{"id":8373,"date":"2018-08-05T11:27:12","date_gmt":"2018-08-05T11:27:12","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/twee-groot-skole-in-virsekerbeker-uitspele\/"},"modified":"2018-08-05T11:27:12","modified_gmt":"2018-08-05T11:27:12","slug":"twee-groot-skole-in-virsekerbeker-uitspele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8373","title":{"rendered":"Twee \u201cGroot Skole\u201d in Virsekerbeker uitspele"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8372\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/NewsGChylevanZyl.jpg\" alt=\"NewsGChylevanZyl\" width=\"380\" height=\"277\" \/>Daar kan geen meer twyfel bestaan of die nuwe model van die Virsekerbeker die regte rigting was om in te slaan nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee skole wat verlede jaar nog aan die Groot Skole-afdeling deelgeneem het, Transvalia en Helpmekaar, het albei vir die halfeindronde van die nuwe Beker-kompetisie van Afdeling 1 gekwalifiseer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het boonop bo-aan die puntelys afgesluit en sal teen die enigste span in die kompetisie waarteen hy die knie moes buig, Transvalia, in die halfeindronde te staan kom. Garsfontein sal in die ander halfeindstryd teen die verdedigende kampioen, Monument, te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar het sy plek bo-aan die puntelys met \u2018n oorwinning van 27-18 oor Monnas verseker. Die span van die Goudstad het laas in die 1990\u2019s teen Monnas die knie gebuig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies se slot Michael Amiras was soos gebruiklik op sy stukke en een van sy twee driee was \u2018n briljante individuele poging.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, het ook Helpies se rekordboeke herskryf deur sy 17de drie van die seisoen te druk. Dit is die meeste in die geskiedenis van die skool se eerstespan vir \u2018n seisoen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Monnas was sy skrumskakel, Zihan Coetzee, en agtsteman, Izan Esterhuizen, uitblinkers. Helpies se losskakel, Tiaan Botes, het met sy skopwerk telkens daarin geslaag om die druk te verlig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia het slegs \u2018n bonuspunt teen Garsfontein benodig om sy plek in die uitspele te bespreek. Garsfontein het die kragmeting in Vanderbijlpark naelskraaps met 22-20 gewen, maar die span van Vanderbijlpark het genoeg gedoen om Menlopark uit die halfeindronde te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se SA Skole-senter van 2017, Diego Appollis, het sy spelpeil tot , mate herwin en \u2018n hele paar teenstanders hard met moeder aarde laat kennis maak. Appollis het nie vanjaar die SA Skole-span gehaal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Turkoois Bere se haker, Ricardo Botha, flank Johandre Buitedag asook die kaptein en slot, Jordan van Dyk kan vandag ook kop omhoog na hul vertonings rondloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark se eerstespan het gedoen wat sy afrigters van hom verwag het. Die span het reeds \u2018n bonuspunt vir vier driee in die eerste van van sy sege van 52-28 oor EG Jansen in die sakkie gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se skitterende skrumskakel, Bernard van der Linde, het drie keer agter die doellyn gaan kuier en ook ses van sy span se agt driee verdoel om \u2018n persoonlike bydrae van 27 punte tot die sege te lewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Hoerskool Nelspruit se Rhinos het hul seisoen met \u2018n silwer rand om \u2018n donker wolk geeindig. Die Rhinos het HTS Middelburg in die stryd om die houtlepel met 41-14 verslaan om ten minste 2018 as die voorste skolespan in Mpumalanga af te sluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit se haker, Chyle van Zyl, was woelig en het daarin geslaag om vier keer oor die Rooi Bulle se doellyn te val. Hoewel al die somme nog nie gemaak is nie, behoort Nelspruit vir 2019 tot die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker gerelegeer te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit en HTS Middelburg sal dus nie in 2019 teen mekaar te staan kom, behalwe as hulle \u2018n vriendskaplike wedstryd onder mekaar reel nie. Dit kan \u2018n wesenlike impak op die Pumas se Cravenweek-span he.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Puntemakers:<\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Garsfontein 22 (15) \u2013 <\/b>Driee: Jurich Claassens, Kallie Calitz, Wicus Basson. Doelskoppe: Claassens (2). Strafdoel: Claassens. <b>Transvalia 20 (12) \u2013<\/b> Driee: Damian Jordan (2), Zeilnga Strydom. Doelskop: Zian de Jager. Strafdoel: De Jager.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Menlopark 52 (35) \u2013 <\/b>Driee: Bernard van der Linde (3), Eddie Wesso (2), Franco Conradie (2), Jaco Britz. Doelskoppe: Van der Linde (6). <b>EG Jansen 28 (14) \u2013 <\/b>Driee: Garren Morris, Zander Scwarzer, Craig Hutchinson, Dian Coetsee (haker). Doelskoppe: Aurelio Philander (4).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Helpmekaar 27 (8) \u2013<\/b> Driee: Michael Amiras (2), Ricardo van der Merwe, Christiaan Bezuidenhout. Doelskoppe: Tiaan Botes (2). Strafdoel: Botes. <b>Monument 18 (5) \u2013<\/b> Driee: Tristan Dullisear (2), Zihan Coetzee. Strafdoel: Coetzee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Hoerskool Nelspruit 41 \u2013<\/b> Driee: Chyle van Zyl (4), Jacques McGuire (2), Christopher Sprinkhuizen. Doelskoppe: Sprinkhuizen (3). <b>HTS Middelburg 14 \u2013<\/b> Driee: Tjaart Kruger, Edwin Till. Doelskoppe: Ricardo Schonfeldt (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Ander spanne:<\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>o.16:<\/b> Menlopark 26, EG Jansen 26; Garsfontein 24, Transvalia 18; Monument 18, Helpmekaar 15; Nelspruit 30, HTS Middelburg 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Menlopark 48, EG Jansen 0; Transvalia 36, Garsfontein 22; Monument 26, Helpmekaar 3; HTS Middelburg 12, Nelspruit 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Menlopark 29, EG Jansen 0; Transvalia 24, Garsfontein 5; Helpmekaar 12, Monument 6; HTS Middelburg 17, Nelspruit 10.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar kan geen meer twyfel bestaan of die nuwe model van die Virsekerbeker die regte rigting was om in te slaan nie. Die twee skole wat verlede jaar nog aan die Groot Skole-afdeling deelgeneem het, Transvalia en Helpmekaar, het albei vir die halfeindronde van die nuwe Beker-kompetisie van Afdeling 1 gekwalifiseer. Helpies het boonop bo-aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8372,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8373","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8373","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8373"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8373\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8373"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8373"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8373"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}