{"id":84244,"date":"2025-10-03T17:19:15","date_gmt":"2025-10-03T15:19:15","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=84244"},"modified":"2025-10-03T17:19:15","modified_gmt":"2025-10-03T15:19:15","slug":"blou-tornado-se-nuwe-era-begin-onder-van-dyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=84244","title":{"rendered":"Blou Tornado begin nuwe era onder Van Dyk"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_84236\" aria-describedby=\"caption-attachment-84236\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-84236\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/TL_1588693-400x295.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"295\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-84236\" class=\"wp-caption-text\">Cobus van Dyk tydens die SA Skole-toekenningseremonie by Paul Roos Gimnasium in 2019. (Photo by Carl Fourie\/Gallo Images)<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die groot nuus uit Pretoria is dat <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> &#8216;n nuwe era van rugby onder &#8216;n bekende gesig in die Klofie-gemeenskap gaan afskop.<\/p>\n<p>Slegs \u2018n paar dae nadat die nuweling in 2026 se <strong>SDC Noordvaal Cup Beker<\/strong>-afdeling, <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong>, sy nuwe rugbydirekteur aangestel het, het nog \u2018n groot hond in di\u00e9 einste afdeling \u2018n nuwe rugbybaas.<\/p>\n<p><strong>Cobus van Dyk<\/strong> sal vanaf 2026 leiding as baasbrein van die Blou Tornado se rugbystrukture neem.<\/p>\n<p>Dit is welbekend dat Klofies se rugby vanjaar effens woema gekort het. Die skolereus uit die ooste van Pretoria moes enduit om oorlewing baklei, en dit is iets wat hulle in 2026 wil vermy.<\/p>\n<p>Van Dyk is reeds vir die afgelope sewe jaar as sporthoof en eerstespan-afrigter by die Klofies betrokke, maar sien uit daarna om sy passie verder uit te leef.<\/p>\n<p>\u201cDie landskap van \u2018n rugbydirekteur op skolevlak het die laaste klompie jaar aansienlik verander\u201d het Van Dyk aan <strong>SuperSport Schools Plus<\/strong> ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Dit gaan nie slegs meer oor re\u00eblings tref nie, maar myns insiens daaroor om \u2018n gemeenskap bymekaar te bring, en hoop te skep vir \u2018n gemeenskap. My taak gaan wees\u00a0om &#8216;n sterk Klofie-gemeenskap bymekaar te bring deur Waterkloof-rugby, en om die nodige rolspelers hiervoor bymekaar te bring. Dit is hoe ons die pad vorentoe sien.&#8221;<\/p>\n<p>Van Dyk het in 2013 sy eerste aansoek by <strong>SA Rugby<\/strong> ingedien om by die <strong>SA Skolespan<\/strong> se afrigtingskorps betrokke te raak. Dit is nie aanvaar nie, maar het hom op sy weg geplaas en hy het dieselfde jaar by die <strong>Pumas<\/strong> se Cravenweekspan begin afrig.<\/p>\n<p>Daarna het hy vir 11 jaar &#8216;n rol vervul by SA Rugby, waarvan sewe as skrumafrigter van die SA Skole- en <strong>SA o.18<\/strong>-span &#8211; sedert die totstandkoming van die jaarlikse Internasionale o.18-reeks. Benewens daardie ervaring, is Van Dyk ook reeds vir vyf jaar betrokke by die <strong>Universiteit van Pretoria<\/strong> se eerste rugbyspan.<\/p>\n<p>\u201cEk het natuurlik baie dankbaarheid in my hart. Eerstens gee ek al die lof en eer aan my Hemelse Vader, wat sedert die teleurstelling in 2013 \u2018n yslike pad saam met my gestap het. Dan is daar natuurlik my vrou, <strong>Carika<\/strong>, en my twee kinders, waarsonder ek nie tot hier sou kon gevorder het nie.<\/p>\n<p>\u201cEk is \u2018n produk van \u2018n groot groep mense wat my ondersteun en in my loopbaan bel\u00ea het. Die groep by SA Rugby, Meneer <strong>Herman Masemla<\/strong>, <strong>Louis Koen<\/strong>, <strong>Nico Serfontein<\/strong> en \u2018n ellelange lys van ander, waarby ek ongelooflik baie kon leer, het my beslis voorberei vir di\u00e9 nuwe rol as rugbydirekteur.\u201d<\/p>\n<p>Van Dyk sal in 2026 steeds as die eerste span se hoofarigter aanbly. Sy afrigtingspan sal binnekort bespreek en uiteengesit word.<\/p>\n<p>Die kans is boonop goed dat hy met sy verantwoordelikhede by onderskeidelik die Universiteit van Pretoria, die SA Skole en SA o.18 spanne sal voortgaan. Niks is egter nog op papier vasgemaak nie.<\/p>\n<p>\u201cHou Kloof dop in 2026; ons werk hard agter die skerms en is besig met \u2018n paar opwindende dinge wat beslis dividende sal betaal in die nuwe rugbyseisoen,\u201d het Van Dyk opgewonde bygevoeg.<\/p>\n<p>Die Klofies het reeds sy voorbereiding vir die 2026 seisoen afgeskop. &#8216;n Vier-week-lange gimnasiumprogram is sopas afgehandel en sal deur veldsessies, wat op 13 Oktober begin, gevolg word. Van Dyk glo dat dit alles \u2018n stap in die regte rigting is om die Klofies se rugby weer \u2018n krag in die Noordvaal Cup se Beker-afdeling te maak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die groot nuus uit Pretoria is dat Ho\u00ebrskool Waterkloof &#8216;n nuwe era van rugby onder &#8216;n bekende gesig in die Klofie-gemeenskap gaan afskop. Slegs \u2018n paar dae nadat die nuweling in 2026 se SDC Noordvaal Cup Beker-afdeling, Ho\u00ebrskool Middelburg, sy nuwe rugbydirekteur aangestel het, het nog \u2018n groot hond in di\u00e9 einste afdeling \u2018n nuwe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":84235,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-84244","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84244","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=84244"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84244\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/84235"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=84244"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=84244"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=84244"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}