{"id":8537,"date":"2019-03-09T17:13:23","date_gmt":"2019-03-09T17:13:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/stellenberg-en-northwood-behaal-geskiedkundige-seges-terwyl-garsies-se-scheepers-sy-naam-in-rekordboek-skryf\/"},"modified":"2019-03-09T17:13:23","modified_gmt":"2019-03-09T17:13:23","slug":"stellenberg-en-northwood-behaal-geskiedkundige-seges-terwyl-garsies-se-scheepers-sy-naam-in-rekordboek-skryf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8537","title":{"rendered":"Stellenberg en Northwood behaal geskiedkundige seges"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7617\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/NewsGHelpmekaar.jpg\" alt=\"NewsGHelpmekaar\" width=\"400\" height=\"343\" \/>Jared Scheepers, slot van die Ho\u00ebrskool Garsfontein, kan indien hy op sy spelpeil so vroeg in die seisoen kan voortbou \u2018n jaar beleef waaroor hy tans slegs droom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Scheepers het vyf drie\u00eb in sy skool se eerste amptelike wedstryd van die seisoen in sy oortuigende sege van 64-12 oor Kempton Park in die nuwe vriendskaplike Puk-reeks gedruk. Dit is \u2018n nuwe rekord vir Garsfontein. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vorige rekord van vier drie\u00eb in \u2018n wedstryd is voorheen deur vier spelers gedeel. Buiten Scheepers se indrukwekkende vertoning het die Garsie Bere se SA Skole-skrumskakel, Jurich Claassens, ook \u2018n goeie wedstryd beleef. Hy het ook twee keer die doellyn oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG Jansen se vleuel Tyron Kotze het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in span se span sege van 51-26 oor die Ho\u00ebrskool Rustenburg in die reeks behaal. Die Jansies het \u2018n voorsprong van 51-0 opgebou voordat die afrigters besluit het om hul plaasvervangersbank speelkans te gee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar-kollege het sy houvas op Waterkloof die afgelope vyf jaar behou deur die Klofies in die Jakarandastad met 45-31 die loef af te steek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het voorlangs met sy flank Zander du Toit aan die spits die oorhand gehad. Klofies kon slegs een van sy lynstane wen, terwyl sake by die afbreekpunte ook nie in die guns van die tuisspan was nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Du Toit het die agtsteman, Tyler Skudder, en vleuel Divan Esterhuizen goed vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Klofies het sy skrumskakel, Divan Roelofse, met sy spel beindruk. Roelofse beskik oor \u2018n suiwer aangee na albei kante en daar makeer ook niks met sy taktiese skopwerk nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Outeniqua se Kwaggas was \u2018n vernietigende bui in hul eerste wedstryd van die seisoen. Die Kwaggas het die Ho\u00ebrskool Brackenfell op laasgenoemde se jaarlikse sportdag in 60 minute met 62-0 afgeslag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Outeniqua se twee slotte, Dean Malherbe en Corn\u00e9 Struwig, het albei dubbelle driedruk-plesier ervaar. Die span se losskakel, Matthew Thorne, het agterlangs soos \u2018n generaal sake dikteer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Stellenberg is vanjaar nie \u2018n span wat sonder handskoene aangepak kan word nie. Stellies het gister op Brakkies se sportdag vir Oakdale Landbou met 21-10 laat harpuis ruik.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-8536\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/NewsGStelliesOak.jpg\" alt=\"NewsGStelliesOak\" width=\"430\" height=\"223\" \/> <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se binnesenter, Hedley Hadlow, is met twee drie\u00eb met sy kragtige lopies beloon en was ook sy span se ster in die geskiedkundige oorwinning. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Lichtenburg is vir die eerste keer sedert 2015 met die kous oor die kop in die Pukke Prestige-reeks huis toe gestuur. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marais Viljoen se losskakel, Rehan le Maitre, was die groot doring in die Liggies se vlees. Hy het in die doodsnikke van die twee spanne se kramgeting die doellyn oorgesteek en ook sy eie drie verdoel om aan sy span \u2018n sege van 14-13 te besorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op Goldstones in Pietermaritzburg het die trane gerol toe Maritzburg College vir die eerste keer ooit teen Northwood van Durban die knie gebuig het. Northwood was met 30-26 in die kragmeting baas. