{"id":8985,"date":"2019-07-22T09:51:56","date_gmt":"2019-07-22T09:51:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/trekkers-wurg-noord-kaap-tot-40-29-sege-in-wesgrow-eindstryd\/"},"modified":"2019-07-22T09:51:56","modified_gmt":"2019-07-22T09:51:56","slug":"trekkers-wurg-noord-kaap-tot-40-29-sege-in-wesgrow-eindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8985","title":{"rendered":"Trekkers wurg Noord-Kaap tot 40-29 sege in Wesgrow-eindstryd"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8984\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/NewsGVoortrekkerFinal.jpg\" alt=\"NewsGVoortrekkerFinal\" width=\"438\" height=\"291\" \/>Voortrekker van Bethlehem se eerstespan het Saterdag op Shimla-park in Bloemfontein sy grootste titel in die skool se geskiedenis verower.<\/p>\n<p>Die Trekkers het Noord-Kaap van Kimberley in die eindstryd van die <strong>Wesgrow-reeks<\/strong> met 40-29 die loef afgesteek. Dit was die span van Bethlehem se eerste streekstitel in die skool se geskiedenis wat hy met hierdie oorwinning ingepalm het.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit was ook die eerste keer ooit wat die Trekkers in &#8216;n eindstryd van &#8216;n streekkompetisie in aksie was. Die skool se eerstespan van Bethlehem kon nog nooit tot die eindstryd van die Vrystaatse Administrateursbeker of die Kovsiestreekkompetisie deurdring nie.<\/p>\n<p>Noord-Kaap het teen die omdraaislag &#8216;n voorsprong van 17-14 geniet, maar die Trekkers se taktiek om Northerns van soveel as moontlik balbesit te weerhou het die span van die Diamantstad al hoe meer in &#8216;n wurggreep geplaas.&nbsp;<\/p>\n<p>Noord-Kaap se agterste driehoek met die heelagter, <strong>Elzandro Fredericks<\/strong>, en die vleuel&nbsp;<strong>Jacquin van Wyk<\/strong>&nbsp;aan die spits tel onder die gevaarlikste aanvallende kombinasies in Suid-Afrika op skolevlak. Elke keer wat een van die twee manne die bal in die hand kry is daar perre.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Trekkers se afrigter <strong>Christiaan Gouws<\/strong> het erken dat hoewel dit nie die opwindendste spelpatroon was nie, hy inspirasie uit die Ho\u00ebrskool Outeniqua (50-7) en Diamantveld (32-14) se seges vroe\u00ebr vanjaar oor Noord-Kaap geput het.<\/p>\n<p>Die Trekkers het die bal voorlangs gehou en die slot <strong>Steyl Barnard<\/strong> asook die twee stutte, <strong>Warren Louw<\/strong> en <strong>Kamshen Moss<\/strong>, het reuse werk vir die kampioen voorlangs verrig om die die bal van Northerns af weg te hou. Die hele agttal van Voortrekker verdien &#8216;n klop op die skouer hoe hulle die pap voorlangs dik aangemaak het.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Agterlangs het die losskakel, <strong>Cammi Roux<\/strong>, met sy taktiese besluitneming en gele\u00ebrde skopskoen gesorg dat sy span se agttal vorentoe gespeel het. Noord-Kaap het feitlik elke keer &#8216;n draai agter die doellyn gemaak wanneer hy twee fases aanmekaar kon slaan. Die span se slot Franco Stassen het voorlangs hard gewerk.&nbsp;<\/p>\n<p>Northerns se groot staatmakers op die dag was egter sy senterpaar, <strong>JJ Molete<\/strong> en <strong>Keanu Windvogel<\/strong>. Veral Windvogel het op die aanval sowel as verdediging vir Voortrekker probleme besorg. Molete het op die aanval &#8216;n hele paar keer gate in die Trekkers se verdediging geslaan.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Voortrekker se enigste nederlaag in vanjaar se Wesgrow-reeks was teen Diamantveld (36-53) in Kimberley. Die Riemlanders het egter ook in die nederlaag danksy sy bonuspunt aan drie\u00eb sy plek in die uitspeelrondes bespreek en daarmee die verdedigende kampioen, Diamantveld, uitgeskakel. Diamantveld het verlede jaar vir Goudveld-Ho\u00ebrskool met 29-16 in die eindstryd verslaan om as die eerste kampioen van die reeks gekroon te word.&nbsp;<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Sentraal<\/strong> het <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong> in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde posisie met 34-24 getroef. Die Tralies het teen lemoentyd &#8216;n voorsprong van 17-10 geniet.<\/p>\n<p>Die Bloktruie se losskakel, <strong>Francois van Rooyen<\/strong>, het weer gewys dat sy skopskoen een van sy span se gevaarlikste wapens is. Van Rooyen het al vier sy span se drie\u00eb verdoel en ook met &#8216;n strafdoel en skepdoel pale toe geslaag. Hy het goeie ondersteuning agterlangs van <strong>Ntsebe Leschesa<\/strong> (linkervleuel) en sy skakelmaat, <strong>Kobus du Plessis<\/strong>, ontvang.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Voorlangs het Sentraal se agtsteman, <strong>Janko Kachelhoffer<\/strong>, soos gewoontlik met sy stormlopies ver ente veld gewen. Die haker, <strong>Johan Bothma<\/strong>, was ook woelig in die los.