{"id":8951,"date":"2019-07-06T05:28:15","date_gmt":"2019-07-06T05:28:15","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wie-gaan-nie-amptelike-kroon-van-die-cravenweek-in-2019-dra\/"},"modified":"2019-07-06T05:28:15","modified_gmt":"2019-07-06T05:28:15","slug":"wie-gaan-nie-amptelike-kroon-van-die-cravenweek-in-2019-dra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8951","title":{"rendered":"Wie gaan nie-amptelike kroon van die Cravenweek in 2019 dra?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-8919\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Ad_Spesres.png\" alt=\"Ad Spesres\" width=\"728\" height=\"90\" \/><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8950\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/NewsGJurichClaassens.jpg\" alt=\"NewsGJurichClaassens\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Skolerugby-ondersteuners kan hulle lippe aflek vir &#8216;n opwindende hoofwedstryd van die 56ste Cravenweek&nbsp; vir ho\u00ebrskole op Grey-kollege se hoofveld in Bloemfontein vol intrige en tweestryde vir die fynproewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Westelike Provinsie sal ongetwyfeld as die gunsteling op die veld draf teen die Blou Bulle.&nbsp;Dit is egter \u2018n \u201ceindstryd\u201d en dis Noord teen Suid \u2013 so maklik gaan dit nie vir enige van die twee spanne wees om die kroon as nie-amptelike kampioen te dra nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie het die Sharks verlede jaar met 47-8 in die hoofwedstryd verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">WP se afrigtingspan sal graag wil sien dat hul span \u2018n stewige voorsprong in die eerste helfte van die wedstryd opbou. Die span oor \u2018n aantal gevaarlike snellers in <strong>Angelo Osch<\/strong> en <strong>Curwin Gertse<\/strong> op die vleuels wat indien hulle genoeg balbesit in spasie kry die Ligbloues se verdediging behoorlik kan laat bontstaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie se sleutelspeler in die hoofwedstryd sal egter sy losskakel, <strong>Kade Wolhuter<\/strong>, wees. Wolhuter het reeds genoeg tydens die week gedoen om vir hom \u2018n plek in die Suid-Afrikaanse Skole-span te verseker. Sy besluitneming agterlangs asook verspreiding kan die verskil tussen wen of verloor wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die een ding van die Blou Bulle waarvan die WP seker sal wees, is dat hulle oor \u2018n sterk eindpoging beskik. Die Ligbloues het tydens die Noordvaal Bondedag \u2018n agterstand van 14-26 teen die Vrystaat uitgewis om uiteindelik met 40-38 as oorwinnaars van die veld te stap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tydens die Cravenweek het die Ligbloues ook teen lemoentyd teen die Grens (10-17) en die Westelike Provinsie XV-tal (10-29) \u2018n agterstand in die tweede helfte uitgewis om onderskeidelik met 35-24 en 36-34 te se\u00ebvier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die WP kan heelwat minder beweegruimte in die middelveld verwag met die Bulle se senterpaar, <strong>AJ Johnson<\/strong> (92kg) en <strong>Zeilinga Strydom<\/strong> (94kg), wat tot dusver nie veel gapings oopgelos het nie. Moet ook nie vergeet van die Ligbloues se skrumskakel,<strong> Jurich Claasens<\/strong>, nie. Hy is &#8216;n speler vir die groot oomblik en sy tweestryd met <strong>Bobby Alexander<\/strong> kan bepaal wie die meeste speeltyd in die Nr.9-trui vir die SA Skole-span sal kry.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweestryd van die dag sal tussen die twee toekantflanke, <strong>Pierich Siebert<\/strong> (WP) en<strong> Simon Miller<\/strong> (Blou Bulle), wees. Albei is sterk aanspraakmakers vir \u2018n plek in die nasionale skolespan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is die Blou Bulle se eerste verskyning in die hoofwedstryd van die gesogte toernooi sedert 2012. Die Ligbloues het destyds in die gietende re\u00ebn in Port Elizabeth die Goue Leeus met 46-0 in die hoofwedstryd verslaan om as nie-amptelike kampioen gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2012 het die eer om die hoofwedstryd te blaas vir die eerste keer ooit in die hande van \u2018n Vrystater Jaco Kotze behoort. Nog \u2018n Vrystater Griffon Colby sal Saterdag die hoofwedstryd hanteer. Colby is slegs die tweede Vrystater wat hierdie eer te beurt val.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n Slegte voorbode vir die Westelike Provinsie is die feit dat die Ligbloues nog net een keer die knie in \u2018n hoofwedstryd gebuig het. Dit was in 2001 teen die Suidwestelke Distrikte (20-26).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle (voorheen Noord Transvaal) was sedert 1964 nog net nege keer in die hoofwedstryd betrokke waarvan die unie agt keer as nie-amptelike kampioen gekroon is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gepraat van SWD \u2013 die span staan vandag die kans om die toernooi onoorwonne af te sluit. In die dae van Danie Craven sou dit sonder twyfel op die tafel gewees het dat die Volstruisboere en die Griffons mekaar in die hoofwedstryd sou pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maar ons is in 2019 en SWD sal om 12:30 teen die Westelike Provinsie se XV-tal te staan kom. Die Griffons is \u2018n groter onreg aangedoen dat hulle die gevriesde dou om 08:00 teen die Sharks van Grey se hoofveld moet afspeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses spog ook met \u2018n onoorwonne status. Die Perses en Volstruisboere het sonder twyfel van die mees opwindende rugby tydens die Cravenweek opgedis. Dit terwyl \u2018n span soos die Goue Leeus nog nie \u2018n wedstryd kon wen nie daarna teen die gasheer, die Vrystaat, op die hoofveld sake sal uitspook.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die bepalings is:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>A-veld &#8211; 08:00:<\/strong> Griffons vs Sharks; <strong>09:30:<\/strong> Goue Leeus vs Vrystaat; <strong>11:00:<\/strong> Grens vs Boland; <strong>12:30:<\/strong> Suidwestelike Distrikte vs Westelike Provinsie XV; <strong>14:00:<\/strong> Westelike Provinsie vs Blou Bulle .<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>B-veld &#8211; 08:00:<\/strong> Griekwas vs Goue Leeus XV; <strong>09:30:<\/strong> Limpopo Blou Bulle vs Luiperds; <strong>11:00:<\/strong> Valke vs Blou Bulle XV; <strong>12:30:<\/strong> Oostelike Provinsie vs Pumas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;8a907d79_1562390325387&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skolerugby-ondersteuners kan hulle lippe aflek vir &#8216;n opwindende hoofwedstryd van die 56ste Cravenweek&nbsp; vir ho\u00ebrskole op Grey-kollege se hoofveld in Bloemfontein vol intrige en tweestryde vir die fynproewer. Die Westelike Provinsie sal ongetwyfeld as die gunsteling op die veld draf teen die Blou Bulle.&nbsp;Dit is egter \u2018n \u201ceindstryd\u201d en dis Noord teen Suid \u2013 so [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8919,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8951","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8951","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8951"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8951\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8951"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8951"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8951"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}