{"id":9014,"date":"2019-07-27T16:17:24","date_gmt":"2019-07-27T16:17:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pretoria-boys-high-sluit-seisoen-met-sege-oor-affies-af\/"},"modified":"2019-07-27T16:17:24","modified_gmt":"2019-07-27T16:17:24","slug":"pretoria-boys-high-sluit-seisoen-met-sege-oor-affies-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9014","title":{"rendered":"Pretoria Boys&#8217; High sluit seisoen met sege oor Affies af"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9013\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/NewsPretoriaBHS.PNG\" alt=\"NewsPretoriaBHS\" width=\"352\" height=\"168\" \/>Welkom terug Paul Anthony!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria Boys\u2019 High het Saterdag vir die eerste keer in 11 jaar daarin geslaag om die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool om ted op. Dit was boonop \u2018n klinkende sege van 38-21 by die huis op Brooks-veld.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die sege sal \u2018n soete terugkeer vir Anthony wees na hy laas in 2007 aan stuur van die eerstespan was. Pretoria Boys\u2019 High het die jaar daarna die laaste keer voor Saterdag vir Affies met 34-30 geklop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria Boys\u2019 High se rugbyprogram het daarna gesukkel en het in 2015 (3-56) en 2016 (6-67) in opeenvolgende jare sy grootste drag slae nog teen Affies op die lyf geloop. Die Wit Bulle het verlede jaar die septer met 62-20 geswaai.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan geen twyfel bestaan dat die afsterwe van Ian Visser vroe\u00ebr in die week \u2018n groot impak op die seuns van Affies gehad het nie. Visser, \u2018n graad 12-leerling, het Dinsdag sy eie lewe geneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wit Bulle se twee afrigters, Jaco Koch en Jan-Hendrik Hattingh, sal bly wees dat die 2019-seisoen nou agter die rug is. Dit was \u2018n annus horribilis vir Affies se trots met veral die nederlae teen die Engelse skole soos Westville Boys\u2019 High (31-35) en King Edward VII (29-33) wat uitstaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei di\u00e9 nederlae was die eerste keer ooit wat Affies teen die spanne in sy geskiedenis die knie gebuig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen van Boksburg het self vir \u2018n opskudding gesorg en Menlopark van Pretoria met 29-17 verras.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark wat nie \u2018n enkele bonuspunt in die kragmeting bymekaar kon maak nie, sal of vir Monument tydens die laaste ronde die Virsekerbeker se rondomtalie-wedstryde moet verslaan of \u2018n gunsie of twee van HTS Middelburg en Noordheuwel kry indien hy tot die uitspeelrondes wil deurdring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark beklee tans die vierde posisie op die puntelys met 20 ligapunte. Die Parkies kom volgende week teen Monument te staan wat reeds van sy plek in die uitspeelwedstryd na sy sege van 52-22 oor HTS Middelburg bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein en Helpmekaar is met albei op 31 ligapunte ook reeds seker van hulle plek in die halfeindronde van die reeks. Waterkloof en die Jansies met onderskeidelik 19 en 17 ligapunte kan gedurende die laaste ronde wedstryde vir Menlopark uitskakel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klofies moet volgende week na Middelburg reis om teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg te staan te kom. EG Jansen is gasheer vir Noordheuwel volgende week. Die Nories kon vanjaar nog slegs een sege in die kompetisie behaal<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein is op die oomblik die span om te klop in die reeks. Die Turkoois Bere het vir Noordheuwel in Krugersdorp met 68-24 kaf gedraf. Die span van Pretoria het die vorige week ook vir Helpmekaar-kollege die eerste keer sedert 2015 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se losskakel, Wikus Basson, het sekerlik sy beste vertoning van die seisoen teen Nories opgedis. Basson het twee van sy span se tien drie\u00eb gedruk asook nege daarvan verdoel vir \u2018n persoonlike bydra van 28 punte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar het vir Waterkloof met 36-24 geklop na hy teen die omdraaislag met 12-14 agtergeloop het. Dit was veral Klofies se losskakel, Ian Trollip, wat met uitstaande spel vir Helpies probleme besorg het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Trollip het twee keer die span van die Goudstad se doellyn oorgesteek. Vir Helpies was Niemand beter as sy slot Keith Whitehead wat die veld vol gespeel het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het met rukke en stote gevuur in sy oorwinning van 50-27 oor Glenwood in Bloemfontein. Die span van die Rosestad se afrigter, <strong>Wessel du Plessis<\/strong>, is duidelik besig om \u2018n paar proefnemings te doen voor die span vir Paul Roos Gimnasium sonder sy vyf nasionale skolespelers <strong>George Cronj\u00e9<\/strong>, <strong>Andr\u00e9-Hugo Venter<\/strong>, <strong>Jan-Hendrik Wessels<\/strong>, <strong>Sonwabo Sokoyi<\/strong> en <strong>Sisonke Vumazonke<\/strong> moet pak.