{"id":8785,"date":"2019-05-17T06:22:21","date_gmt":"2019-05-17T06:22:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/diamonds-moet-die-week-van-stampkar-na-ferrari-gaan\/"},"modified":"2019-05-17T06:22:21","modified_gmt":"2019-05-17T06:22:21","slug":"diamonds-moet-die-week-van-stampkar-na-ferrari-gaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8785","title":{"rendered":"Diamonds moet di\u00e9 week van stampkar na Ferrari gaan"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8458\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/WesgrowLiga.PNG\" alt=\"WesgrowLiga\" width=\"284\" height=\"357\" \/>Die Ho\u00ebrskool Diamantveld se eerste rugbyspan se kanse om sy titel as kampioen van die Wesgrow-reeks suksesvol te verdedig hang aan \u2018n dun draadjie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd word regstreeks op DigiTV.co.za via Diamantveld TV gebeeldsend.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamonds kom Vrydag om 15:40 op sy tuisveld in Kimberley teen Voortrekker van Bethlehem in sy laaste groepwedstryd van die reeks te staan. Die span van die Diamantstad benodig \u2018n oorwinning van 25 punte en moet ook vyf drie\u00eb in die proses druk om sy titelkanse lewendig te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Spanne in die Wesgrow-reeks verdien \u2018n bonuspunt vir drie drie\u00eb asook \u2018n addisionele bonuspunt indien hulle vyf keer \u2018n draai agter die doellyn gaan maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voortrekker benodig slegs \u2018n enkele punt om sy plek in die halfeindronde te bespreek. Die Trekkers moet dus slegs drie drie\u00eb druk of met minder as sewe punte verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is ook \u2018n klein buitekans dat Jim Fouch\u00e9 vir Diamantveld \u2018n guns kan bewys. JF kom Saterdag teen Goudveld-Ho\u00ebrskool te staan. Gouties benodig slegs \u2018n sege in die wedstryd om van sy plek in die uitspeelrondes seker te maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goudveld het in die eerste wedstryd van die reeks vanjaar op Fichardtpark se McDonalds Sportdag vir Diamantveld met 21-12 geskok. Die Trekkers het op hulle beurt die Gouties naelskraap met 39-38 verslaan. Goudveld het egter \u2018n waardevolle drie bonuspunte in die kragmeting verdien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die ander groep behoort Witteberg van Bethlehem en Noord-Kaap van Kimberley tot die halfeindronde deur ted ring. Die twee spanne moet mekaar egter nog in die reeks ontmoet om te beslis wie bo-aan hul groep sal eindig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamonds se afrigter, Jaco Dames, het die moeilike taak die week gehad om sy span se taktiek van Blou Bul-rugby na die tradisionele Vrystaatse hardlooprugby te verander.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld het verlede week vir Noord-Kaap met 32-14 in hul jaarlikse FNB Classic Clash verras. Die wenspan het slegs drie keer tydens die afskoppe die bal geskop om die balbesit van Northerns se gevaarlikse agterhoede weg te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vrydag sal Diamantveld egter \u2018n baie meer oop wedstrydplan moet implementeer indien hy enige kans wil staan om sy titel suksesvol te verdedig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien die Trekkers daarin slaag om genoeg gehalte balbesit in die hande van sy gevaarlikse vleuel Xavier Adams te sit, behoort die span sy doelwit van drie drie\u00eb te behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweestryd om na uit te sien sal tussen die twee spanne se buitesenters, Cole Arnoldus (Diamantveld) en Frans Postma (Voortrekker) wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Diamantveld:<\/strong> 15 Keanan Beckett, 14 Charl Burger, 13 Cole Arnoldus, 12 Hugh Murray, 11 Danie Botha, 10 Morn\u00e9 Matthewson, 9 Dennie Ludick, 8 Stefan Swart, 7 Ryno van Rensburg, 6 Sello Maketlo, 5 Niel Swartz, 4 Jano Badenhorst, 3 Rudolph Steinmann, 2 Louis Vermeulen, 1 Anrich Rosentrauch. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Jan Potgieter, 17 Janrico Malan, 18 Jayden van Rooyen, 19 Niel Hefer, 20 Hennie Ludick, 21 Shakeel Rosen, 22 Brendon Greyling, 23 Devon Valentine.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Voortrekker:<\/strong> 15 Jan du Toit, 14 Xavier Adams, 13 Frans Postma, 12 Duncan Amsterdam, 11 Peter Mofokeng, 10 Cammy Roux, 9 Robbie Wiggett, 8 Justin Kritzinger, 7 Thabiso Mofokeng, 6 Renier Binneman, 5 Estiaan Louw, 4 Steyl Barnard, 3 Kamshen Moss, 2 WJ Hattingh, 1 Warren Louw. <strong>Plaasvervangers:<\/strong> 16 Bjorn Steinhobel, 17 Daniel Meader, 18 Janco Volschenk, 19 Kobus Wiggett, 20 Willie Oosthuizen, 21 Eddie Jackson, 22 Tshepang Morake, 23 Sakkie Pretorius.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;8536ff68_1558074086263&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Diamantveld se eerste rugbyspan se kanse om sy titel as kampioen van die Wesgrow-reeks suksesvol te verdedig hang aan \u2018n dun draadjie. Die wedstryd word regstreeks op DigiTV.co.za via Diamantveld TV gebeeldsend. Diamonds kom Vrydag om 15:40 op sy tuisveld in Kimberley teen Voortrekker van Bethlehem in sy laaste groepwedstryd van die reeks [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8458,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8785","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8785","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8785"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8785\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8458"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8785"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8785"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8785"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}