{"id":8921,"date":"2019-06-30T09:31:53","date_gmt":"2019-06-30T09:31:53","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hier-is-die-bestes-op-skoolvlak-wat-op-cravenweek-in-aksie-sal-wees-nie\/"},"modified":"2019-06-30T09:31:53","modified_gmt":"2019-06-30T09:31:53","slug":"hier-is-die-bestes-op-skoolvlak-wat-op-cravenweek-in-aksie-sal-wees-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8921","title":{"rendered":"Hier is die &#8220;bestes&#8221; op skoolvlak wat nie op Cravenweek in aksie sal wees nie"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-8919\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Ad_Spesres.png\" alt=\"Ad Spesres\" width=\"728\" height=\"90\" \/><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8920\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/NewsGStravinoJacobs1.jpg\" alt=\"NewsGStravinoJacobs1\" width=\"244\" height=\"309\" \/>Elke jaar is daar &#8216;n paar spelers wat ongelukkig is om nie aan die Cravenweek vir ho\u00ebrskole deel te neem. Daar is ook &#8216;n paar skolespelers wat hul 19de verjaarsdag in die jaar vier en dus nie vir die gesogte toernooi deur hul onderskeie unies oorweeg kan word nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>School of Rugby<\/strong> het gaan kyk watter vyf skolespelers ons glo die beste spelers op eerstespanvlak in Suid-Afrika is wat nie vanjaar op Grey-kollege in Bloemfontein aan die Cravenweek deelneem nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Marcell Muller (Grey-kollege)&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die beste beskrywing van Muller is dat hy die naaste aan &#8216;n makrovleuel is, wat vanjaar op skolevlak in Suid-Afrika in aksie is. Muller laat die skaal op &#8216;n stewige 100kg kreun en met sy vaart skort daar niks nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Muller is tot dusver met groot sukses deur Grey-kollege vanaf die plaasvervangersbank ingespan. Hy was feitlik elke keer wat hy losgelaat is in die laaste 20 minute van &#8216;n wedstryd met sy krag en vaart een te veel vir die span van Bloemfontein se teenstanders. Muller het al 12 drie\u00eb vir die trots van die Rosestad gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Muller is tans saam met Grey-kollege se sewespan in Amerika waar hulle aan die W\u00e9reld Jeug-toernooi in California deelneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Stravino Jacobs (Paarl Gimnasium)&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Niemand het al meer drie\u00eb vir Paarl Gimnasium se eerste span as die blitsige linkervleuel, Stravino Jacobs, gedruk nie. As jy in gedagte hou dat spelers soos Jean de Villiers, Marius Joubert en Pieter Rossouw almal oud-leerlinge van Gimmies is, dan getuig dit boekdele van die vermo\u00eb waaroor Jacobs beskik.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is Jacobs se derde jaar in Paarl Gimnasium se eerstespan en hy het reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole verteenwoordig. Jacobs het al 32 keer die doellyn vir sy skoolspan oorgesteek. Waarvan 17 van die drie\u00eb vanjaar was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jacobs is vanjaar o.19 en kan dus nie aan die Cravenweek (o.18) deelneem nie. Hy het reeds &#8216;n kontrak met die Blou Bulle gesluit om sy loopbaan volgende jaar in Pretoria voort te sit.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Tiaan Pretorius (Paul Roos Gimnasium)&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretorius kon weens harsingskudding nie aan die Westelike Provinsie se proewes deelneem nie en moes ongelukkig Jan Tuisbly se karretjie ry. Hy het reeds verlede jaar die Streeptruie gehelp om as nie-amptelike kampioen van die Cravenweek gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretorius, wat ewe gemaklik in die middelveld as op vleuel is, was die afgelope twee jaar &#8216;n lid van die Suid-Afrikaanse o.18 sewespan wat as kampioen van die Capricorn-toernooi in Namibi\u00eb gekroon is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was een van die sleutelspelers vir die span van Stellenbosch in hul opmars na die titel as kampioen van die Sanix-toernooi in Japan. Boonop loop die rugbybloed sterk deur sy are. Sy pa, <strong>Torros Pretorius<\/strong>, het op sy dag op agtsteman vir die Suidoos-Transvaal en die Cats uitgedraf. Sy neef is die Blitsbok en Leeus se kaptein, <strong>Kwagga Smith<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Nivan Petersen (Stellenberg)<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was vanjaar duidelik dat Stellenberg nie vanjaar dieselfde span was sonder Petersen as wanneer hy op sy plek as generaal van die #JadeBrigade was nie. Petersen het verlede jaar vir Westelike Provinsie se XV-tal op die Cravenweek in die Paarl uitgedraf en dit was slegs die SA Skole-losskakel, Juan Mostert, wat hom uit die Streeptruie se uitsoekspan gehou het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Petersen het tot dusver die afgelope drie jaar al 338 punte vir sy skoolspan opgestapel. Hy het vanjaar nog net 81 punte aangeteken omdat hy &#8216;n paar wedstryde weens &#8216;n enkelbesering langs die kantlyn moes sit. Hy het verlede jaar &#8216;n allemintige 170 deur die seisoen aangeteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Petersen mis die Cravenweek omdat hy reeds o.19 vanjaar is. Hy behoort later vanjaar die Westelike Provinsie se o.19-span tydens SA Rugby se week te verteenwoordig. Hy beskik oor &#8216;n gele\u00ebrde skopskoen en kan net so gemaklik in die laaste vesting inskuif.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Reagan van der Westhuizen (Paul Roos Gimnasium)&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Westhuizen is nes Pretorius ewe gemaklik in die middelveld as op vleuel en loop die Cravenweek mis oor hy reeds vanjaar o.19 is. Hy was boonop ook nog nie vanjaar vir sy skoolspan in aksie nie, na hy vroeg &#8216;n kruisligament in sy knie geskeer het. Van der Westhuizen het egter genoeg van sy talent verlede jaar ten toon gestel om te wys dat hy &#8216;n speler met hope potensiaal is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Westhuizen hardloop sterk en dit vat gewoonlik meer as een verdediger om hom plat te trek.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;2e11fac2_1562054842663&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke jaar is daar &#8216;n paar spelers wat ongelukkig is om nie aan die Cravenweek vir ho\u00ebrskole deel te neem. Daar is ook &#8216;n paar skolespelers wat hul 19de verjaarsdag in die jaar vier en dus nie vir die gesogte toernooi deur hul onderskeie unies oorweeg kan word nie.&nbsp; School of Rugby het gaan kyk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8919,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8921","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8921"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8921\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}