{"id":8867,"date":"2019-06-14T12:23:58","date_gmt":"2019-06-14T12:23:58","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wie-gaan-die-noorde-se-aanslag-op-die-cravenweek-lui\/"},"modified":"2019-06-14T12:23:58","modified_gmt":"2019-06-14T12:23:58","slug":"wie-gaan-die-noorde-se-aanslag-op-die-cravenweek-lui","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8867","title":{"rendered":"Wie gaan die Noorde se aanslag op die Cravenweek lui?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8866\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/NoordvaalBondedag2019.jpg\" alt=\"NoordvaalBondedag2019\" width=\"269\" height=\"382\" \/>Wie gaan tydens die jaarlikse <strong>Noordvaal Bondedag<\/strong> as die noorde se Groot Hoop vir die 56ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole na vore tree? Die Bondedag word Saterdag op die hoofveld van die Ho\u00ebrskool Bekker net buite Magaliesburg aangebied.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Al die wedstryde word regstreeks op <a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\"><strong>DigiTV.co.za <\/strong><\/a>gebeeldsend.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat behoort die vaandeldraer vir die spanne noord van die Oranjerivier te wees. Die jong <strong>Blikore<\/strong> met die land se voorste skolespan tot dusver in 2019, Grey-kollege, as rugsteun kan vanjaar op sy tuisveld tydens die <strong>Cravenweek<\/strong> die Westelike Provinsie as nie-amptelike kampioen onttroon.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaters se rekord in Bloemfontein tydens die gesogte toernooi is egter nie so goeie leesstof nie.&nbsp; Die span van Bloemfontein kom Saterdag teen die Blou Bulle te staan in wat beloof om die wedstryd van die dag te wees.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues het in sy enigste opwarmingswedstryd die Goue Leeus met 40-30 afgestof. Die Vrystaters het twee oefenwedstryde onder die blad met seges oor die Griffons (45-5) en Griekwas se Akademie-span (52-3).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus kom in die hoofmaal teen die Sharks te staan. Die tuisspan se agtsteman, <strong>Izan Esterhuizen<\/strong>, en die kantman <strong>Zander du Toit<\/strong> behoort voorlangs die Piesangboere besig te hou.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs sal die Rooibontes se kaptein en buitesenter, <strong>Henco van Wyk<\/strong>, en die losskakel, <strong>Declan Raubenheimer<\/strong>, rigting aan die span se aanslag moet gee.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus XV-tal lyk op die oog af na &#8216;n veel sterker span as die Rooibontes se uitsoekspan. Daarom kan die Limpopo Blou Bulle &#8216;n opdraende stryd te wagte wees. Die Leeus XV-tal se vaskopstut, <strong>Heiko Pohlmann<\/strong>, flank <strong>Rynard Mouton<\/strong> en vleuel <strong>Maurice Marks<\/strong> sou baie ander unies se Cravenweek-spanne gehaal het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die vernaamste voorwedstryd pak die Valke en die Pumas mekaar. Dit sal die tweede keer die jaar wees dat hulle mekaar die stryd aans\u00ea. Die Pumas was met 52-40 in die vriendskaplike wedstryd baas.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke se staatmakers behoort die losskakel, <strong>Kyle Potgieter<\/strong>, en die kantman <strong>Juandr\u00e9 Odendaal<\/strong> te wees. Die Pumas se woelige haker, <strong>Chyle van Zyl<\/strong>, sal fyn deur die Valke dopgehou moet word. Die binnesenter, <strong>Christiaan Vlok,<\/strong> is ook een van die voorste driedrukkers in die Virsekerbeker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die bepalings:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>08:30 &#8211; o.16 &#8211;<\/strong> Pumas vs Sharks;&nbsp;<strong>09:35 &#8211; o.16 &#8211;<\/strong> Goue Leeus vs Limpopo Blou Bulle;&nbsp;<strong>10:40 &#8211; o.18 &#8211;<\/strong> Limpopo Blou Bulle vs Goue Leeus XV;<strong>&nbsp;11:50 &#8211; o.18 &#8211;<\/strong> Blou Bulle vs Vrystaat;&nbsp;<strong>13:00 &#8211; o.18 &#8211;<\/strong> Valke vs Pumas;&nbsp;<strong>14:10 &#8211; o.18 &#8211;<\/strong> Goue Leeus vs Sharks.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;4a773712_1560509555241&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie gaan tydens die jaarlikse Noordvaal Bondedag as die noorde se Groot Hoop vir die 56ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole na vore tree? Die Bondedag word Saterdag op die hoofveld van die Ho\u00ebrskool Bekker net buite Magaliesburg aangebied.&nbsp; Al die wedstryde word regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend.&nbsp; Die Vrystaat behoort die vaandeldraer vir die spanne noord van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8866,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8867","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8867","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8867"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8867\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8867"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8867"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8867"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}