{"id":84074,"date":"2025-10-01T15:46:05","date_gmt":"2025-10-01T13:46:05","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=84074"},"modified":"2025-10-01T15:46:05","modified_gmt":"2025-10-01T13:46:05","slug":"eldos-parkies-ewe-goed-na-laaste-aflewering-drama","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=84074","title":{"rendered":"Eldos, Parkies ewe goed na laaste aflewering drama"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_84091\" aria-describedby=\"caption-attachment-84091\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-84091\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Eldos-Krieket-400x271.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"271\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-84091\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Ho\u00ebrskool Eldoraigne op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hoewel die Titans se <strong>Platinum Liga<\/strong> einde se kant toe staan, het dit Maandagaand nog &#8216;n laaste leksel drama opgelewer.<\/p>\n<p>Lees en herleef al die Titans Liga-aksie net hier op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne\u00a0<\/strong>het &#8216;n taai tydperk van vier wedstryde in n\u00e9t sewe dae met &#8216;n dramatiese gelykopuitslag oor <strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark <\/strong>in die Ooste van Pretoria afgesluit.<\/p>\n<p>Vanwe\u00eb die eendeweer in die hoofstad, moes die wedstryd in die tweede kolfbeurt na 35 beurte aangepas word. Die Eldos kon wel hul toegelate 50 beurte voltooi, waarin hulle uiteindelik 219\/9 aangeteken het.<\/p>\n<p>Die Parkies se teiken is hierna hersien en het in di\u00e9 35 beurte, volgens die Duckworth-Lewis and Stern metode 183 lopies benodig om die wedstryd te beklink. Di\u00e9 kon egter toe net 182 bymekaarskraap wat beteken het dfat die spanne moes bladskud met &#8216;n gelykopuitslag.<\/p>\n<p>Die Parkies se snelbouler, <strong>Tiaan Serfontein<\/strong>, het beslis sy beste spelpeil herwin om vir &#8216;n tweede agteervolgende keer vier paaltjies te laat spat vir slegs 43 lopies in sy toegelate 10 beurte. <strong>Jordan van Eck<\/strong> (3\/41) het oudergewoonte ook gewoeker met die bal en goeie bystand van <strong>James Brokhorst<\/strong> (2\/38) ontvang. Dit is bemoedigend vir die Parkies op die vooraand van &#8216;n strawwe <strong>Wildeklawer T20<\/strong> toernooi.<\/p>\n<p>Eldos se kaptein, <strong>Marinus Langerman<\/strong>, het van voor gelei en was nie alleen sy span se voorslagkolwer nie, maar het hom ook &#8216;n uitstekend van sy taak agter die paaltjies gekwyt. Dit was juis hy wat met vernuftige paaltjiewagterskap verseker het dat die Parkies se laaste kolwer met die laaste bal uitgehardloop word.<\/p>\n<p>Met die kolf het Langerman &#8216;n geduldige 67 lopies aangeteken, wat, tesame met <strong>Ruan Steyn<\/strong> se 46, gesorg het vir &#8216;n deurslaggewende 81-lopie vennootskap.<\/p>\n<p>Die Parkie-kaptein, <strong>Dian van Zyl<\/strong> het op self &#8216;n kapteinsbeurt gespeel wat so hittete die wa deur die drif getrek het vir die tuisspan. Hy het, in moeilike toestande, geduldig gekolf aan &#8216;n uitstaande 83 lopies, voordat hy deur <strong>Ryno Mulder<\/strong> uitgehardloop is.<\/p>\n<p>Hoewel &#8216;n keerpunt, was die stryd steeds nie gewonne nie. <strong>Matt van der Westhuizen<\/strong>\u00a0en <strong>Morn\u00e9 Koekemoer<\/strong> se bydraes van 34 lopies elk, het die besoekers verder laat sweet.<\/p>\n<p><strong>Rowan McLaren<\/strong>, Eldos se aanvangsbouler, het sy kanse aangegryp om twee paaltjies op te pik en het ook hand opgesteek het om die laaste beurt, onder geweldige druk, te boul. McLaren het aan die einde van sy sewe beurte met syfers van 2\/31 gespog. <strong>Benyael Morkel<\/strong> (2\/35) het goeie bystand verleen in &#8216;n wedstryd waaroor die Eldos nog lank sal gesels.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaart:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Eldoraigne 219\/9\u00a0<\/strong>(Marinus Langerman 67, Ruan Steyn 46, Kyle de Bruin 29, Vince Lotz 26; Tiaan Serfontein 4\/43, Jordan van Eck 3\/41, James Bronhorst 2\/38);\u00a0<strong>Menlopark (35) 182\/7\u00a0<\/strong>(Dian van Zyl 83, Matt van der Westhuizen 34, Morn\u00e9 Koekemoer 34; Rowan McLaren 2\/31, Benyael Morkel 2\/35).\u00a0<strong>Eldoraigne wen met een lopie.\u00a0<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoewel die Titans se Platinum Liga einde se kant toe staan, het dit Maandagaand nog &#8216;n laaste leksel drama opgelewer. Lees en herleef al die Titans Liga-aksie net hier op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Ho\u00ebrskool Eldoraigne\u00a0het &#8216;n taai tydperk van vier wedstryde in n\u00e9t sewe dae met &#8216;n dramatiese gelykopuitslag oor Die Ho\u00ebrskool Menlopark in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":84091,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-84074","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84074","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=84074"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84074\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/84091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=84074"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=84074"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=84074"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}