{"id":9019,"date":"2019-07-29T09:00:55","date_gmt":"2019-07-29T09:00:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gimmies-en-goudveld-pak-mekaar-in-eindstryd-van-griffon-liga\/"},"modified":"2019-07-29T09:00:55","modified_gmt":"2019-07-29T09:00:55","slug":"gimmies-en-goudveld-pak-mekaar-in-eindstryd-van-griffon-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9019","title":{"rendered":"Gimmies en Goudveld pak mekaar in eindstryd van Griffon-liga"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-5739\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Griffons.jpg\" alt=\"Griffons\" width=\"192\" height=\"192\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Griffons.jpg 192w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Griffons-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 192px) 100vw, 192px\" \/>Die Griffon-liga se trofee sal vanjaar weer staanplek in Welkom kry.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen, <strong>Welkom Gimnasium<\/strong>, sal teen sy aartsvyand, <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong> in die eindstryd van die Griffon-liga sake om die titel uitspook. Albei die spanne het met hul seges ook hul plek in die halfeindronde van die <strong>Kovsiestreek-kompetisie<\/strong> se Shimla-liga (vir mediumskole) bespreek.&nbsp;<\/p>\n<p>Die kampioen sal na die Noord-Kaap reis om in die halfeindronde teen Duineveld van Upington te staan te kom. Die naaswenner sal in die ander halfeindstryd in Bloemfontein teen die Vrystaatse kampioen te staan kom. Die Vrystaatse eindstryd word Saterdag tussen Jim Fouch\u00e9 en Sentraal beslis.&nbsp;<\/p>\n<p>Gimmies het geen probleme ondervind om sy plek in die eindstryd te bespreek nie. Hulle het die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad in 30 minute in die HT Pelatona-stadion in Welkom met 71-0 verneder.&nbsp;<\/p>\n<p>Gimmies het in die eerste helfte slegs 19 minute benodig om &#8216;n voorsprong van 35-0 op te bou voordat die eerste helfte gestop is. In die tweede helfte was Gimmies nog meer op hul stukke en het slegs &#8216;n verdere 11 minute benodig om die sege van 71-0 te beklink.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Rooiskool<\/strong> is egter vir die wolwe gegooi na die Witteberg verlede week laat weet het dat hulle weens 12 beserings nie aan die halfeindronde sal kan deelneem nie. Die span van Kroonstad moes toe inderhaas Witteberg se plek inneem en kon dus nie veel voorbereiding vir die wedstryd inkry nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Gimmies se haastige vleuel <strong>Marno April<\/strong> het danksy sy span se oorheersing baljaar en vier keer &#8216;n draai agter die doellyn gaan maak. Die span se kantman <strong>Christo Steyn<\/strong> het met sy fisieke spel voorlangs be\u00efndruk. Goeie nuus vir Gimmies vir die eindstryd is dat sy klipharde flank <strong>Calla Pienaar<\/strong> na &#8216;n paar weke langs die kantlyn weens harsingskudding weer sy staal in die eindstryd kan toon.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong> het vir &#8216;n reuse opskudding gesorg deur die nuwe Wesgrow-kampioen, Voortrekker van Bethlehem, met 38-17 in die halfeindronde ore aan te sit. Gouties het teen rustyd met die telling op 31-12 reeds die Trekkers van hul voete afgespeel.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n reuse spanpoging deur Gouties wat tot die merkwaardige sege gelei het. Goudveld is in die halfeindronde van die Wesgrow-reeks uitgeskakel na hy die onbegonne taak gehad het om Welkom Gimnasium in die twee spanne se jaarlikse interskole die Saterdag te pak voordat hy Noord-Kaap in die halfeindronde in Kimberley die stryd moes gaan aans\u00ea.&nbsp;<\/p>\n<p>Gouties het in die derby teen Gimmies met 16-43 die knie gebuig. Teen Northerns was die spelers uit op hulle voete en moes hulle met 29-42 die aftog blaas. Voortrekker se verowering van die titel as Wesgrow-kampioen het waarskynlik ook heelwat fut uit die span se vertoning geneem.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium 71 (35) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Marno April (4), Marley Bayman, Christo Steyn, Keke Morabe, Morn\u00e9 Maastriet, Bennie Human, Jaime Heynes. Doelskoppe: Marchal Andrews (8), McNeil Matthews. Strafdoel: Andrews. <strong>AHS Kroonstad 0<\/strong>.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool 38 (31) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Elcurtis Lewack (2), Charl Pietersen (2), Neil Harmse. Doelskoppe: JC Allan (4), Dylan Smith. Strafdoel: Allan. <strong>Voortrekker 17 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Warren Louw (2), Cammi Roux. Doelskop: Jan du Toit.<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;2d759830_1564390558514&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Griffon-liga se trofee sal vanjaar weer staanplek in Welkom kry. Die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, sal teen sy aartsvyand, Goudveld-Ho\u00ebrskool in die eindstryd van die Griffon-liga sake om die titel uitspook. Albei die spanne het met hul seges ook hul plek in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) bespreek.&nbsp; Die kampioen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5739,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9019","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9019","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9019"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9019\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5739"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9019"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9019"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9019"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}