{"id":8834,"date":"2019-06-02T10:25:44","date_gmt":"2019-06-02T10:25:44","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/rugby-die-wenner-maar-die-telbord-lees-monument-3-hans-coetzee-1\/"},"modified":"2019-06-02T10:25:44","modified_gmt":"2019-06-02T10:25:44","slug":"rugby-die-wenner-maar-die-telbord-lees-monument-3-hans-coetzee-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8834","title":{"rendered":"Rugby di\u00e9 Wenner, maar die telbord lees: Monument 3, Hans Coetzee 1"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8833\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/NewsGHeikoPohlman.jpg\" alt=\"NewsGHeikoPohlman\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Rugby was Saterdag in Krugersdorp die wenner.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">N\u00e1 15 jaar wat Monument en Noordheuwel mekaar nie in &#8216;n amptelike wedstryd die stryd aanges\u00ea het nie, kan daar na gister geen twyfel bestaan dat rugbyondersteuners van die Wes-Rand uitgehonger vir s\u00f3 kragmeting was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Meer as 5500 mense het opgeruk vir die kragmeting en selfs twee ekstra pawiljoene wat deur Noordheuwel gedurende die week aangeskaf is, was naastenby genoeg om aan almal &#8216;n sitplek te gee nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se Wit Bulle moes veel harder werk vir sy sege van 43-27 as wat die telbord aandui. Die verskil op die dag was sonder twyfel nader as die 16-punt sege aandui.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument se hoofafrigter, <strong>Tjaart van der Walt<\/strong>, sal egter meer as tevrede met sy span se vertoning asook die vyf ligapunte in die sakkie wees.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het teen rustyd &#8216;n voorsprong van 19-10 opgebou, maar het meeste van die balbesit in die eerste helfte geniet. Niemand was beter in die eerste helfte as die Wit Bulle se vaskopstut, <strong>Heiko Pohlmann<\/strong>, nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy is in die tweede helfte ook met &#8216;n tweede drie in die wedstryd beloon na hy die veld vol gespeel het. Buiten Pohlmann het Monnas se binnesenter, <strong>Richard Collins<\/strong>, ook blink vertoon en amper na willekeur bresse in Nories se verdediging geslaan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nories se buitesenter, <strong>Maurice Marks<\/strong>, het binne die eerste minuut na rustyd vir sy tweede drie van die kragmeting oorduik om Monnas se voorsprong na slegs 19-17 te laat krimp. Monnas het egter dadelik terug geslaan met Collins wat vir sy tweede drie oorgegaan het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Marks het Nories se <strong>Juan Nieuwenhuizen<\/strong> (losskakel), <strong>Mpho Makata<\/strong> (heelagter) en <strong>Salmon Vermaak<\/strong> (vaskopstut) ook blink vertonings gelewer. Makata het met sy vinnige voetwerk be\u00efndruk en was ook elke keer gevaarlik wanneer hy aansluiting by sy agterhoede gevind het. Nieuwenhuizen beskik oor &#8216;n geleerde skopskoen en het was met sy taktiese asook stelskopwerk meer as goud werd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het in sy oopkantflank, <strong>Rynard Mouton<\/strong>, &#8216;n baljagter van hoogstaande gehalte. Hy het Nories by die afbreekpunte hoofbrekens besorg en ook heelwat omgekeerde besit hier vir sy span beklink.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Hans Coetzee<\/strong> se brannewyn sou gistermiddag ietwat soeter as die afgelope drie jaar gesmaak het. Coetzee, wat &#8216;n legende van Monnas Rugby is, is die afgelope drie jaar by Noordheuwel betrokke. Coetzee se o.16A-span was die enigste A-span wat daarin kon slaag om sukses gister teen sy eweknie van Monnas (36-21) te behaal.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het sewe spelers in die Goue Leeus se o.16-rugbyspan wat later vanjaar aan die Grant Khomo-week gaan deelneem, terwyl slegs drie spelers van Noordheuwel goed genoeg vir die span geag is. Daar was waarskynlik &#8216;n tikkie hartseer ook in Coetzee se skalkse glimlag versteek, want dit was sy eerste sege ooit oor sy geliefde Monnas.