{"id":8918,"date":"2019-06-30T08:57:24","date_gmt":"2019-06-30T08:57:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kontrakte-skaarser-as-sa-skole-plekke-op-vanjaar-se-cravenweek\/"},"modified":"2019-06-30T08:57:24","modified_gmt":"2019-06-30T08:57:24","slug":"kontrakte-skaarser-as-sa-skole-plekke-op-vanjaar-se-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8918","title":{"rendered":"Kontrakte skaarser as SA Skole-plekke op vanjaar se Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8917\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/NewsGKontrakte.jpg\" alt=\"NewsGKontrakte\" width=\"360\" height=\"238\" \/>&#8216;n Plek in die Suid-Afrikaanse Skole-span sal jou nie eers vanjaar van &#8216;n kontrak by &#8216;n unie verseker nie. Daar is dus op vanjaar se 56ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Bloemfontein minder om voor te speel, maar heelwat meer op die spel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vanwe\u00eb die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se nuwe kontraktering-stelsel wat die gordel stywer trek sal daar slegs ongeveer 25 kontrakte in totaal vir vanjaar se skoolverlaters beskikbaar wees. Voorheen het ongeveer 110 spelers jaarliks kontrakte ontvang om hulle loopbane by die vyf voorste unies na skool voort te sit.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Daar word vanjaar twee SA Skole-spanne van 28 spelers elk gekies wat later vanjaar in &#8216;n internasionale reeks teen Engeland, Frankryk, Wallis en Argentini\u00eb in aksie sal wees.<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle wat jaarliks die meeste spelers op juniorvlak gekontrakteer het, sal vanjaar slegs vyf kontrakte uitdeel. Die Ligbloues het reeds kontrakte gelsuit met Paarl Gimnasium se vleuel <strong>Stravino Jacobs<\/strong> en die vaskopstut <strong>Ethan Theart<\/strong> vanuit Namibi\u00eb. Nie een van die twee sal op vanjaar se Cravenweek in aksie wees nie. Jacobs is reeds o.19.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle het ook vir die eerste keer in jare nie een van die losies rondom die veld geneem nie. Na verneem beloop die koste vir s\u00f3 stalletjie gedurende die week by Grey-kollege &#8216;n stewige R45 000. &#8220;Ons gaan meer selektief met ons werwing gepaard en sal met die pyplyn na die Bulle in die oog kontrakte aan juniors aanbied. Ons sal ook probeer om meer plaaslike spelers te behou,&#8221; het <strong>Werner de Beer<\/strong>, ho\u00eb-prestasiebestuurder van die Blou Bulle, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus sal met tien kontrakte die meeste aanbiedings vanjaar maak. Die Sharks gaan ses junior spelers kontrakteer waarvan <strong>Kian Meadon<\/strong> (Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, losskakel), <strong>Ockie Barnard<\/strong> (Westville Boys&#8217; High, slot), <strong>Jacques Goosen<\/strong> (Selborne College, haker), <strong>Jarrod Taylor<\/strong> (Selborne College, flank) en <strong>Blaine Golden<\/strong> (Glenwood, vaskopstut) reeds bevestig het dat hulle volgende jaar hul loopbane in Durban sal voortsit.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goosen en Taylor het reeds verlede jaar die SA Skole-span verteenwoordig. Die Westelike Provinsie be-oog ook om vyf juniors te kontrakteer, maar hoe die unie se huidige geldsituasie &#8216;n impak daarop sal h\u00ea moet nog bepaal word. Die Streeptruie het wel reeds Paarl Gimnasium se skrumskakel, <strong>Bobby Alexander<\/strong>, &#8216;n kontrak aangebied.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 kontrakte beteken dat die spelers salarisse ontvang en verskeie voordele soos akkomodasie en gimnasium-ledegeld deel van die pakket uitmaak. Dit sluit nie studiebeurse in nie. Na wat verneem word het die universiteite ook hulle gordels stywer vasgemaak en kan daar ook verwag word dat minder spelers beurse aangebied sal word.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium se <strong>Kade Wolhuter<\/strong> (losskakel) en <strong>Robbie Rodgers<\/strong> (voorryman) het reeds kontrakte met die Franse-klubspan Montpellier vir drie jaar na skool gesluit. Wolhuter sal &#8216;n sterk aanspraakmaker op &#8216;n plek in die SA Skole-span wees, terwyl Rodgers ongelukkig die Cravenweek weens &#8216;n skouerbesering sal misloop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan verwag word dat daar vanjaar heelwat meer oorsese belangstelling en tjekboeke wat in Euros, Jen en Amerikaanse Dollar praat al hoe meer van die praatwerk sal begin doen.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die bepalings:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Maandag, 1 Julie: 10:40 &#8211;<\/strong> Valke vs Luiperds <strong>12:10 &#8211;<\/strong> Pumas vs Suidwestelike Distrikte; <strong>13:40 &#8211;<\/strong> Westelike Provinsie vs Boland; <strong>15:40 &#8211;<\/strong> Vrystaat vs Sharks.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dinsdag, 2 Julie: 09:30 &#8211;<\/strong> Griekwaland-Wes vs Limpopo Blou Bulle; <strong>11:00 &#8211;<\/strong> Blou Bulle XV vs Goue Leeus XV; <strong>12:30 &#8211;<\/strong> Oostelike Provinsie vs Griffons; <strong>14:00 &#8211;<\/strong> Blou Bulle vs Grens; <strong>15:30 &#8211;<\/strong> Goue Leeus vs Westelike Provinsie XV<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;d504753a_1561882224494&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Plek in die Suid-Afrikaanse Skole-span sal jou nie eers vanjaar van &#8216;n kontrak by &#8216;n unie verseker nie. Daar is dus op vanjaar se 56ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Bloemfontein minder om voor te speel, maar heelwat meer op die spel.&nbsp; Vanwe\u00eb die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se nuwe kontraktering-stelsel wat die gordel stywer trek sal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8917,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8918","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8918","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8918"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8918\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8918"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8918"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8918"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}