seker gemaak dat hy bo-aan die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker eindig. Eldos sal nou weer in die halfeindronde, maar die keer op sy tuisveld teen Marais Viljoen kragte meet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel kom in die ander halfeindronde teen Kempton Park te staan. Die span wat die titel in die Skild-afdeling wil wen moet vir Ben Vorster klop. Die Vossies het die liga onoorwonne afgesluit met \u2018n sege van 21-15 oor die Hoerskool Pietersburg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium is in die sewende hemel na die span sy aartsvyand, Goudveld-Hoerskool, met 30-8 in die eindstryd van die Griffon-liga verslaan het. Dit is die sewende keer wat Gimmies as kampioen van die Griffons gekroon word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies oorheers die afgelope paar jaar die liga. Die span het die laaste vier jaar slegs een keer in verlede jaar se halfeindronde teen Witteberg in die Noord-Vrystaat op sy baadjie gekry.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Vrystaatse Platteland-eindstryd het Bothaville daarin geslaag om die bordjies teen Riebeeckstad met 20-19 te verhang. Riebeeckstad was die verdedigende kampioen en het twee weke gelede in die Sandveld-eindstryd vir Bothaville met 20-15 die loef afgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha is die kampioen van die Vrystaatse A-liga. Hy het Sentraal op Shimlapark in Bloemfontein met 47-15 in die eindstryd verslaan. Louis Botha sal nou na Welkom moet reis om Welkom Gimnasium in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga te pak. Sentraal sal in die ander halfeindstryd teen die Griekwa-kampioen, Duineveld, te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Hoerskool Staatspresident Swart van Brandfort het vir die eerste keer sedert 2008 daarin geslaag om die titel as kampioen van die Vrystaatse B-liga te verower. Die Brandforters het St Andrew van Bloemfontein met 26-24 in die eindstryd getroef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 1 \u2013 Beker:<\/strong> Garsfontein 22, Transvalia 20; Helpmekaar 27, Monument 18; Menlopark 52, EG Jansen 28; Hoerskool Nelspruit 41, HTS Middelburg 14. <strong>Plaat:<\/strong> Eldoraigne 33, Marais Viljoen 19; Noordheuwel 20, Montana 17; Kempton Park 24, Hoerskool Rustenburg 24; Zwartkop 21, Centurion 16. <strong>Skild:<\/strong> Ben Vorster 21, Hoerskool Pietersburg 15; Oos-Moot 74, Jeugland 14; Lichtenburg 34, Hugenote (Springs) 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2 \u2013 Kwarteindronde:<\/strong> Secunda 33, Dr. Malan 22; Die Anker 36, Potchefstroom Volkskool 34; Hoerskool Alberton 49, Wesvalia 15; Frikkie Meyer 38, Randburg 22.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3 \u2013 Kwarteindronde:<\/strong> Leeuwenhof 21, Schoonspruit 17; Brandwag (Benoni) 12, Riebeeckrand 8; HTS Carel de Wet 36, Curro Heuwelkruin 31; Louis Trichardt 34, Stoffberg 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4 \u2013 Kwarteindronde:<\/strong> Koster 22, Maragon Mooikloof 20; Morgenzon Landbou 68, Swartruggens 6; Stella 66, Voortrekkerhoogte 7; Heilbron 31, Voortrekker (Boksburg) 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoer Jongenskool Paarl 24, Paarl Gimnasium 21; Paul Roos Gimnasium 30, Boland Landbou 15; Oakdale Landbou 33, Framesby 6; Outeniqua 47, Durbanville 13; HTS Drostdy 40, Noord-Kaap 22; Stellenberg 24, Tygerberg 7; Bishops 22, SACS 20; Hermanus 28, Strand 15; Wynberg Boys\u2019 High 24, Rondebosch Boys\u2019 High 22; DF Malan 64, Monumentpark 0; Brackenfell 18, Hugenote (Wellington) 14; HTS Bellville 28, Hottentots-Holland 0; President 17, Edgemead 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha 47, Sentraal 15; Brandfort 26, St Andrew 24; Welkom Gimnasium 30, Goudveld-Hoerskool 8; Bothaville 20, Riebeeckstad 19; Hoopstad 25, Bultfontein 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 62, Pretoria Boys\u2019 High 20; King Edward VII 28, Maritzburg College 17; Parktown Boys\u2019 High 38, Jeppe High School 24; Allen Glen 43, Warmbad 31; Wolmaransstad 38, Carletonville 18; Schweizer-Reneke 21, Frans du Toit 20; Zeerust 32, Belvedere 20.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KWAZULU-NATAL\/OOS-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood 25, Grey-kollege 25; Selborne College 66, Dale College 17; St Andrew\u2019s College 57, Queen\u2019s College 19; Nico Malan 18, Brandwag (Uitenhage) 14.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vloek van die 150 is gister in die Faurestraat-stadion hier deur Boishaai verjaag. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die grootste interskole ter wereld daarin geslaag om vir vier jaar op \u2018n streep vir Paarl Gimnasium ore aan te sit. Boishaai was met 24-21 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8370,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8371","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8371","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8371"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8371\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8371"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8371"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8371"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}