{"id":8381,"date":"2018-08-18T16:48:38","date_gmt":"2018-08-18T16:48:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-sluit-2018-as-voorste-span-af-monnas-behou-sy-titel-in-virsekerbeker\/"},"modified":"2018-08-18T16:48:38","modified_gmt":"2018-08-18T16:48:38","slug":"grey-sluit-2018-as-voorste-span-af-monnas-behou-sy-titel-in-virsekerbeker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8381","title":{"rendered":"Grey sluit 2018 as voorste span af; Monnas behou sy titel in Virsekerbeker"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8380\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/NewsGMonnasKamp.jpg\" alt=\"NewsGMonnasKamp\" width=\"408\" height=\"287\" \/>Dit was sewe maer jare, maar Grey-kollege van Bloemfontein is vandag weer die voorste skolespan in Suid-Afrika. Grey kon laas in 2011 daarin slaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het op sy tuisveld in die Rosestad vir Paul Roos Gimnasium met 28-26 verslaan. Albei spanne het die wedstryd met hul onoorwonne statusse nog in plek betree.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Soos verwag was die wedstryd om te bepaal wie 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan sou afsluit soos \u2018n W\u00eareldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer het boonop in al 24 rugbywedstryde tussen die twee skole op die dag as oorwinnaars van die veld gestap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was \u2018n wipplankstryd waarin die voortou \u2018n hele paar keer hande verwissel het. In die eerste helfte het Paul Roos danksy sy losskakel, Kade Wolhuter, se skopskoen en die wind in die blaaie \u2018n voorspong van 12-11 teen lemoentyd geniet. Dit sou \u2018n voorsprong van 12-6 gewees het, indien Grey se agtsteman, Werner Gouws, nie kort voor rustyd vir die eerste drie van die kragmeting oorgeval het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het die aanslag vanuit die Eikestad in die eerste helfte meestal danksy inklimspel deur die loskopstut, Jan-Hendrik Wessels, afgeweer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se skakelpaar, Ross Braude en Zander du Plessis, verdien ook lof vir hulle vertoning. Vir Paul Roos het sy voorrymanne, Mink Scharink en Robbie Rodgers, asook Wolhuter met hul spel be\u00efndruk.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Di<\/strong><strong>\u00e9<\/strong><strong> Witbulle is Virseker-stoetbulle<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan vandag geen twyfel bestaan dat Monument van Krugersdorp die voorste rugbyspan noord van die Vaalrivier is nie. Monnas se Witbulle het Helpmekaar-kollege met 57-11 in die eindstryd van die Virsekerbeker in die LC de Villiers-stadion verslaan om sy titel as kampioen van die reeks te behou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het twee weke gelede die einste Monnas met 30-15 verslaan, maar gister was daar slegs een span op die veld. Die span van Krugersdorp het voorlangs die botoon gevoer met veral die agtsteman, Izan Esterhuizen, kaptein en haker, Morn\u00e9 Brandon, en die loskopstut, Brendan Pawson, wat ingeklim het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die senterpaar, Douw Scheepers en Henco van Wyk, met die hope balbesit baljaar. Monnas se trofeekas loop oor met die feit dat hy die afgelope twee jaar die Tuks-reeks en Virsekerbeker se kampioen is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Helpies het sy twee slotte, Michael Amiras en Brink Marx, nooit moed opgegee nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bolton draai Noordheuwel se skroewe vas<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne het sy eerste titel van die Virsekerbeker verower deur Noordheuwel met 40-29 in die eindstryd van die Plaat-afdeling te verslaan. Sy heelagter, Shayne Bolton, was die groot held in sy skool se tweede groot trofee in sy geskiedenis. Eldos is in 2007 as kampioen van die Tuks-reeks gekroon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bolton het twee skitterende drie\u00eb gedruk en ook met sy skopskoen \u2018n hele paar belangrike stelskoppe deur die pale gejaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne se losskakel, Marvin Pietersen, het met sy spel ook \u2018n beduidende rol in sy span se oorwinning gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Nories was sy skrumskakel, Justin Lambert, uitstaande.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vorster proe weer die geluk van 1982<\/strong><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oos-Moot het vir die eerste keer sedert 1982 daarin geslaag om as kampioen van een van die Virsekerbeker se liga gekroon te word. Oos-Moot het Ben Vorster van Tzaneen met 29-20 in die eindstryd van die Skild-afdeling van die reeks verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Pretoria het destyds die eerste houer van die Direkteurstrofee, voorganger van die Beeldtrofee en later Virsekerbeker, geword. Die span van 2018 se afrigter Kobus Vorster was in 1982 \u2018n lid van Oos-Moot se kampioenspan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boonop is Vorster se seun en skrumskakel, Marco Vorster, as Speler van die Wedstryd, in die sege oor Ben Vorster aangewys. Oos-Moot se haker, Jason Swanevelder, was ook op sy stukke, terwyl die Vossies se heelagter, Jason Mulder, sy beste speler op die dag was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Vorster het vroe\u00ebr vanjaar vir Oos-Moot danksy \u2018n strafdoel in die doodsnikke met 52-50 getroef.