{"id":8420,"date":"2018-10-05T05:42:18","date_gmt":"2018-10-05T05:42:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wie-gaan-as-eerste-kampioen-van-school-sports-se-sewesreeks-gekroon-word\/"},"modified":"2018-10-05T05:42:18","modified_gmt":"2018-10-05T05:42:18","slug":"wie-gaan-as-eerste-kampioen-van-school-sports-se-sewesreeks-gekroon-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8420","title":{"rendered":"Wie gaan as eerste kampioen van School Sports se sewesreeks gekroon word?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8419\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/SchoolSports.png\" alt=\"SchoolSports\" width=\"300\" height=\"333\" \/>Wie gaan die kroon as die eerste kampioen van School Sports 7&#8217;s se Kampioen van Kampioene-toernooi? Die toernooi vind vandag en more op die velde van Pirates in Greenside, Johannesburg plaas.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die drie groot aanspraakmakers op di\u00e9 titel behoort <strong>Paul Roos Gimnasium<\/strong>, Grey-kollege en Glenwood te wees. Die skool van Stellenbosch het verlede die titel as nasionale kampioen gedra toe hy as kampioen van die <strong>Ho\u00ebrskole Sewesreeks<\/strong> by Camp Discovery gekroon is. <strong>Twizza<\/strong> is as borg by albei die reekse betrokke. Paul Roos sal ook later vanjaar probeer om sy titel van die Ho\u00ebrskole Sewesreeks te verdedig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos sal op Pirates teen HTS Middelburg, HTS Dani\u00ebl Pienaar en die Ho\u00ebrskool Pietersburg in sy drie groepwedstryde te staan kom. Paul Roos het sy plek in die toernooi bespreek deur Stellenberg in die eindstryd van die WP-toernooi te verslaan. Die span van die Eikestad word deur die bekwame\u00a0<strong>Ian Campbell-McGeachy<\/strong> gebrei. Spelers van Paul Roos om dop te hou is <strong>Kade Wolhuter<\/strong> en <strong>Jarrod Cairns<\/strong>.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vrystaat oftewel Grey-kollege in Vrystaat-klere is verlede week as kampioen van Saru se o.17 interprovinsiale toernooi in Potchefstroom gekroon. Al die spelers in die span is leerlinge van Grey gewees. Die span van die Rosestad behoort dus ook &#8216;n sterk aanslag op die titel te loots. Die span word deur <strong>Bobby Joubert<\/strong> gebrei wat voorheen ook die Westelike Provinsie se provinsiale sewesspan afgerig het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey kom teen HTS Drostdy, Noord-Kaap en die Ho\u00ebrskool Grens in sy drie groepwedstryde te staan. Hou gerus vir Pachal Ekeji, Ian Small-Smith en Lesley Botha van die Bloemfonteiners dop. Glenwood spog altyd met &#8216;n sewesspan om mee rekening te hou. Hy sal teen Lichtenburg, Hentie Cilliers en Birchleigh in sy groepwedstryde te staan kom.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die toernooi in samewerking met die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) aangebied word, is al die voorste sewesspanne van elk van die unies nie in aksie in die toernooi nie. Die 15 kampioene van die onderskeie provinsiale toernooie wat aangebied is, het vir die Kampioene-toernooi gekwalifiseer. Die reeks is egter in sy babaskoene en het reeds in die eerste jaar gewys dat hy die potensiaal het om tot die grootste reeks in die land te groei.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van die groot sewesspanne wat nie vanjaar op die toernooi in aksie sal wees nie is &#8211; Garsfontein, die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, Monument, Goudveld-Ho\u00ebrskool en Ben Vorster van Tzaneen. Garsies het vir die toernooi gekwalifiseer, maar het besluit om te onttrek. Oos-Moot neem in Garsfontein se plek deel en behoort &#8216;n paar spanne te verras.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Boishaai is vroe\u00ebr vanjaar as kampioen van die Marius Schoeman-toernooi gekroon wat deur Paarl Gimnasium aangebied word. Meeste van die voorste spanne wat die naweek in die Goudstad in aksie is, was ook op di\u00e9 toernooi in aksie. Monument van Krugersdorp is vir die tweede jaar in &#8216;n ry vanjaar as kampioen van die Noordvaal Sewestoernooi gekroon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het nie aan die Leeus se kwalifiserende toernooi deelgeneem nie omdat hulle daardie naweek aan die Marius Schoeman-toernooi deelgeneem het. Randburg het Helpmekaar verras om as kampioen van die Goue Leeus gekroon te word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die Groepe is:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep A:<\/strong> Paul Roos Gimnasium, HTS Middelburg, HTS Dani\u00ebl Pienaar, Pietersburg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep B:<\/strong> Grey-kollege, HTS Drostdy, Noord-Kaap, Ho\u00ebrskool Grens.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep C:<\/strong> Glenwood, Lichtenburg, Hentie Cilliers, Birchleigh.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Groep D:<\/strong> Oakdale Landbou, Oos Moot, Randburg.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie gaan die kroon as die eerste kampioen van School Sports 7&#8217;s se Kampioen van Kampioene-toernooi? Die toernooi vind vandag en more op die velde van Pirates in Greenside, Johannesburg plaas.\u00a0 Die drie groot aanspraakmakers op di\u00e9 titel behoort Paul Roos Gimnasium, Grey-kollege en Glenwood te wees. Die skool van Stellenbosch het verlede die titel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8419,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8420","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8420"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8420\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}