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wessels was soos verlede week teen Grey PE uitstaande. Hy het saam met Venter (haker) en <strong>Danwich Beukes<\/strong> (slot) voorlangs vir Glenwood fisiek afgetakel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het <strong>Franco Knoetze<\/strong> vanuit die laaste vesting saam met Sokoyi op vleuel baljaar. Dit was egter die flinke hanteerwerk van die binnesenter, <strong>Ian Small-Smith<\/strong>, wat agterlangs die meeste be\u012andruk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die trofee vir die Griffon-liga sal vanjaar weer staanplek in Welkom kry. Welkom Gimnasium sal teen Goudveld-Ho\u00ebrskool in die eindstryd van die liga te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies was vernietigend teen die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad in hul halfeindstryd op HT Pelatona-stadion in Welkom. Die span van Welkom het oortuigend met 71-0 as oorwinnaars van die veld gestap.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool moes instaan na Witteberg weens \u2018n lang beseringslys sy plek in die halfeindronde noodgedwonge moes opgee.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goudveld het verras deur Voortrekker van Bethlehem met 38-17 die loef afgesteek. Gouties en Welkom Gimnasium het met die seges ook reeds hul plekke in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Vrystaat A-liga eindstryd sal die Ho\u00ebrskool Sentraal en Jim Fouch\u00e9 teen mekaar te staan kom. Tralies het oor te veel skietgoed vir Landboudal van Jacobsdal in die halfeindstryd beskik en met 34-11 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jim Fouch\u00e9 is \u2018n omgekrapte span die afgelope twee weke. Hy het sy plek in die eindstryd met \u2018n klinkende sege van 56-19 oor Louis Botha bespreek. Die twee spanne het in hul ligawedstryd vroe\u00ebr vanjaar met 29-elk gelykop gespeel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Duineveld het in Kimberley vir Diamantveld met 27-23 uitoorl\u00ea om vir die tweede agtereenvolgende jaar die Griekwa-kroon te dra. Die Velties sal dan ook Griekwas in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga verteenwoordig.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Soos verwag was daar hope drama tydens die uitspeelwedstryde van Afdeling 2 van die Virsekerbeker. Secunda het in die doodsnikke van sy wedstryd teen die Ho\u00ebrskool Alberton gaan druk om die eindtelling op 24-elk te staan te bring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Secunda dring weens die feit dat hulle vier drie\u00eb teenoor drie in die kragmeting gedruk het tot die kwarteindronde van die reeks deur.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ligbron Akademie van Ermelo het ook in die doodsnikke gaan druk om een van die vroe\u00eb gunstelinge om die titel Frikkie Meyer op sy tuisveld in Thabazimbi met 38-34 te verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Ermelo asook Wesvalia van Klerksdorp het met naelskraapse seges oor onderskeidelik Randburg (32-32) en Die Anker van Brakpan (31-30) tot die kwarteindronde deurgedring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vir die volledige uitslae van Saterdag se skolerugby van regoor Suid-Afrika volg asb die volgende skakels:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"\/index.php?option=com_content&#038;view=article&#038;id=10203&#038;catid=9\">School Rugby Results &#8211; 27 July 2019<\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"\/index.php?option=com_content&#038;view=article&#038;id=10202&#038;catid=9\">Al die uitslae van die Virsekerbeker &#8211; 27 Julie 2019 <\/a>&nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Welkom terug Paul Anthony! Pretoria Boys\u2019 High het Saterdag vir die eerste keer in 11 jaar daarin geslaag om die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool om ted op. Dit was boonop \u2018n klinkende sege van 38-21 by die huis op Brooks-veld. Die sege sal \u2018n soete terugkeer vir Anthony wees na hy laas in 2007 aan stuur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9013,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9014","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9014","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9014"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9014\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9014"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9014"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9014"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}