{"id":8994,"date":"2019-07-25T11:56:14","date_gmt":"2019-07-25T11:56:14","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pieties-klerksdorp-frikkie-meyer-secunda-en-ligbron-die-spanne-in-afdeling-2-om-te-klop\/"},"modified":"2019-07-25T11:56:14","modified_gmt":"2019-07-25T11:56:14","slug":"pieties-klerksdorp-frikkie-meyer-secunda-en-ligbron-die-spanne-in-afdeling-2-om-te-klop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8994","title":{"rendered":"Pieties, Klerksdorp, Frikkie Meyer, Secunda en Ligbron die spanne in Afdeling 2 om te klop"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8993\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/NewsGAlberton.jpg\" alt=\"NewsGAlberton\" width=\"400\" height=\"286\" \/>Die eerste skote in Afdeling 2 van die Virsekerbeker sal Saterdag regoor die Noordvaal-streek klap.<\/p>\n<p>Dit is veral die uitspeelwedstryd tussen die Pumas se kampioen, <strong>Ligbron Akademie<\/strong>, en die Limpopo Blou Bulle se naaswenner, <strong>Frikkie Meyer<\/strong> van Thabazimbi, wat beloof om hope vuurwerk op te lewer.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Ligbron het die moeilike taak om &#8216;n sege in Thabazimbi te gaan haal indien hy tot die kwarteindronde van reeks wil deurdring. Die span vanuit Ermelo het verlede week vir Secunda naelskraaps in die Puma-eindstryd met 17-15 verslaan.&nbsp; &nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Frikkie Meyer het vanjaar nog net een keer teen die Ho\u00ebrskool Pietersburg in die Limpopo-eindstryd die knie gebuig. Die Pieties was met 34-25 baas, na Frikkie Meyer vroe\u00ebr vanjaar in die ligawedstryd met 22-19 baas was.&nbsp;<\/p>\n<p>Gepraat van Pietersburg hy sal gasheer vir Pretoria-Noord in Polokwane speel. Die span van Pietersburg het in sy losskakel, <strong>Zander de Ridder<\/strong>, &#8216;n wedstrydwenner. Hy het vanjaar die Limpopo Blou Bulle gehelp om die Akademie-week onooorwonne af te sluit. De Ridder het 59 punte in sy span se drie wedstryde opgestapel en sodoende ook die meeste punte tydens die toernooi aangeteken.&nbsp;<\/p>\n<p>Limpopo se Cravenweek-kaptein en heelagter, <strong>Brandon Cronj\u00e9<\/strong>, voer ook vir Pieties aan. Hy is &#8216;n uiters gevaarlikse speler op die aanval. Pretoria-Noord het as die Blou Bulle se derde kwalifiseerder tot die Virsekerbeker deurgedring. Die span se <strong>Uvian van der Colff<\/strong> is ook &#8216;n uitstekende aanvallende heelagter en sy tweestryd met Cronj\u00e9 kan interresant raak.&nbsp;<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Ermelo<\/strong> kom op sy tuisveld teen die Leeus se kampioen, die <strong>Ho\u00ebrskool Randburg<\/strong>, te staan. Die Erries word deur sy buitesenter, <strong>Walter Visser<\/strong>, aangevoer. Visser was het ook in die middelveld vir die Pumas tydens die Cravenweek in Bloemfontein diens gedoen. Hy is die jonger broer van die Blitsbok <strong>Impi Visser<\/strong>.&nbsp;<\/p>\n<p>Randburg se gevaarman is sy heelagter, <strong>Diego Swartz<\/strong>, wat feitlik enige verdedigingslyne vanuit die laaste vesting aan flarde kan hardloop. Swartz het in sy span se sege van 40-14 oor Ho\u00ebrskool Alberton in die Leeu-eindstryd 25 punte tot sy span se totaal bygedra. Dit het &#8216;n driekuns aan drie\u00eb ingesluit.