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was nie altyd mooi nie, maar na vier wedstryde beklee <strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> nou die boonste posisie op die Virsekerbeker se Beker-kompetisie se puntelys. Helpies het vir die vierde agtereenvolgende wedstryd daarin geslaag om volpunte te verdien na hy Menlopark met 29-21 die loef afgesteek het.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die klipharde haker, <strong>Tyler Skudder<\/strong>, het voorlangs die Parkies fisiek aangevat en hy het goeie ondersteuning van die kantman Michael Jonker ontvang. Skudder asook die buitesenter, <strong>Melbirt van der Spuy<\/strong>, het twee keer daarin geslaag om die doellyn oor te steek.&nbsp; Dit was &#8216;n klipharde stryd waarin die Menlopark se <strong>Ruan Oosthuizen<\/strong> (binnesenter) en <strong>Jurgen van Zyl<\/strong> (agtsteman) ook goeie spel opgedis het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel <strong>Dr. EG Jansen<\/strong> uiteindelik gemaklik met 50-22 oor Transvalia in Vanderbijlpark gese\u00ebvier het, was dit nie so maklik in die Vaaldriehoek nie. Transvalia het teen die omdraaislag &#8216;n voorsprong van 15-5 geniet en Jansies se afrigters moes eers rustyd hard praat om seker te maak hul span kry die oorhand in die tweede helfte.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Jansies het agt drie\u00eb in die sege ingeryg met <strong>Juandr\u00e9 Odendaal<\/strong> (flank) en <strong>Duane Bloem<\/strong> (buitesenter) wat elk dubbelle driedruk-plesier ervaar het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monument 43 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Richard Collins (2), Heiko Pohlmann (2), Herschelle Goodman, Franco Prinsloo, Corn\u00e9 Pennels. Doelskoppe: Franco Hallett (4). <strong>Noordheuwel 27 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Maurice Marks (2), Salmon Vermaak. Doelskoppe: Juan Nieuwenhuizen (3). Strafdoele: Nieuwenhuizen (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Helpmekaar 29 (21) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tyler Skudder (2), Melbirt van der Spuy (2). Doelskoppe: Tiaan Botes (3). Strafdoel: Botes. <strong>Menlopark 21 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ulrich Wiese, Lohan Potgieter, Ruan Oosthuizen. Doelskoppe: Niel Beukes (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>EG Jansen 50 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Juandr\u00e9 Odendaal (2), Duane Bloem (2), Kyle Potgieter, Xander Schwarzer, Jason Edwards, Giovanni van Eeden. Doelskoppe: Potgieter (5). <strong>Transvalia 22 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Colby Lundie (2), Anrich Botes. Doelskoppe: MC Dippenaar (2). Strafdoel: Dippenaar.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong> o.16:<\/strong> EG Jansen 46, Transvalia 18; Menlopark 52, Helpmekaar 22; Noordheuwel 36, Monument 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Transvalia 29, EG Jansen 21; Menlopark 19, Helpmekaar 17; Monument 14, Noordheuwel 9.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Transvalia 12, EG Jansen 8; Menlopark 20, Helpmekaar 19; Monument 31, Noordheuwel 12.&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;227c969f_1559467142910&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rugby was Saterdag in Krugersdorp die wenner.&nbsp; N\u00e1 15 jaar wat Monument en Noordheuwel mekaar nie in &#8216;n amptelike wedstryd die stryd aanges\u00ea het nie, kan daar na gister geen twyfel bestaan dat rugbyondersteuners van die Wes-Rand uitgehonger vir s\u00f3 kragmeting was.&nbsp; Meer as 5500 mense het opgeruk vir die kragmeting en selfs twee ekstra [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8833,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8834","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8834","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8834"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8834\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}