{"id":89037,"date":"2026-01-22T15:38:40","date_gmt":"2026-01-22T13:38:40","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=89037"},"modified":"2026-01-22T15:38:40","modified_gmt":"2026-01-22T13:38:40","slug":"atletiekseisoen-skop-af-met-dreyer-campbell-en-abrie-van-staden-byeenkomste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=89037","title":{"rendered":"Atletiekseisoen skop af met Dreyer Campbell en Abrie van Staden-byeenkomste"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-89082\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Garsfontein-Atletiek-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Die atletiekseisoen skop in alle erns hierdie Vrydag in die Jakarandastad af met die jaarlikse <strong>Dreyer Campbell-byeenkoms<\/strong> asook die <strong>Abrie van Staden Prestige-byeekoms<\/strong> wat onderskeidelik deur die Ho\u00ebrskool Waterkloof en Ho\u00ebrskool Garsfontein aangebied word.<\/p>\n<p>Vanjaar sal die 19de keer wees dat Klofies hul byeenkoms aanbied. Die byeenkoms dra sedert 2019 die naam van Dreyer Campbell wat die skool se atletiekdirekteur was.<\/p>\n<p>Campbell het diep spore in atletiekkringe met veral sy spiesgooi-afrigting getrap. Hy is in 2018 oorlede waarna die byeenkoms na hom vernoem is. Hy het in sy loopbaan as afrigter 15 nasionale en twee w\u00eareldkampioene afgerig.<\/p>\n<p>Campbell was ook lid van die Ho\u00ebrskool Garsfontein se personeel toe die skool in 1988 ontstaan het. Hy het hier ook met sy atletiekkundigheid diep spore getrap.<\/p>\n<p>Vanjaar sal <strong>Eldoraigne<\/strong>, Monument, <strong>Ho\u00ebrskool Randburg<\/strong> en die Ho\u00ebrskool Rustenburg saam met die gasheer op di\u00e9 uitnodigingsbyeenkoms in aksie wees.<\/p>\n<p>Die byeenkoms begin om 13:30.<\/p>\n<p>Die Garsies se byeenkoms is ook na &#8216;n voormalige hoof van atletiek, Abrie van Staden, genoem. Van Staden is in 1998 skielik na &#8216;n oefensessie oorlede.<\/p>\n<p>Die Abrie van Staden Prestige-byeenkoms is die eerste keer in 1999 aangebied en word vanjaar vir die 27ste keer gehou. Di\u00e9 byeenkoms is vanjaar weer &#8216;n volwaardige Prestige-byeenkoms deur dat dit weer op &#8216;n tartanbaan sal plaasvind. Die byeenkoms is van 2022 tot en met verlede jaar op Bere-park aangebied.<\/p>\n<p>Hierdie Vrydag se byeenkoms sal vanjaar op die Tuks-stadion aangebied word. Die Garsies spog ook met &#8216;n nuwe atletiekdirekteur in <strong>Tobie Holtzhausen<\/strong>, wat ook &#8216;n bekende in spiesgooikringe is.<\/p>\n<p>Die skole wat vanjaar aan die byeenkoms deur Garsies sal deelneem is, <strong>Hans Strijdom<\/strong> van Mookgophong, <strong>Northcliff<\/strong>, Wesvalia, Curro Hazeldean en <strong>Tuks Sportskool<\/strong>. Die naellopers van Curro Hazeldean sal waarskynlik vir &#8216;n hele paar hoogtepunte op vanjaar se byeenkoms sorg.<\/p>\n<p>Die byeenkoms begin om 12:00.<\/p>\n<p>Volg die aksie regstreeks op <a href=\"https:\/\/bit.ly\/AbrieVanStaden2026\"><strong>SuperSport Schools<\/strong><\/a> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/AbrieVanStaden2026\">www.supersportschools.com<\/a>).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die atletiekseisoen skop in alle erns hierdie Vrydag in die Jakarandastad af met die jaarlikse Dreyer Campbell-byeenkoms asook die Abrie van Staden Prestige-byeekoms wat onderskeidelik deur die Ho\u00ebrskool Waterkloof en Ho\u00ebrskool Garsfontein aangebied word. Vanjaar sal die 19de keer wees dat Klofies hul byeenkoms aanbied. Die byeenkoms dra sedert 2019 die naam van Dreyer Campbell [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":89082,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-89037","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/89037","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=89037"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/89037\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/89082"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=89037"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=89037"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=89037"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}