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit was nou wel die uitspeelwedstryd om die vyfde en sesde posisie, maar&nbsp;<strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong> se sege van 32-19 oor Diamantveld was sy beste vertoning van die seisoen. Die Groen Masjien het teen die omdraaislag reeds &#8216;n gemaklike voorsprong van 24-0 opgebou.&nbsp;<\/p>\n<p>Diamonds sal glad nie gelukkig met die vertoning wees nie. Die verdedigende kampioen van die reeks was voor di\u00e9 nederlaag slegs een wedstryd in vanjaar se reeks nog net een keer aan die verloorkant. Dit was in sy openingswedstryd van die seisoen asook die reeks tydens die Fichardtpark Sportdag teen Goudveld (12-21).&nbsp;<\/p>\n<p>Vir JF het sy puik senter <strong>Zachery Bester<\/strong> en die linkervleuel, <strong>Behan Vermaak<\/strong>, agterlangs blink vertonings opgedis. Vermaak het twee keer Diamantveld se doellyn oorgesteek. Voorlangs het die slot <strong>Wessel Muller<\/strong> en loskopstut en kaptein,&nbsp;<strong>Mamello Moshoaliba<\/strong>, uitmuntend vertoon.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark<\/strong> het sy seisoen op &#8216;n hoogtepunt afgesluit deur Witteberg van Bethlehem met 49-15 kaf te draf. Die Fichies het vroe\u00ebr in die reeks geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit vir Noord-Kaap (15-10) te klop.&nbsp;<\/p>\n<p>Fichies se flank <strong>Jeff Parota<\/strong> en die buitesenter, <strong>Reagan Maartens<\/strong>, het uitstekende vertonings gelewer om Witteberg tot oorgawe te help dwing.&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>FOTO: Willie Kruger&nbsp;<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Voortrekker 40 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Bjorn Steinhobel (2), Kamshen Moss, Peter Motlaung, Warren Louw, Steyl Barnard. Doelskoppe: Cammi Roux (5). <strong>Noord-Kaap 29 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Keanu Windvogel, Elzandro Fredericks, Jacquin van Wyk, JJ Molete, Devanito Vergotini. Doelskoppe: Corn\u00e9 du Plessis (2).&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Sentraal 34 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Giovanne Venter, Kobus du Plessis, Janko Kachelhoffer, Kotie Herold. Doelskoppe: Francois van Rooyen (4). Strafdoel: Van Rooyen. Skepdoel: Van Rooyen. <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool 24 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Heinricht Cloete, Jubaren Adriaan, Elcurtis Lewack, Vian Benson. Doelskoppe: Jacquin Bailey (2).&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9 32 (24) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Behan Vermaak (2), Duncan Watkins, Mamello Moshoaliba. Doelskoppe: Ryan George (3). Strafdoele: Janco Prinsloo, George. <strong>Diamantveld 19 (0) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Stefan Swart (2), Sello Maketlo. Doelskoppe: Morn\u00e9 Matthewson, Sean Harding.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 49 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Francois Bester (2), Zandro Smit, Reno Kok,&nbsp;<span style=\"background-color: inherit; color: inherit; font-family: inherit; font-size: 1rem;\"><\/span><span style=\"background-color: inherit; color: inherit; font-family: inherit; font-size: 1rem;\">Pieter Barnard, JT van der Walt, Reagan Maartens, JD Stadhouer. Doelskoppe: Davin Groenewald (3). Strafdoel: Groenewald. <strong>Witteberg 15 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Juan-Rosco Ruiters, Marnus Ratkas, Ryno Oosthuizen.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Diamantveld 21, Voortrekker 12; Witteberg 34, Sentraal 0; Noord-Kaap 28, Fichardtpark 15; Jim Fouch\u00e9 46, Goudveld 24.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Sentraal 10, Diamantveld 8; Voortrekker 22, Witteberg 5; Jim Fouch\u00e9 59, Goudveld 7; Fichardtpark 31, Noord-Kaap 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Fichardtpark 31, Noord-Kaap 14; Voortrekker 29, Diamantveld 5; Jim Fouch\u00e9 35, Sentraal 12; Witteberg klop Goudveld.&nbsp;<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;4ee3fe11_1563777790247&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voortrekker van Bethlehem se eerstespan het Saterdag op Shimla-park in Bloemfontein sy grootste titel in die skool se geskiedenis verower. Die Trekkers het Noord-Kaap van Kimberley in die eindstryd van die Wesgrow-reeks met 40-29 die loef afgesteek. Dit was die span van Bethlehem se eerste streekstitel in die skool se geskiedenis wat hy met hierdie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8984,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8985","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8985","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8985"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8985\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8985"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8985"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8985"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}