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Allies en <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> is sekerlik al moeg vir mekaar. Dit sal Saterdag die derde keer vanjaar wees wat die twee spanne teen mekaar kragte meet. Die twee spanne in die uitspeelwedstryd om derde en vierde posisie van die NWU-Pukke se Sportreeks in Meyerton met 17-elk die louere gedeel.&nbsp;<\/p>\n<p>Vroe\u00ebr in die twee spanne se ligawedstryd in die Puk-reeks het Secunda met 24-12 as oorwinnaars van die veld gestap. Die tuisspan sal egter Saterdag sonder een van sy sleutelspelers <strong>Martin Venter<\/strong> moet klaarkom. Venter was die Pumas se losskakel tydens die Cravenweek in die Rosestad.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Die Blou Bulle se kampioen, <strong>Midstream College<\/strong>, sal op sy tuisveld teen <strong>Hans Moore<\/strong> van Benoni sake uitspook. Die besoekers sal veral die senter <strong>Zander Reynders<\/strong> van Midstream College fyn moet dop hou.&nbsp;<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> is een van die vroe\u00eb gunsteling in die reeks, maar geen besoek een <strong>Ellisras<\/strong> is ooit maklik nie. Klerksdorp se Cravenweek-losskakel, <strong>Isrome Phatudi<\/strong>, kan met sy dartellopies heelwat probeleme vir die tuisspan besorg.<\/p>\n<p><strong>Die Anker<\/strong> van Brakpan kan self nie &#8216;n maklike stryd op sy tuisveld teen die Luiperds se naaswenner, <strong>Wesvalia<\/strong> van Klerksdorp, te wagte wees nie. Die Bruin Bere laat hulle nie sommer omdop nie. Die Bulle se naaswenner,<strong> Overkruin<\/strong>, sal teen die Valke se naaswenner, <strong>Vereeniging Gimnasium<\/strong>, in die Jakarandastad te staan kom.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ermelo vs Ho\u00ebrskool Randburg in Ermelo om 10:00:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ermelo:<\/strong> 15 Thamsanqa Nyantsumbe, 14 Mthandeni Thomo, 13 Walter Visser (kaptein), 12 Francois du Plessis, 11 Chad Coetzee, 10 Johan Nel, 9 Robbie Brown, 8 Dewald de Villiers, 7 Cornus van den Berg, 6 Mitchelson Mkwanazi, 5 Baruch B\u00fcchling, 4 Justin McLaren, 3 Heubie van der Walt, 2 Herman Moolman, 1 Jacque Erlank.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Randburg:<\/strong> 15 Diego Swartz, 14 Ruben Bruwer, 13 Jaydian Petrus, 12 Ruan van Tonder, 11 Christo Potgieter, 10 Mickial Adams, 9 Kahlim Pretorius, 8 Marco Tredoux, 7 Theuns Helmuth, 6 Marco Botha, 5 Alex Mollema, 4 Eugene Bresler, 3 Zijn Blignaut, 2 Andew Beer, 1 Jean van de Meilon.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Michael Viljoen.<\/p>\n<p><strong>Midstream College vs Hans Moore in Centurion om 09:30:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Midstream College:<\/strong> 15 Hakeem Rapea, 14 Dian de Bruyn, 13 Johann Els, 12 Zander Reynders, 11 Steyn van Wyk, 10 Delano de Leeuw, 9 Andro Smit, 8 Stephan Alberts, 7 Phillip Coetzer, 6 Zenrich Niemand, 5 Jadyn Jeanes, 4 Christiaan Timmerman, 3 Justin Baynes, 2 Neil Ferreira, 1 Joshua Cleland.