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Boland Landbou ploeg met Oakdale<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het die beste vir laaste gelos en sy grootste sege nog ooit oor Oakdale Landbou in hul jaarlikse interskole in die Agter-Paarl behaal. Boland Landbou het met 56-19 die Bulle van Riversdal op hok gejaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vorige grootste oorwinning was in 1996 behaal toe Boland Landbou met 26-0 as oorwinnaars van die interskole van die veld gestap het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou se buitesenter, Sebastian de Klerk, en linkervleuel, Bertus Baard, het elk dubbelle driedruk-plesier ervaar.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Gimmies en Velties deur tot Shimla-eindstryd<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit gaan keer kos om Welkom-Gimnasium van die titel as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga te weerhou. Gimmies het Louis Botha met 61-0 in die halfeindronde van die kompetisie oorrompel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Welkom sal volgende week in die eindstryd van die liga teen Duineveld van Upington te staan kom. Die Velties het in die ander halfeindstryd vir Sentraal van Bloemfontein met 39-36 verslaan. Die wenspan se flank en kaptein, SJ Oberholzer, was in \u2018n klas van sy eie. Tralies het op \u2018n stadium met 36-22 voorgeloop, maar Duineveld het nooit gaan l\u00ea nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bruwer gee afrigters gryshare en \u2018n bre<\/strong><strong>\u00eb<\/strong><strong> glimlag<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die nuwe Wesgrow Sentrale-reeks sal Diamantveld en Goudveld-Ho\u00ebrskool mekaar volgende week pak om te bepaal wie die eerste houer van die trofee sal wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamonds het op dramatiese wyse sy aartsvyand, Noord-Kaap, met 6-5 in hulle halfeindstryd verslaan. Dit was waarskynlik die naelskraapste sege ooit tussen die twee spanne.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld se binnesenter, Handr\u00e9 Bruwer, het die sege met \u2018n woer-woer skepdoel in die doodsnikke beklink. Die skepdoel het twee keer op die dwarslat gehop voordat dit vir die wenpunt oorgegaan het. Bruwer het vier strafdoele skeef gekorrel voordat hy die skepdoel oorgeklits het. In die ander halfeindstryd was Goudveld-Ho\u00ebrskool met 33-14 te sterk vir Wittberg van Bethlehem.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER-EINDSTRYDE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 1 \u2013 Beker:<\/strong> Monument 57, Helpmekaar 11. <strong>Plaat:<\/strong> Eldoraigne 40, Noordheuwel 29. <strong>Skild:<\/strong> Oos-Moot 29, Ben Vorster 20.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2:<\/strong> Secunda 20, Frikkie Meyer 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3:<\/strong> Brandwag (Benoni) 29, Leeuwenhof 20.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4:<\/strong> Morgenzon Landbou 37, Stella 15<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KOVSIESTREEK-KOMPETISIE HALFEINDRONDE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Shimla-liga:<\/strong> Duineveld 39, Sentraal 36; Welkom Gimnasium 61, Louis Botha 0. <strong>Irawa-liga:<\/strong> Bothaville 74, St Andrew 5; De Aar 70, Sand du Plessis 0. <strong>Colts-liga:<\/strong> Prieska 60, Hendrik Potgieter (Reddersburg) 0; Hoopstad 22, Brandfort 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WESGROW-H ALFEINDRONDE <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld 6, Noord-Kaap 5; Goudveld-Ho\u00ebrskool 33, Witteberg 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KAMPIOENSKAP-REEKS EINDSTRYD<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Zeerust 35, Wolmaransstad 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRIENDSKAPLIK <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 28, Paul Roos Gimnasium 26; Boland Landbou 56, Oakdale Landbou 19; Rondebosch Boys\u2019 High 29, SACS 24; Wynberg Boys\u2019 High 22, Bishops 20; Stellenberg 36, Durbanville 7; Strand 38, Hottentots-Holland 14; Hugenote (Wellington) 36, Swartland 14; DF Malan 20, Ho\u00ebrskool Bellville 5; Brackenfell 50, Parel Vallei 0.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was sewe maer jare, maar Grey-kollege van Bloemfontein is vandag weer die voorste skolespan in Suid-Afrika. Grey kon laas in 2011 daarin slaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit. Grey het op sy tuisveld in die Rosestad vir Paul Roos Gimnasium met 28-26 verslaan. Albei spanne het die wedstryd met hul onoorwonne statusse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8380,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8381","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8381","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8381"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8381\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8381"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8381"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8381"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}