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hilton College was klinies in sy sege van 20-3 oor Durban High School, terwyl Glenwood oor te veel skietgoed met 22-7 in \u2018n opwindende wedstryd vir Westville Boys\u2019 High beskik het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart van Brandfort het in die hoofwedstryd van die jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag vir Parys met 19-7 verslaan. Die wedstryd is vroeg gestop weens swaar weer. Albei spanne het in die re\u00ebn op \u2018n sopnat Page-park met rukke goeie spel opgedis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>BRACKENFELL SPORTDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Outeniqua 62, Brackenfell 0; Stellenberg 21, Oakdale Landbou 10; Paarl Gimnasium 32, Durbanville 0; Milnerton 44, Wynberg Boys\u2019 High XV 14; SACS 19, Ho\u00ebrskool Bellville 5; Labori 17, Ho\u00ebrskool Strand 15; Edgemead 10, Montaan 0; HTS Bellville 32, Jan van Riebeeck 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>GOUDVELD SPORTDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goudveld-Ho\u00ebrskool 43, Vereeniging Gimnasium 5; Fichardtpark 15, Noord-Kaap 10; AHS Kroonstad 38, HTS Welkom 14; Riebeeckstad 71, Vereeniging Gimnasium II 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>GRENS SKOLEDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College 42, Hudson Park 12; Dale College 56, Stirling 24; Queen\u2019s College 32, Cambridge 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PIETER SWANEPOEL SPORTDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandfort 19, Parys 7; Grey-kollege 29, Welkom Gimnasium 0; Cherries 56, Hentie Cilliers 7; Aliwal-Noord 31, Bothaville 17; Louis Botha 33, Hangklip 7; Bultfontein 57, President Steyn 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>DIAMANTVELD SPORTDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 52, Diamantveld 25; Affies II 50, Landboudal 0; Sentraal 15, Affies III 8; Affies IV 43, Ho\u00ebrskool Upington 19.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUK-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark 25, Transvalia 8; Garsfontein 64, Kempton Park 12; EG Jansen 51, Ho\u00ebrskool Rustenburg 28; HTS Middelburg 27, Eldoraigne 26<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE PRESTIGE-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marais Viljoen 14, Lichtenburg 13; Wesvalia 43, Zwartkop 17; Ho\u00ebrskool Middelburg 45, Randburg 35; Noordheuwel 38, Oosterlig 12; Potchefstroom Volkskool 27, HTS Witbank 17; Heidelberg Volkskool 48, Hugenote (Springs) 21; Jeugland 31l Montana 24; Potchefstroom Gimnasium 38, Die Anker 34. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE SPORT-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Brits 24, Linden 20; Florida 34, Dr. Malan 7; Ho\u00ebrskool Alberton 27, Standerton 20; Secunda 10, Bastion 7; Hans Moore 24, Hoogenhout 7; Birchleigh 26, Driehoek 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE PROVINSIALE-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Frikkie Meyer 30, Centurion 20; Oos-Moot 14, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 3.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE 16-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria-Noord 43, Stoffberg 10; Piet Retief 35, Ferrum 29; Pionier 31, Volksrust 7; Riebeeckrand 28, Bekker 12; Leeuwenhof 21, Overvaal 19; Fochville 24, Wolmaransstad 17; Vryburg 42, Schoonspruit 20.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2:<\/strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg 45, Merensky 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4:<\/strong> <\/span>Mitchellhouse<span style=\"color: #000000;\"> 44, Stanford Lake College 9.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WESGROW-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voortrekker (Bethlehem) 58, Jim Fouch\u00e9 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRIENDSKAPLIK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar-kollege 45, Waterkloof 31; Duineveld 33, Marlow Landbou 12; Witteberg 63, Ellisras 12; Glenwood 22, Westville Boys\u2019 High 7; Northwood 30, Maritzburg College 26; St Andrew\u2019s College 47, Nico Malan 12; Hilton College 20, Durban High School 3; Ben Viljoen 45, Wonderboom 29; HTS John Vorster 57, HTS Tom Naud\u00e9 3; Overkruin 24, Piet Potgieter 7; Curro Nelspruit 12, Curro Hazeldean 5; Brandwag (Benoni) 24, Jan Viljoen 24; Hans Strijdom 41, Curro Heuwelkruin 20; Midstream College 20, Ermelo 15; Wilgerivier 36, HTS Sasolburg 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;82b97fc8_1552200860954&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jared Scheepers, slot van die Ho\u00ebrskool Garsfontein, kan indien hy op sy spelpeil so vroeg in die seisoen kan voortbou \u2018n jaar beleef waaroor hy tans slegs droom. Scheepers het vyf drie\u00eb in sy skool se eerste amptelike wedstryd van die seisoen in sy oortuigende sege van 64-12 oor Kempton Park in die nuwe vriendskaplike [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7617,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8537","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8537","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8537"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8537\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8537"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8537"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8537"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}