<\/p>\n<p><strong>Hans Moore:<\/strong> 15 Nigel Sibanda, 14 Lucas Mdluli, 13 Darius Janse van Vuuren, 12 Alzander Badenhorst, 11 Juandr\u00e9 van Schalkwyk, 10 Nean Nixon, 9 Lario Spence, 8 Ondrej Dvoulety (kaptein), 7 Wian Faurie, 6 Thabo Ndimande, 5 JJ Potgieter, 4 Caidin van der Westhuizen, 3 Ruben van der Westhuizen, 2 Ntokozo Jiyane, 1 Rudy van Schalkwyk.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Toit du Toit.<\/p>\n<p><strong style=\"background-color: inherit; color: inherit; font-family: inherit; font-size: 1rem;\">Ellisras vs Ho\u00ebrskool Klerksdorp op Ellisras om 11:00:&nbsp;<\/strong><strong><br \/><\/strong><\/p>\n<p><strong>Ellisras:<\/strong> 15 Divan Geldenhuys, 14 Tiaan Oelofse, 13 Tokkie de Beer, 12 JP van Staden, 11 Stefan Scholtz, 10 Ruan Basson, 9 WP Vermeulen, 8 Janco Lotter, 7 Conrad Prinsloo, 6 GP du Preez, 5 AJ Beukes, 4 Dries van Heerden, 3 Sakkie Wessels, 2 Hendri Reynecke, 1 Thinus van der Westhuizen.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp:<\/strong> 15 Donovan Nepgen, 14 Hanrico Botha, 13 Rhoecus Janse van Rensburg, 12 IZ Buys, 11 Armand van der Merwe, 10 Isrome Phatudi, 9 Wian Geldenhuys, 8 Quintes Wilken, 7 Rossouw Karsten, 6 Leander Wiese, 5 Hanno Senekal, 4 Enrique Osche, 3 Divan Naud\u00e9 (kaptein), 2 Dewald Theron, 1 Franco Jacobs.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Michael Karemaker.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg vs Pretoria-Noord in Polokwane om 11:20:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg:<\/strong> 15 Brandon Cronj\u00e9 (kaptein), 14 Jeandr\u00e9 Moos, 13 Taylor du Plessis, 12 Tendai Kgopa, 11 Sharn van Rensburg, 10 Zander de Ridder, 9 Ruan van Tonder, 8 Derik Joubert, 7 Devan Janse van Rensburg, 6 Francois Koekemoer, 5 Roy Stewart, 4 Jurgen von Houwald, 3 Henco Chalmers, 2 Martin van Niekerk, 1 Juninho Patricio.<\/p>\n<p><strong>Pretoria-Noord:<\/strong> 15 Uvian van der Colff, 14 Kara Mpete, 13 Tiaan Lensley, 12 Tinus Jacobs, 11 Johan Lubbe, 10 Jared Davis, 9 Hendrik Badenhorst, 8 Keano Geldenhuys, 7 Herco Heystek, 6 Nardus Strydom, 5 Adriaan van Deventer, 4 Martin de Jager, 3 Kevin Smit, 2 Marnus Basson, 1 Arie Dekker.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Regardt Kleingeld.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die Anker vs Wesvalia in Brakpan om 10:00:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Die Anker:<\/strong> 15 Drikus Joubert, 14 Corbin Callum, 13 Keegan Labuschagne, 12 Christian Janse van Rensburg, 11 Tian Lotter, 10 Christiaan Theron, 9 Damian Gruen, 8 Brandon Smith, 7 Ricardo da Camara, 6 Dewaldt Coetzer (kaptein), 5 Kaye Smit, 4 Johan Brits, 3 Branden O&#8217;Neill, 2 Dartagnan Sachse, 1 Tjaart Scheepers.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wesvalia:<\/strong> 15 Zander Bezuidenhout, 14 Ruan de Bruyn, 13 Ruan Els, 12 Dandr\u00e9 Nienaber, 11 Matthew Nebe, 10 Brendon de Bruyn, 9 Rheeder Martins, 8 Emile Streicher, 7 Ulrich Swanepoel, 6 Kyle Adams, 5 Jan-Adriaan Hattingh, 4 GC Fourie, 3 Dean van der Westhuizen, 2 Frikkie Scheepers, 1 Daniel de Lange.