{"id":8873,"date":"2019-06-17T09:34:06","date_gmt":"2019-06-17T09:34:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/limpopo-wys-die-goue-leeus-xv-tal-waar-dawid-die-wortels-begrawe-het\/"},"modified":"2019-06-17T09:34:06","modified_gmt":"2019-06-17T09:34:06","slug":"limpopo-wys-die-goue-leeus-xv-tal-waar-dawid-die-wortels-begrawe-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8873","title":{"rendered":"Limpopo wys die Goue Leeus XV-tal waar Dawid die wortels begrawe het"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7734\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/NewsGLimpopo.jpg\" alt=\"NewsGLimpopo\" width=\"400\" height=\"300\" \/>Die Limpopo Blou Bulle kan vanjaar vir &#8216;n paar verrassings op die Cravenweek vir ho\u00ebrskole oplewer. Die gesogte toernooi word van 1 tot 6 Julie deur Grey-kollege in Bloemfontein aangebied.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Limpopo Blou Bulle het tydens die Noordvaal Bondedag by die Ho\u00ebrskool Bekker net buite Magaliesburg met &#8216;n skitterende vertoning vorendag gekom om die Goue Leeus XV-tal met 38-33 die loef af te steek. Die Goue Leeus XV-tal neem ook aan die Cravenweek deel.&nbsp;<\/p>\n<p>Die telling vlei die Leeus so ietwat danksy die feit dat sy plaasvervanger-haker, <strong>Sebastian Motsage<\/strong>, oor die doellyn met speeltyd reeds verstreke gebars het. Sy drie is ook deur die plaasvervanger-heelagter, <strong>Herschelle Goodman<\/strong>, verdoel om meer aansien aan die Rooibontes se vertoning te gee.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit was veral die wenspan se lostrio <strong>JT Cronj\u00e9<\/strong>, <strong>Renzo du Plessis<\/strong> en <strong>JB du Toit<\/strong> wat die Leeus probleme besorg het. Cronj\u00e9 het die bal sterk gedra en sy posisionele spel as agtsteman was ook van hoogstaande gehalte.&nbsp;<\/p>\n<p>Du Toit het die veld vol gespeel en was meeste van die tyd byderhand wanneer een van sy spanmaats ondersteuning nodig gehad het.<\/p>\n<p>Daar is geen twyfel dat Du Plessis &#8216;n loopbaan uit rugby kan maak nie. Vir sy skoolspan sak hy aan die oopkant, maar vir Limpopo het hy gewys dat hy as baldraer altyd &#8216;n manier vind om sy hande in die duikslag los te kry vir &#8216;n moontlike aangee. Wat egter die meeste van sy vertoning teen die Goue Leeus be\u00efndruk het was die aantal duikslae wat hy uitgevoer het.&nbsp;<\/p>\n<p>Die trio is voorlangs goed bygestaan deur die slot <strong>Renier Els<\/strong> wat behoorlik in die los gewoel het. Die vaskopstut, <strong>Henco Swart<\/strong>, verdien ook &#8216;n pluimpie vir sy vertoning in die sege.&nbsp;<\/p>\n<p>Die span vanuit die Verre Noorde het vroeg &#8216;n voorsprong van 19-7 opgebou. Die blondekop heelagter, <strong>Brandon Cronj\u00e9<\/strong>, het vir sy drie soos &#8216;n warm mes deur botter in die middelveld vanuit die laaste vesting gesny. Cronj\u00e9 kan self tevrede met sy vertoning voel, terwyl die losskakel, <strong>Divan van Zyl<\/strong>, ook &#8216;n paar belangrike duikslae uitgevoer het.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Goue Leeus XV-tal het beter vertoon na <strong>Herschelle Goodman<\/strong> vanaf die plaasvervangersbank sy verskyning gemaak het. Goodman het vanuit die laaste vesting elke keer daarin geslaag om spasie op die aanval te vind. Die verloorspan se beste spelers was <strong>Heiko Pohlmann<\/strong> (vaskopstut), <strong>Alex Grov\u00e9<\/strong> (slot) en <strong>Ethan Snyman<\/strong> (flank).&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Limpopo Blou Bulle 38 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: JB du Toit, Renier Els, Eduaniq Harmse, Brandon Cronj\u00e9, Taylor du Plessis, Matomi Manyama. Doelskoppe: Cronj\u00e9 (2), Divan van Zyl (2). <strong>Goue Leeus XV 33 (21) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Alex Grov\u00e9, Melbirt van der Spuy, Heiko Pohlmann, Herschelle Goodman, Sabastian Motsage. Doelskoppe: Sebastine Watney (3), Goodman.&nbsp;<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;ccb9bd91_1560763811574&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Limpopo Blou Bulle kan vanjaar vir &#8216;n paar verrassings op die Cravenweek vir ho\u00ebrskole oplewer. Die gesogte toernooi word van 1 tot 6 Julie deur Grey-kollege in Bloemfontein aangebied.&nbsp; Die Limpopo Blou Bulle het tydens die Noordvaal Bondedag by die Ho\u00ebrskool Bekker net buite Magaliesburg met &#8216;n skitterende vertoning vorendag gekom om die Goue [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7734,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8873","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8873","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8873"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8873\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7734"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}