{"id":84223,"date":"2025-10-03T13:24:35","date_gmt":"2025-10-03T11:24:35","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=84223"},"modified":"2025-10-03T13:24:35","modified_gmt":"2025-10-03T11:24:35","slug":"middies-verdedig-mpumalanga-titel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=84223","title":{"rendered":"Middies verdedig Mpumalanga-titel"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_84232\" aria-describedby=\"caption-attachment-84232\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-84232\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Hoerskool-Middelburg-Liga-wenners-400x300.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"300\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-84232\" class=\"wp-caption-text\">Ho\u00ebrskool Middelburg se eerste krieketspan na hul sege met vier paaltjies oor Ho\u00ebrskool Nelspruit om vir &#8216;n tweede agtereenvolgende seisoen die Mpumalanga Liga te beklink. FOTO: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg\u00a0<\/strong>het die bordjies teen\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit\u00a0<\/strong>verhang om sodoende sy Mpumalanga Premierliga-titel suksesvol te verdedig.<\/p>\n<p>Die\u00a0<em>Middies\u00a0<\/em>het op 20 September met 18 lopies teen die <em>Nellies\u00a0<\/em>vasgeval, &#8216;n nederlaag wat die kaarte in daardie stadium van die liga ietwat deurmekaar gekrap het.<\/p>\n<p>Dit het beteken dat die\u00a0<em>Middies\u00a0<\/em>hul tweede uitstappie teen die span van Nelspruit, di\u00e9 keer in Nelspruit, moes wen om weer die kroon te dra. Daar is wel steeds een ronde bepalings oor waarin die Middelburgers se pad weer met die van Ho\u00ebrskool Hoogenhout kruis, maar hulle is wat ligapunte betref buite die bereik van enige ander span.<\/p>\n<p>Die Nelspruiters het die loot gewen, besluit om eerste te kolf en geduldig te werk gegaan. Die <em>Middies\u00a0<\/em>kon die eerste paaltjie eers in die 16de beurt kry, toe <strong>Herman Potgieter<\/strong> (2\/27) vir <strong>Duan Smal<\/strong> (10, 55b) gefnuik het.<\/p>\n<p>Smal se lang beurt het die strawwe kolftoestande beklemtoon, met selfs <strong>Waldemar Graham<\/strong>, die\u00a0<em>Nellies\u00a0<\/em>se voorslagkolwer, wat op die dag 40 aflewerings trotseer het vir sy 30 lopies. Juan Maritz was kort op sy hakke met 27 lopies, van 44 balle.<\/p>\n<p><strong>Frederik Boshoff<\/strong> was grotendeels verantwoordelik vir die <em>Nellies\u00a0<\/em>se stadiger kolftempo. Hy het in sy toegelate 10 beurte slegs 16 lopies afgestaan, terwyl 47 van sy 60 aflewerings le\u00eb balle was en hy ook vier paaltjies laat kantel het. <strong>Eduan Strydom<\/strong> het, nes Potgieter, twee paaltjies opgepik en 45 lopies in sy toegelate 10 beurte afgestaan. Dit het die tuisspan tot 164 beperk toe die laaste kolwer in die 48ste beurt die trekpas gegee is.<\/p>\n<p>Die tuispsan se kolfbeurt en jaagtog van 165 het bykans op presies dieselfde wyse begin. <strong>Lohan Botha<\/strong> (22) is in die 15de beurt deur <strong>Jason Day<\/strong>, van die boulwerk van Samuel Day (1\/23), gevang, met <strong>Christian Jansen<\/strong> (17) wat kort daarna deur <strong>Janco Breyl<\/strong> uitgehardloop is. Dit het die druk stewig op die verdedigende kampioen verskuif.<\/p>\n<p>Hoewel Smal met die kolf gefaal het, het sy boulwerk daarvoor opgemaak. Hy was ewe ekonomies met sy toegelate 10 beurte wat uiteindelik syfers van 2\/22 opgelewer, waarin hy ook 47 le\u00eb balle afgestuur het. <strong>Safwaan Miller<\/strong>, het soos in die vorige kragmeting, weer twee paaltjies laat kantel en 33 lopies afgestaan, slegs een meer as in die vorige ontmoeting met die Middelburgers.<\/p>\n<p>Die ervaring van <strong>Hendr\u00e9 Nel<\/strong> het uiteindelik die deurslag gegee vir n\u00f3g &#8216;n Mpumalanga-titel. Instede van geduldig kolf, het Nel besluit om te doen wat hy die beste doen. Hy het teruggeslaan met &#8216;n teenaanval wat slegs 34 aflewerings geneem het en drie viere en twee sesse opgelewer het vir &#8216;n onoorwonne bydrae van 44 lopies. Sy vennootskap van 63 lopies met <strong>Boshoff<\/strong> (18*), wat &#8216;n uitstekende dag op kantoor onoorwonne afgesluit het, was uiteindelik genoeg vir die <em>Middies\u00a0<\/em>om met vier paaltjies te se\u00ebvier.<\/p>\n<p>Hoofafrigter <strong>Shaun Neethling<\/strong> is uiteraard in sy noppies en trots op &#8216;n totale spanpoging.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het natuurlik vir Gavin (Genis) en Eduan (Strydom) wat beduidende rolle gespeel het, maar wat vir my die meeste uitgestaan het is die bydraes van verskeie ander spelers. Spelers soos Frederik Boshoff, Zubair Desai, Hendr\u00e9 Nel en Herman Potgieter het almal hand opgesteek, wat, uit &#8216;n afrigtingsoogpunt, wonderlik is om te sien,&#8221; het Neethling na sy span se sege ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die\u00a0<em>Middies\u00a0<\/em>se fokus verskuif nou na die Fain Noordvaal-reeks, waarin die span van Middelburg verlede jaar die naaswenner was en wat later vandeesmaand afskop.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaart<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 164 <\/strong>(Waldemar Graham 30, Juan Maritz 27, Ekstras 22; Frederik Boshoff 4\/16, Herman Potgieter 2\/27, Eduan Strydom 2\/45); <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 170\/6\u00a0<\/strong>(Hendr\u00e9 Nel 44*, Lohan Botha 22, Eduan Strydom 22; Duan Smal 2\/22, Safwaan Miller 2\/33).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Middelburg wen met ses paaltjies.\u00a0<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Middelburg\u00a0het die bordjies teen\u00a0Ho\u00ebrskool Nelspruit\u00a0verhang om sodoende sy Mpumalanga Premierliga-titel suksesvol te verdedig. Die\u00a0Middies\u00a0het op 20 September met 18 lopies teen die Nellies\u00a0vasgeval, &#8216;n nederlaag wat die kaarte in daardie stadium van die liga ietwat deurmekaar gekrap het. Dit het beteken dat die\u00a0Middies\u00a0hul tweede uitstappie teen die span van Nelspruit, di\u00e9 keer in Nelspruit, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":84232,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-84223","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84223","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=84223"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84223\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/84232"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=84223"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=84223"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=84223"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}