<\/p>\n<p><strong>Frikkie Meyer vs Ligbron Akademie op Thabazimbi om 11:20:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Frikkie Meyer:<\/strong> 15 PJ Bezuidenhout, 14 Matlapo Modise, 13 Carel Rohrbeck, 12 Scott Denton, 11 Tsimishwa Nemavola, 10 Henko van Staden, 9 Renier van Heerden, 8 JT Cronj\u00e9, 7 Louis Trichardt, 6 JB du Toit, 5 Diaan Pretorius, 4 Renier Els, 3 Hardus de Jager, 2 Pieter Viljoen, 1 Juandr\u00e9 Lynn.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie:<\/strong> 15 Thandolwethu Nthangombe, 14 Sikho Yoyo, 13 Alec Duncan, 12 Leon du Preez, 11 Liyema Mbokri, 10 Mark Niebuhr, 9 Arno de Vries, 8 Xavier Fourie, 7 Rynard Horn, 6 Bongmusa Banda, 5 Pierre van Zyl, 4 JP Louw, 3 Petrus Stapelberg, 2 Franco de Lange, 1 Alex Fraser.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Zander Kubannek.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda vs Ho\u00ebrskool Alberton in Secunda om 11:20:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda:<\/strong> 15 Maarten van den Heever, 14 Warren Pretorius, 13 JP Booysen, 12 Renier van Rooyen, 11 Junior Makhuseng, 10 Martin Venter, 9 Ruben Silvo, 8 Frans Stander, 7 Johandr\u00e9 Coetzer, 6 Bowen Bezuidenhout, 5 Phillip Matfield, 4 Christiaan Wentzel, 3 Fanna Lombaard, 2 Reghard Scheepers, 1 Ruan Steyn.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Alberton:<\/strong> 15 Rickus Swanepoel, 14 Ruan Pieterse, 13 Damian Rudman, 12 Nathan Badenhorst, 11 JD Prinsloo, 10 Damian Holl, 9 Shaun du Toit, 8 Shaun Potgieter, 7 Thomas Duvenhage, 6 Sheldon Mickingly, 5 JP Jacobs, 4 Eddie Lessing, 3 William Pullen, 2 Brandon Pullen, 1 Ruan van Staden.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Marnus Meiring.<\/p>\n<p><strong>Overkruin vs Vereeniging Gimnasium in Pretoria om 11:00:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Overkruin:<\/strong> 15 Keenan Damons, 14 Marnus Brits, 13 Wesley Damons, 12 Pieter Senekal, 11 Duwane Peterson, 10 Brendon Killian, 9 Jivandre Zeeland, 8 Alex Bouwer, 7 Francois de Kock, 6 Janco van Onselen, 5 Jason Potgieter, 4 Rheinardt Burger, 3 Adriaan Oosthuizen, 2 Brendon Venter, 1 Morn\u00e9 du Plessis.<\/p>\n<p><strong>Vereeniging Gimnasium:<\/strong> 15 Edre Pretorius, 14 Branden Booysen, 13 Wilco Ras, 12 Zander Nel, 11 Siya Ngozi, 10 TJ Kleynhans, 9 Morn\u00e9 Vermeulen, 8 Arno Helberg, 7 Francois Beukes, 6 Armandt Viljoen, 5 Shaun Myburgh, 4 Jan-Carel de Beer, 3 Michael Searle, 2 Zander Marais, 1 Justin van Tonder.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Pietr Taute.&nbsp;<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;331216a7_1564150729971&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste skote in Afdeling 2 van die Virsekerbeker sal Saterdag regoor die Noordvaal-streek klap. Dit is veral die uitspeelwedstryd tussen die Pumas se kampioen, Ligbron Akademie, en die Limpopo Blou Bulle se naaswenner, Frikkie Meyer van Thabazimbi, wat beloof om hope vuurwerk op te lewer.&nbsp;&nbsp; Ligbron het die moeilike taak om &#8216;n sege in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8993,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8994","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8994\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}