{"id":8665,"date":"2019-04-06T17:37:07","date_gmt":"2019-04-06T17:37:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/affies-maak-die-sluise-oop-op-die-braam\/"},"modified":"2019-04-06T17:37:07","modified_gmt":"2019-04-06T17:37:07","slug":"affies-maak-die-sluise-oop-op-die-braam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8665","title":{"rendered":"Affies maak die sluise oop op die Braam"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8664\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/NewsGAffiesHelp.jpg\" alt=\"NewsGAffiesHelp\" width=\"400\" height=\"238\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/NewsGAffiesHelp.jpg 556w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/NewsGAffiesHelp-300x179.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Die Witbulle het vandag hard gebulk op die Braam toe hulle die gerekende Helpies erg met 52-17 gegaffel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die son het besluit om sy kop uit te steek na \u2018n re\u00ebnige week in Johannesburg en die skare was gepak met ondersteuners van Helpmekaar Kollege en Afrikaans Ho\u00ebr Seunskool.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd het begin met \u2018n wisseling van balbesit waar die losskakels, <strong>Tiaan Botes<\/strong> en <strong>Terblanche van Lill<\/strong>, die teenstander-agterlyne se vaardigheid getoets het terwyl <strong>Tyler Skudder<\/strong> en <strong>Willie Potgieter<\/strong> die vuil werk in die losgemale vir hul spanne gedoen het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Helpie-senters het geweldige druk geplaas op die Affies agterlyn wat tot \u2018n onderskepdrie deur <strong>Sebastine Watney<\/strong> gelei het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botes het sy diens gedoen met die twee punte na Watney se drie, en het \u2018n strafskop tussen deur die pale kort daarna geplaas om die Helpies \u2018n voordeel van 10 punte te gee. Affies het geantwoord met hulle sterk voorspelers en \u2018n drie vir hul loskopstut, <strong>Ruben Windell<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies het daarna weer twee vinnige drie\u00eb gedruk deur die spoed van <strong>Kyle Liebenberg<\/strong> en die insig van hul afgeronde agtsteman, <strong>George Oosthuizen<\/strong>. Helpies het \u2018n 10-0 voordeel deur hul vingers laat glip om halftyd 21-10 in die guns van die Witbulle in te gaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het weer eerste bloed getrek in die tweede helfte met hul gevaarlike senters, <strong>Melbirt van der Spuy<\/strong> en <strong>Divan Esterhuizen<\/strong>, wat amok in die middelveld gemaak het. Esterhuizen het onder die pale afgerond. Affies se voorry het begin domineer in die skrums, terwyl die tuisspan se voorspelers ook die stryd in die lynstane verloor het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Twee welverdiende drie\u00eb deur Potgieter en Kyle Liebenberg, wat vir die tweede keer oor die verf duik, het gekom van die Witbulle se toewyding op verdediging, en Affies wat nou 33-17 voor loop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dinge het begin uit mekaar val vir Helpmekaar en dit het gelei tot \u2018n mislukking van \u2018n skop wat in die hande van die giftige heelagter, <strong>Dieter Crafford<\/strong>, geval het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdediging het vir Crafford oopgemaak soos di\u00e9 Rooi See en hy het met gemak die laaste verdediger vertrap om die lyn te kruis. Die skrumskakel, <strong>Michael van Aswegen<\/strong>, het kort daarna ook \u2018n drie gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar se bankie was leeg nadat die afrigters besluit het om elke speler die geleentheid te gee om te speel. Dit was die duidelike wit vlaggie wat gewys het dat Helpies geen kans meer in die stryd staan nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Witbulle kon nog \u2018n laaste drie deur hul plaasvervanger skrumskakel druk. Crafford het \u2018n bydra van 17 van sy span se 52 punte gemaak terwyl die Helpies net 17 punte kon aanteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Witbulle het die Braam platgetrap en die Helpies met meer vrae as antwoorde gelos.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>FOTO: <em>William Brown<\/em><\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Affies 52 (21) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Kyle Liebenberg (2), Dieter Crafford, Michael van Aswegen, George Oosthuizen, Willie Potgieter, Ruben Windell, Johan Muller. Doelskoppe: Crafford (6). <strong>Helpmekaar 17 (10) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Sebastian Watney, Divan Esterhuizen. Doelskop: Tiaan Botes (2). Strafdoel: Botes.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:<\/strong> Affies 28, Helpmekaar 7.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Helpmekaar 34, Affies 14.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Helpmekaar 41, Affies 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;dcdff487_1554572171127&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Witbulle het vandag hard gebulk op die Braam toe hulle die gerekende Helpies erg met 52-17 gegaffel het. Die son het besluit om sy kop uit te steek na \u2018n re\u00ebnige week in Johannesburg en die skare was gepak met ondersteuners van Helpmekaar Kollege en Afrikaans Ho\u00ebr Seunskool. Die wedstryd het begin met \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8664,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8665","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8665","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8665"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8665\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8664"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8665"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8665"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8665"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}