{"id":8399,"date":"2018-09-03T05:38:24","date_gmt":"2018-09-03T05:38:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-afrigter-verklap-span-se-sukses-storie\/"},"modified":"2018-09-03T05:38:24","modified_gmt":"2018-09-03T05:38:24","slug":"grey-afrigter-verklap-span-se-sukses-storie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8399","title":{"rendered":"Grey-afrigter verklap span se sukses-storie"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8398\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/Grey2018.jpg\" alt=\"Grey2018\" width=\"408\" height=\"352\" \/>\u201cGeestelike taaiheid asook uitsonderlike kondisionering,\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is volgens Grey-kollege se hoof van rugbyafrigting, <strong>Wessel du Plessis<\/strong>, die belangrikste faktore wat \u2018n rol in die skool se eerstespan se sukses vanjaar op die rugbyveld gespeel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie seuns in die groep het werklik \u2018n geestelike taaiheid ten toon gestel om die seisoen onoorwonne af te sluit. Ons het slegs drie wedstryde op ons tuisveld gehad,\u201d het Du Plessis ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander Bloemfonteinse skole het verlede jaar besluit om nie meer teen Grey te speel nie. Dit het vier wedstryde vir Grey uit hul bepalingslys geneem en ook beteken dat die span nie vanjaar veel op tuisbodem in aksie was nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie spelers se kondisionering onder leiding van <strong>Inus Keyser<\/strong> het ook \u2018n belangrike rol in die sukses gespeel. Ons twee wedstryde tydens die W\u00eareld-skolefees in die Paarl het ons selfvertroue ook \u2018n belangrike hupstoot gegee.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het verlede jaar ook vir <strong>Bobby Joubert<\/strong> as direkteur van rugby aangestel en sy werk agter die skerms begin veral op juniorvlak vrugte afwerp. Grey het vanjaar <strong>22 spelers<\/strong> tot die 23-tal van die Vrystaatse-span bygedra wat as nie-amptelike kampioen van die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) in Kimberley gekroon is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Joubert is, sonder twyfel ook met die hulp van ooreenkoms met Montpellier met die Badawi-beurse, besig om Grey-rugby tot \u2018n nuwe vlak te stuur. Grey het vanjaar vir die eerste keer ooit in die skool se geskiedenis in al 24 sy rugbywedstryde teen Paul Roos as oorwinnaars van die veld gestap.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDaar het baie harde werk, met \u2018n klem op die baie in die seisoen ingegaan. Ons afrigters op juniorvlak speel ook \u2018n belangrike rol met die grondslag wat hulle l\u00ea. Bobby sorg met sy werk dat dat rugby by Grey gesond is,\u201d het Du Plessis ges\u00ea<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vanjaar was die eerste keer in sewe jaar dat Grey daarin kon slaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit. Die skool van die Rosestad se eerstespan het wel in 2014 ook die seisoen as die voorste skolespan in Suid-Afrika afgesluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sedert 2015 tot en met 2017 het die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl nie sy gelyke in Suid-Afrika gehad nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het vanjaar 13 wedstryde gespeel. Die span se twee oortuigende seges tydens die W\u00eareld-skolefees in die Paarl oor <strong>Christchurch Boys\u2019 High<\/strong> (66-28) en <strong>Hartpury College<\/strong> (66-0) is egter nie in berekening geneem vir die ranglys nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wat Grey se seisoen nog meer merkwaardig maak is die feit dat die span slegs drie wedstryde op sy tuisveld gespeel het. Hy het slegs vir Waterkloof (60-15), Selborne College (62-22) en Paul Roos tuis gepak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het vanjaar met 25-elk gelykop teen Glenwood in Durban gespeel en met sy sege van 28-26 oor Paul Roos Gimnasium seker gemaak dat hy die seisoen as die land se voorste span afsluit.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Hoekom beklee Glenwood dan nie tweede posisie op die ranglys nie?<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong><em>School of Rugby<\/em><\/strong> se ranglys neem \u2018n span se teenstand waarteen hy speel ook in ag. Vanjaar is daar 343 eerstespanne van regoor Suid-Afrika se uitslae ingewin. Di\u00e9 skole is in tien vlakke volgens hul krag ingedeel. Die voorste 20 spanne in Suid-Afrika is in Vlak 1 en \u2018n sege oor \u2018n span in di\u00e9 vlak gee aan \u2018n span \u2018n volle tien punte. \u2018n Sege oor \u2018n span in Vlak 10 sal aan jou \u2018n enkele punt besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is ook natuurlik bonuspunte vir seges met 30 punte of meer asook \u2018n puntetoekenning vir \u2018n span se nederlae wat in ag neem in watter vlak jou teenstander himself bevind.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n 100 persent wenrekord gee ook aan \u2018n span \u2018n voordeel. Hier word \u2018n span se totale wedstryde ook in ag geneem. Grey en Glenwood spog albei met \u2018n onoorwonne rekord na 11 wedstryde wat beteken albei het 1.1 punte tot hul total vir die ranglys gevoeg.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey en Paul Roos het albei nege skole in die Top 20 deur die seisoen die stryd aanges\u00ea. Glenwood het slegs teen vyf van die Top 20-skole kragte gemeet. Die span van Durban se onoorwonne status was die verskil tussen \u2018n derde en vierde posisie op die ranglys. Paarl Gimnasium het slegs twee nederlae teen onderskeidelik Paul Roos en Paarl Boishaai op die lyf geloop en in totaal teen agt van die voorste 20 spanne in die land te staan gekom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">School of Rugby volg die wiskundige sisteem om te verseker dat alle emosie uit die ranglys geneem word. \u2018n Span word ook nie net op een goeie oorwinning of een slegte nederlaag geoordeel nie, maar sy hele seisoen word in o\u00ebnskou geneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar bestaan nie \u2018n ranglys wat korrek is nie en hoewel School of Rugby poog om ons sisteem weekliks te verbeter en nader aan die waarheid te kom, is die slegs vir \u2018n lekker en soms vurige gesprek langs die braaivleisvuur.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cGeestelike taaiheid asook uitsonderlike kondisionering,\u201d Dit is volgens Grey-kollege se hoof van rugbyafrigting, Wessel du Plessis, die belangrikste faktore wat \u2018n rol in die skool se eerstespan se sukses vanjaar op die rugbyveld gespeel het. \u201cDie seuns in die groep het werklik \u2018n geestelike taaiheid ten toon gestel om die seisoen onoorwonne af te sluit. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8398,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8399","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8399","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8399"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8399\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8399"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8399"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8399"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}