{"id":84694,"date":"2025-10-10T17:53:56","date_gmt":"2025-10-10T15:53:56","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=84694"},"modified":"2025-10-10T17:53:56","modified_gmt":"2025-10-10T15:53:56","slug":"nellies-betrek-oud-blitsbok-en-cb-breier-van-die-pumas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=84694","title":{"rendered":"Nellies betrek oud-Blitsbok en CB-breier van die Pumas"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_84695\" aria-describedby=\"caption-attachment-84695\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-84695\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/MJ-Mentz-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-84695\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit\u00a0<\/strong>het die tweede span van Mpumalanga geword om vandeesmaand &#8216;n nuwe rugbydirekteur aan te stel.<\/p>\n<p>Die Rhinos se paadjie het kort na afloop van die 2025-rugbyseisoen geskei met die van Ryno Luus, wat aan die begin van die jaar aangestel is.<\/p>\n<p>Dit het to gevolg gehad dat die Nellies vir die voormalige <strong>Blitsbok<\/strong> en agterlynafrigter van die <strong>Pumas<\/strong> se Curriebekerspan, <strong>MJ Mentz<\/strong>, nader getrek het om die leisels as rugbybaas oor te neem.<\/p>\n<p>&#8220;Ons is opgewonde om aan te kondig dat Mnr. MJ Mentz as hoof van rugby by ons aangesluit het,&#8221; lui &#8216;n verklaring deur die Nellies op Facebook.<\/p>\n<p>&#8220;MJ het geen bekendstelling nodig nie. Hy het self professioneel rugby gespeel en was tot onlangs die Pumas se hulpafrigter. Ons sien uit na die nuwe rugbyseisoen onder sy kundigheid, passie en leierskap, wat beslis nuwe energie na ons rugbyspanne sal bring.&#8221;<\/p>\n<p>Mentz se wortels is diep gesetel in Mpumalanga. Hy is op 21 Julie 1982\u00a0 gebore in Ermelo, waar hy 18 jaar later gematrikuleer het aan die <strong>Ho\u00ebrskool Ermelo<\/strong>.<\/p>\n<p>&#8220;Na skool het hy van 2002 tot 2012 vir onderskeidelik die <strong>Luiperds<\/strong>, <strong>Griekwas<\/strong> en <strong>Pumas<\/strong> verteenwoordig, terwyl hy ook van 2006 tot 2011 vir die SA Sewes in 18 toernooie verteenwoordig en saam met di\u00e9 span\u00a0 &#8216;n bronsmedalje by Statebondspele in 2010 verower het.<\/p>\n<p>Sy afrigtingsloopbaan het kort n\u00e1 sy uittrede\u00a0 as speler begin, toe hy as hulpafrigter van die Pumas aangestel is in 2013. In 2015 het hy vir twee seisoene die leisels as hoofafrigter by <strong>Jimmy Stonehouse<\/strong> oorgeneem en daardie selfde seisoen die Pumas na hul eerste <strong>Vodacombeker<\/strong>-titel gelei.<\/p>\n<p>In 2017, met Stonehouse se terugkeer na die Laeveld, het Mentz betrokke gebly by die span in pienk as agterlynafrigter, &#8216;n posisie wat hy tot en met sy aanstelling by die Nellies beklee het.<\/p>\n<p>Mentz se werk is vir hom uitgeknip by die Rhinos, en tesame met sy ervaring van die afgelope 12 jaar by die Pumas kan dit n\u00e9t die woema verskaf wat die Rhinos in die nuwe seisoen benodig. Hoewel nie s\u00f3 &#8216;n swak seisoen soos sommige mense wil uitmaak nie, het die Nellies warm en koud geblaas in 2025. Dit het daartoe gelei dat hulle een van twee spanne was wat van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker- na die Plaat-afdeling gerelegeer is.<\/p>\n<p>Die Rhinos gaan volgende jaar in die Plaat met Mpumalanga se ander swaargewig, <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong>, die Plaat se agtereenvolgende kampioen (2024-&#8217;25), kragte meet. Die groenes van Miidelburg, Ho\u00ebrskool Middelburg, sal sake in die taai Beker afdeling van die SDC kompetisie uit spook.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Nelspruit\u00a0het die tweede span van Mpumalanga geword om vandeesmaand &#8216;n nuwe rugbydirekteur aan te stel. Die Rhinos se paadjie het kort na afloop van die 2025-rugbyseisoen geskei met die van Ryno Luus, wat aan die begin van die jaar aangestel is. Dit het to gevolg gehad dat die Nellies vir die voormalige Blitsbok en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":84695,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-84694","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84694","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=84694"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/84694\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/84695"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=84694"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=84694"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=84694"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}