{"id":87836,"date":"2025-12-15T11:48:46","date_gmt":"2025-12-15T09:48:46","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=87836"},"modified":"2025-12-15T11:48:46","modified_gmt":"2025-12-15T09:48:46","slug":"parkies-kry-du-plessis-aanwins-vir-2026-rugby-seisoen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=87836","title":{"rendered":"Parkies kry Du Plessis aanwins vir 2026 rugby seisoen"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_87840\" aria-describedby=\"caption-attachment-87840\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-87840\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/571339416_122235610070251023_5875763333034901111_n-e1765791926599-400x340.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"340\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-87840\" class=\"wp-caption-text\">JOHAN DU PLESSIS (links), ontvang die Noordvaal Reeks se toekening van Afrigter van die Jaar. Du Plessis het di\u00e9 toekenning met Jano Venter (regs) van HTS Middelburg gedeel. Hannes Nienaber (middel) het die toekenings oorhandig. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die 2026 skolerugby seisoen sal steeds vir die <strong>Johan du Plessis<\/strong>, beter bekend as &#8220;Duppie&#8221; in die Suid Afrikaanse skolerugby kringe, langs die veld as breier he.<\/p>\n<p>Du Plessis sal na bewering by <strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> aansluit waar hy as agterlyn afrigter betrokke sal wees.\u00a0Du Plessis se paaie het &#8216;n paar weke gelede met di\u00e9 van <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> geskei.<\/p>\n<p>Du Plessis was vir 16 jaar bretrokke by die Bere, ook sy alma mater, waarvan hy vir 11 jaar by die Bere se eerstespan diens gedoen het. Sy bedanking het as &#8216;n groot skok vir baie in die Garsie gemeenskap gekom.<\/p>\n<p>Tydens di\u00e9 16 jaar, kon Du Plessis &#8216;n verstommende vyf keer die Noordvaal titel saam met sy span omhoog hou. Vroe\u00ebr in 2025 het hy ook die eerste afrigter in die nuwe millenium geword om die Noordvaal reeks vir &#8216;n derde agtereenvolgende keer as breier in te palm. Sover bekend is Du Plessis ook die eerste eksterne skole-afrigter wat die troffee vir drie agtereenvolgende kere omhoog kon hou.<\/p>\n<p>Die ander twee titels, alvorens di\u00e9, was saam met <strong>Tjaart van der Walt<\/strong>, in 2015 en 2016, wat tans die septor by <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> in Johannesburg swaai. Van der Walt is self een van die suksesvolste breiers in die Noordvaal. Dit was ook vanjaar di\u00e9 twee wat in die Noordvaal se eindstryd ontmoet het.<\/p>\n<p>Du Plessis se afrigtingspad het by <strong>Laerskool Louis Leipoldt<\/strong> in Centurion begin. In di\u00e9 tyd was hy ook by <strong>Centurion Rugbyklub<\/strong> se Jeugklub betrokke. Sy eerste Ho\u00ebrskole-rugby rol het gekom toe hy ses jaar later deur <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> genader is om die o.14 span, en later, in 2004 en 2005, ook die eerstespan, wat die Stadsbeker verwower het, te brei. Die Garsie-pos het kort daarna gevolg.<\/p>\n<p>Dit is alom bekend dat Du Plessis nie net &#8216;n uitstekende afrigter is nie, maar ook &#8216;n gawe het om met mense te werk, skynbaar weens sy beroep as ingenieur in die korporatiewe omgewing, waar hy met mense in spanverband werk. Die ervaringe wat hier opgedoen is, is iets wat ook deel van sy afrigtingfilosofie vorm.<\/p>\n<p>S\u00fd nuwe begin by die Parkies is beslis een wat fyn dopgehou sal word, maar ook &#8216;n reuse aanwins vir &#8216;n groep met genoeg talent om behoorlike opslae in die <strong>2026<\/strong> seisoen te maak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die 2026 skolerugby seisoen sal steeds vir die Johan du Plessis, beter bekend as &#8220;Duppie&#8221; in die Suid Afrikaanse skolerugby kringe, langs die veld as breier he. Du Plessis sal na bewering by Die Ho\u00ebrskool Menlopark aansluit waar hy as agterlyn afrigter betrokke sal wees.\u00a0Du Plessis se paaie het &#8216;n paar weke gelede met di\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":87840,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-87836","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/87836","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=87836"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/87836\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/87840"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=87836"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=87836"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=87836"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}