{"id":83986,"date":"2025-09-29T23:18:27","date_gmt":"2025-09-29T21:18:27","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=83986"},"modified":"2025-09-29T23:18:27","modified_gmt":"2025-09-29T21:18:27","slug":"christiaan-gouws-aangestel-as-middies-se-nuwe-rugbydirekteur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=83986","title":{"rendered":"Christiaan Gouws aangestel as Middies se nuwe rugbydirekteur"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_83988\" aria-describedby=\"caption-attachment-83988\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-83988 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Christiaan-Gouws--400x400.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"400\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-83988\" class=\"wp-caption-text\">CRISTIAAN GOUWS besig om met sy span by Helpmekaar Kollege te gesels. PHOTO: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Christiaan Gouws<\/strong> sal in 2026 die nuwe baasbrein agter <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> se rugby wees.<\/p>\n<p>Die Middies het Maandag, 29 September, Gouws se aanstelling bekendgemaak as die nuwe rugbydirekteur by een van Mpumalanga se suksesvolste rugbyskole oor die afgelope paar jaar.<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink die skool se beheerraad en bestuur het &#8216;n duidelike visie en dis lekker om die geleentheid te kry om saam met dit te groei,&#8221; het Gouws aan <strong>SuperSort Schools Plus<\/strong> ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het &#8216;n vyfjaarplan in plek om nie alleen die skool se rugby na die volgende vlak te neem nie, maar ook om elke seun wat deur ons hande gaan te ontwikkel vir wat die lewe daar buite partykeer na &#8216;n mens se kant toe gooi.<\/p>\n<p>&#8220;Ek en my gesin is baie opgewonde om by Ho\u00ebrskool Middelburg betrokke te raak. Ek ken vir <strong>JJ Hennop<\/strong> (hoof) en <strong>Coene Nolte<\/strong> al &#8216;n geruime tyd en hul menswees het &#8216;n groot rol in my besluit gespeel om die pos te aanvaar. Ons sien ook uit daarna om ons kinders in &#8216;n meer plattelandse omgewing groot te maak, aangesien ek en my vrou albei van die platteland af kom.&#8221;<\/p>\n<p>Gouws was in Bethlehem op laerskool waarna hy sy ho\u00ebrskoolloopbaan aan die gesogte <strong>Grey Kollege<\/strong> in Bloemfontein voltooi het. Hy het in 2012 sy eerste geleentheid as eerstespan-afrigter gekry toe hy by <strong>Ligbron Akademie<\/strong> in Ermelo betrokke geraak het, terwyl hy nog voltyds in die landbou werksaam was. In sy laaste jaar by die Liggies (2016) het hulle die Mpumalanga Grootskole-liga gewen.<\/p>\n<p>In 2017 het Gouws by <strong>Bethlehem Voortrekker<\/strong> aangesluit as rugbydirekteur, waar hy tot in 2020 diens verrig het. Hy het elke jaar die eerste span gebrei, wat dikwels die Wegrow-liga gewen het. Tydens die Covid-19-pandemie se grendeltydperk het hy weer teruggeval op die landbou en ook vir &#8216;n ruk uitgehelp by <strong>Ho\u00ebr Landbou Skool Marlow<\/strong>, wat in sy streek van werk geval het.<\/p>\n<p>Daarna het Gouws sy weg na die Moot gevind, waar hy in 2022 as sporthoof en eerstespan-afrigter diep spore in <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong> se rugbygeskiedenis getrap het. Die Oosies het dieselfde jaar in die Skild-afdeling van die destydse Virsekerbeker koning gekraai. Hy het terselftertyd afgerig by die <strong>Grizzlies<\/strong>, wat aan die <strong>Carlton-klubliga<\/strong> in Pretoria deelneem.<\/p>\n<p>In 2023 het &#8216;n kort termyn as werwer by Noordheuwel gevolg, waarna Gouws die aandag van <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> in Johannesburg getrek het. Dit is waar hy tot onlangs betrokke was. In 2024 het hy deel gevorm van die eerste span se breinstrust en vanjaar sy insette by die juniors gedeel. Gouws het ook die geleentheid ontvang om by die <strong>Goue Leeus<\/strong> se o.16-groepe af te rig.<\/p>\n<p>Dit ly geen twyfel dat die Middies in Gouws iemand met ervaring en dryf bekom het om &#8216;n uiters belangrike pos te vul nie. Boonop kan sy netwerk met verskeie senior-provinsiale en universiteitsafrigters ook &#8216;n rol speel in die loopbane van die jong manne by die Middies.<\/p>\n<p>&#8220;Ek gaan nie om eenvoudig oor te vat by MHS nie,&#8221; het Gouws bygevoeg. &#8220;Ons sal in die nabye toekoms sit en besluit presies wie waar die beste inpas.&#8221;<\/p>\n<p>Gouws het dit duidelik gemaak dat hy merendeels &#8216;n oorkoepelende rol sal vervul by die Middies en insette lewer waar nodig. Sy uiteindelike doelwit is om elke afrigter die nodige skietgoed te gee sodat die groenes van Middelburg in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup kan bly.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Christiaan Gouws sal in 2026 die nuwe baasbrein agter Ho\u00ebrskool Middelburg se rugby wees. Die Middies het Maandag, 29 September, Gouws se aanstelling bekendgemaak as die nuwe rugbydirekteur by een van Mpumalanga se suksesvolste rugbyskole oor die afgelope paar jaar. &#8220;Ek dink die skool se beheerraad en bestuur het &#8216;n duidelike visie en dis lekker [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":83988,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-83986","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/83986","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=83986"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/83986\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/83988"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=83986"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=83986"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=83986"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}