{"id":8877,"date":"2019-06-18T08:47:29","date_gmt":"2019-06-18T08:47:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/groot-tellings-op-die-eerste-dag-van-die-vkb-week\/"},"modified":"2019-06-18T08:47:29","modified_gmt":"2019-06-18T08:47:29","slug":"groot-tellings-op-die-eerste-dag-van-die-vkb-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8877","title":{"rendered":"Groot tellings op die eerste dag van die VKB-week"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6638\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/VKB.jpg\" alt=\"VKB\" width=\"315\" height=\"212\" \/>Groot tellings was aan die orde van die dag tydens die eerste dag van die tweede VKB-week vir stedelike spanne in Reitz.&nbsp;<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen, die Vrystaat Arende het in die hoofwedstryd van die openingsdag op Piet Geyer-park vir OP Platteland met 26-14 die loef afgesteek. Die Arende moes terugveg in die tweede helfte na OP &#8216;n voorsprong van 14-7 teen lemoentyd geniet het.<\/p>\n<p>Die woelige skrumskakel van die Arende, <strong>Jandr\u00e9 van Zyl<\/strong>, het twee keer OP Platteland se doellyn oorgestreek. Nel is vir sy blink vertoning ook as Speler van die Wedstryd aangewys.&nbsp;<\/p>\n<p>Een van die twee nuwelinge by die toernooi, die Westelike Provinsie se span wat uit spelers vanuit die noordelike voorstede bestaan, het die Limpopo Blou Bulle met 45-33 in &#8216;n opwindende wedstryde verslaan.&nbsp;<\/p>\n<p>Limpopo het teruggeveg in die tweede helfte, maar dit was op die ou einde nie genoeg om die span van die Kaapstad te troef nie. Die WPNS se buitesenter, <strong>Dorian Windvogel<\/strong>, is vir sy skerp breekslae as die Speler van die Wedstryd aangewys.<\/p>\n<p>Die wenspan se heelagter, <strong>Patrick Kotze<\/strong>, en die vleuel <strong>Shirnol Willemse<\/strong> het elk twee keer die doellyn oorgesteek.&nbsp;Kotze het ook vyf van sy span se drie\u00eb verdoel vir &#8216;n persoonlike bydra van 20 punte.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Griffons het oor te veel skietgoed vir die Diggers beskik en met 50-16 as oorwinnaars van die veld gestap. Die Perses se kaptein en agtsteman, <strong>Jubaren Adriaanse<\/strong>, het met sy kraglopies be\u00efndruk en was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. Die kleinste speler op die week, <strong>Aldino Erasmus<\/strong> (vleuel), het twee keer die Diggers se doellyn oorgesteek.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Luiperds was in &#8216;n vernietigende bui en het die Barbarians met 79-7 kaf gedraf. Die wenspan se <strong>Rico Cilliers<\/strong> (slot), <strong>Ulrich Swanepoel<\/strong> (flank) en <strong>Pieter Wagner<\/strong> (linkevleuel) het almal dubbelle driedruk-plesier ervaar en die grootste bydrae tot die Luiperds se 12 drie\u00eb bygedra.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Arende kom Dinsdag teen die WP se Noordelike Voorstede in die hoofwedstryd te staan, terwyl die Luiperds en die Griffons sake teen mekaar sal uitspook. Die Limpopo Blou Bulle pak die OP Platteland, terwyl die Barbarians en die Diggers mekaar die stryd sal aans\u00ea.<\/p>\n<p><strong>&nbsp;Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>WPNS XV 45 (24) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Patrick Kotze (2), Shirnol Willemse (2), JP Luise, Vleis Dippenaar, Dorian Windvogel. Doelskoppe: Kotze (5). <strong>Limpopo Blou Bulle 33 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Renier van der Heever, Renard Cronj\u00e9, Vick Swan, JP van Staden, Tokkie de Beer. Doelskoppe: WC Kriel (4).&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vrystaat Arende 26 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jandr\u00e9 Nel (2), Brandon Adams, Kobus du Plessis. Doelskoppe: Francois Bester (3). <strong>OP Platteland 14 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Quino van Staden, Siyolise Nqini. Doelskoppe: Geor Hoffman (2).<\/p>\n<p><strong>Griffons 50 (26) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Aldino Erasmus (2), Jubaren Adriaanse, Hardy van Graan, Tshepo Moaha, Jean Wilken, Diaan Jordaan. Doelskoppe: Jaco Theron (5). <strong>Diggers 16 (16) &#8211;<\/strong> Drie: Dillon Willemse. Doelskop: Willemse. Strafdoele: Willemse (3).<\/p>\n<p><strong>Luiperds 79 (39) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Rico Cilliers (2), Ulrich Swanepoel (2), Pieter Wagner (2), Christiaan Botha, Marco Olivier, Coenri van Rooyen, Zander Bezuidenhout, Estian van Tonder, Bryan Benette. Doelskoppe: Wiehan Kruger (4), Dian Venter, Van Rooyen. Barbarians 7 (0) &#8211; Drie: Thabo Mazhoa. Doelskop: Mazhoa.<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;a8e8641a_1560843568666&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Groot tellings was aan die orde van die dag tydens die eerste dag van die tweede VKB-week vir stedelike spanne in Reitz.&nbsp; Die verdedigende kampioen, die Vrystaat Arende het in die hoofwedstryd van die openingsdag op Piet Geyer-park vir OP Platteland met 26-14 die loef afgesteek. Die Arende moes terugveg in die tweede helfte na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6638,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8877","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8877","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8877"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8877\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8877"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8877"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8877"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}