{"id":88871,"date":"2026-01-21T11:49:09","date_gmt":"2026-01-21T09:49:09","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=88871"},"modified":"2026-01-21T11:49:09","modified_gmt":"2026-01-21T09:49:09","slug":"virseker-maak-terugkeer-as-titelborg-van-grootste-skolerugby-kompetisie-ter-wereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=88871","title":{"rendered":"Virseker maak terugkeer as titelborg van grootste skolerugby-kompetisie ter w\u00eareld"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-88873\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2026-Logo-400x400.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"400\" \/>Na &#8216;n afwesigheid van drie jaar sal die versekeringsmaatskappy, <strong>Virseker<\/strong>, weer die titelborg van die grootste skolerugby-kompetisie ter w\u00eareld wees.<\/p>\n<p>Die <strong>Noordvaalbeker<\/strong>, wat ook onder die oudste skole-toernooie op die aardb\u00f4l tel, sal voortaan as die <em><strong>Virseker Noordvaal Cup<\/strong><\/em> of Virseker Noordvaalbeker bekend staan. Die toernooi het in 1920 ontstaan en het sedertdien vele baadjies gedra.<\/p>\n<p>Die toernooi het voorheen ook as die <strong>Transvaalbeker<\/strong> (1920-21), AG Robertsonbeker (1922-1933), <strong>Administrateursbeker<\/strong> (1934-1981), Direkteurstrofee (1982-1994), <strong>Beeldtrofee<\/strong> (1994-2015), Virseker-Beeldtrofee (2016), <strong>Virsekerbeker<\/strong> (2017-2021), Noordvaaltrofee (2022) en <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> (2023-25) bekend gestaan.<\/p>\n<p>Virseker was dus voorheen vir ses jaar die titelborg. Die versekeringsmaatskappy se nuwe kontrak met die <strong>Noordvaal Skolerugby-vereniging<\/strong> (NVSRV) sal tot en met die einde van die 2028-seisoen loop.<\/p>\n<p>Die kompetisie het sedert Virseker laas betrokke was reuse tree gegee op kommersi\u00eble gebied. Die bemarkingsmaatskappy, <strong>Provantage<\/strong>, sien na die kompetisie se kommersi\u00eble regte om.<\/p>\n<p>Boonop met die ontstaan van <strong>SuperSport Schools<\/strong> in 2021 het die skolerugbylandskap reuse tree vorentoe gegee wat behels die sigbaarheid asook die bemarkingsgeleenthede wat beskikbaar is. Dit het ook aan die spelers &#8216;n platform gegee om hul talente op die rugbyveld aan &#8216;n wyer gehoor ten toon te stel.<\/p>\n<p>Daar sal vanjaar weer regstreekse dekking van die toernooi op SuperSport Schools se toepassings aan meeste van die wedstryde gegee word, terwyl daar ook elke Saterdag tydens di\u00e9 toernooi &#8216;n wedstryd op <strong>DStv Kanaal 216<\/strong> uitgesaai sal word.<\/p>\n<p>Die <strong>Virseker Noordvaalbeker<\/strong> word oor vyf groepe beslis met die <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> van Pretoria wat die afgelope drie jaar as kampioen van die <strong>Beker-afdeling<\/strong> gekroon is. Meer as 200 skole neem jaarliks aan di\u00e9 kompetisie deel.<\/p>\n<p>Die ander verdedigende kampioene in Groep 1 is <strong>HTS Middelburg<\/strong> (Plaat-afdeling), <strong>Montana<\/strong> (Skild-afdeling) en <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> (Bowl-afdeling). Vanjaar se eindstryde van die vier afdelings sal op 22 Augustus plaasvind.<\/p>\n<p>Die NVSRV het ook reeds &#8216;n vergrootte Bowl-afdeling vir 2026 aangekondig.<\/p>\n<p>Di\u00e9 afdeling sal vanjaar in twee groepe, die <strong>Oostelike<\/strong> en die <strong>Westelike<\/strong> been, verdeel word. Elke been sal uit ses spanne bestaan wat mekaar die stryd aans\u00ea. Die top-twee spanne van elke been sal mekaar, oorkruis, in die halfeindronde pak, waarna &#8216;n algehele wenner in die eindstryd gekroon sal word.<\/p>\n<p>Dit bied ook die geleentheid aan drie nuwelinge, vanuit Afdeling 2, om hul strukture op &#8216;n ho\u00ebr vlak te toets. <strong>Ho\u00ebrskool Brandwag<\/strong> van Benoni is, saam met <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Hugenote<\/strong> van Springs, die nuwe gesigte in die Oostelike been. Die Anker en Hugenote is albei aan die einde van vanjaar se seisoen na die Bowl gerelegeer.<\/p>\n<p>In die Westelike been, is <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> en &#8216;n gevaarlike <strong>Midstream College<\/strong> die nuwelinge in &#8216;n uiters mededingende groep. Die kampioen van vanjaar se reeks, <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong>, asook die naaswenner, <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong>, is ook albei hier in aksie.<\/p>\n<p>In Groep 2 het <strong>Midstream College<\/strong> die kroon gedra, maar sal vanjaar in die vergrootte Bowl-afdeling van Groep 1 in aksie wees. In Groep 3 was <strong>Ho\u00ebrskool Vryburg<\/strong> die kampioen, terwyl <strong>Carletonville<\/strong> met die Groep 4-titel weggestap het.<\/p>\n<p>In Groep 5 se twee afdelings het die <strong>Ho\u00ebrskool Vryburger<\/strong> en <strong>Jabulani Secondary<\/strong> onderskeidelik die trofee omhoog gehou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na &#8216;n afwesigheid van drie jaar sal die versekeringsmaatskappy, Virseker, weer die titelborg van die grootste skolerugby-kompetisie ter w\u00eareld wees. Die Noordvaalbeker, wat ook onder die oudste skole-toernooie op die aardb\u00f4l tel, sal voortaan as die Virseker Noordvaal Cup of Virseker Noordvaalbeker bekend staan. Die toernooi het in 1920 ontstaan en het sedertdien vele baadjies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":88873,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-88871","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/88871","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=88871"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/88871\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/88873"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=88871"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=88871"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=88871"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}