{"id":90306,"date":"2026-02-12T10:29:10","date_gmt":"2026-02-12T08:29:10","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=90306"},"modified":"2026-02-12T10:29:10","modified_gmt":"2026-02-12T08:29:10","slug":"wit-bulle-se-horings-sal-vroeg-in-2026-al-skerp-moet-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=90306","title":{"rendered":"Wit Bulle se horings sal vroeg in 2026 al skerp moet wees"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_80082\" aria-describedby=\"caption-attachment-80082\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-80082\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Estian-Marx-Affies-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-80082\" class=\"wp-caption-text\">ESTIAN MARX van die Afrikaans Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria duik oor vir &#8216;n drie teen Pretoria Boys High tydens die 2025 ontmoeting tussen die buurskole. FOTO: Riaan de Bruyn.<\/figcaption><\/figure>\n<p data-start=\"220\" data-end=\"441\">Die<strong data-start=\"220\" data-end=\"258\"> Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool (Affies)<\/strong> van Pretoria se 2026 rugbyseisoen sal geensins op &#8216;n maklike wyse begin nie. Dit is egter wat verwag word van &#8216;n span wat deel van Suid-Afrika se &#8220;Groot Vyf&#8221; op skolevlak, uitmaak.<\/p>\n<p data-start=\"443\" data-end=\"740\">Die Pretorianers se seisoen sal op 14 Maart met &#8216;n derby in die Jakarandstad begin.<\/p>\n<p data-start=\"443\" data-end=\"740\"><strong data-start=\"532\" data-end=\"556\">Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> sal dan steeds vir die eerste keer sedert 2017 na sy eerste sege oor die Wit Bulle opsoek wees. Slegs &#8216;n week later, op 21 Maart, wag sy nuwe jaarlikse ontmoeting met <strong data-start=\"714\" data-end=\"737\">Paul Roos Gimnasium<\/strong>.<\/p>\n<p data-start=\"742\" data-end=\"1080\">Die rugbyreus uit die hoofstad het aan die einde van die 2025 seisoen aangekondig dat die jaarlikse wedstryd teen <strong data-start=\"856\" data-end=\"878\">Helpmekaar Kollege<\/strong>, met di\u00e9 van <strong data-start=\"892\" data-end=\"905\">Paul Roos<\/strong> vervang sal word.<\/p>\n<p data-start=\"742\" data-end=\"1080\">Di\u00e9 nuutste uitdaging teen een van die land se ander groot honde sal vanjaar in Stellenbosch plaasvind. Dit vorm ook deel van die <strong>King Price Derby Series<\/strong>.<\/p>\n<p data-start=\"1082\" data-end=\"1418\"><strong data-start=\"1082\" data-end=\"1097\">Ruan Jacobs<\/strong> sal weer vanjaar aan stuur van sake as hoofafrigter van die Wit Bulle wees. Jacobs meen dat die doelwit in die nuwe jaar sal wees om op die momentum wat in 2025 gekom het, voort te bou. Om hiermee te help, het Jacobs en hulpafrigter <strong data-start=\"1331\" data-end=\"1344\">Jaco Koch<\/strong> sewe name wat vir &#8216;n tweede seisoen van eerstespan rugby sal terugkeer.<\/p>\n<p data-start=\"1082\" data-end=\"1418\">Die Wit Bulle se spandokter, Dr. <strong>Henry Kelbrick<\/strong>, sal vanjaar vir die 28ste jaar di\u00e9 rol vertolk. Hy het self in 1984 en 1985 vir die Wit Bulle in die voorry gesak en ook na skool vir Noord-Transvaal verteenwoordig.<\/p>\n<p data-start=\"1420\" data-end=\"1777\">Haker <strong data-start=\"1426\" data-end=\"1439\">Charl Els<\/strong>, die vurige senter <strong data-start=\"1459\" data-end=\"1474\">Estian Marx<\/strong> en skrumskakel <strong data-start=\"1478\" data-end=\"1496\">Fourie Roberts<\/strong> sal onder meer drie van die groep van sewe wees. Els het in 2025 sy staal gewys. Die haker het sy buiging op die laaste dag van die Cravenweek gemaak, nadat hy eers by die Akademie-week betrokke was. Hy is ook daarna na die Wes-Kaap genooi om deel van SA Rugby se o.17 ho\u00eb-prestasiegroep te vorm.<\/p>\n<p data-start=\"1420\" data-end=\"1777\">Marx se pa <strong>Eugene Marx<\/strong> het die Wit Bulle vir drie jaar &#8211; 1994, 1995 en 1996 verteenwoordig. Els se vader ook Charl was een was Marx se spanmaats in 1995 en 1996 wat die Beeldtrofee verower het. Die Wit Bulle het ook natuurlik in 1994 die kroon gedra. Marx het 65 keer vir die Wit Bulle uitgedraf en 35 keer die doellyn oorgesteek. Els het self die pad doellyn toe geken en 16 keer in 1995 gaan druk. Hy was self in &#8216;n ongelooflike 51 wedstryde vir Affies se eerstespan in aksie.<\/p>\n<p data-start=\"1420\" data-end=\"1777\">Roberts se pa <strong>Freddie Roberts<\/strong> , ook &#8216;n skrumskakel, het Suidwestelike Distrikte in 62 wedstryde tussen 1997 en 1999 verteenwoordig. Hy het ook vir die Valke in 44 wedstryde uitgedraf.<\/p>\n<p data-start=\"1779\" data-end=\"2020\">Els was in 2024, saam met vier ander Affie<strong data-start=\"1816\" data-end=\"1825\">&#8211;<\/strong>spelers, <strong data-start=\"1835\" data-end=\"1882\">Hannes Nagel, Morn\u00e9 Bisset, Hendr\u00e9 Lombaard<\/strong> en <strong data-start=\"1886\" data-end=\"1908\">Martin van Niekerk<\/strong>, ook deel van die o.16 Ho\u00eb-prestasie Kamp. Nagel, Lombaard en Van Niekerk is ook al drie weer tot Jacobs se beskikking.<\/p>\n<p data-start=\"2022\" data-end=\"2409\">Ses van Affies se 16 wedstryde in vanjaar se seisoen sal by feeste wees. Die eerste twee sal by die jaarlikse Noord\/Suid wees. Die Pretorianers is vanjaar terug op tuisbodem nadat die toernooi in 2025 in Stellenbosch plaasgevind het. Die Wit Bulle sal eerstens teen die Bulle van <strong data-start=\"2302\" data-end=\"2313\">Oakdale Landbou<\/strong> te staan kom. Sy tweede kragmeting sal met die onvoorspelbare <strong data-start=\"2376\" data-end=\"2401\">Ho\u00ebrskool Durbanville<\/strong> wees.<\/p>\n<p data-start=\"2411\" data-end=\"2815\"><strong data-start=\"2411\" data-end=\"2433\">Pretoria Boys High<\/strong> se Eeufees volg waar die Wit Bulle weer twee keer in aksie sal wees. <strong data-start=\"2503\" data-end=\"2519\">Michaelhouse<\/strong> is eerste op die spyskaart, waarna <strong data-start=\"2555\" data-end=\"2575\">Grey High School<\/strong> as nagereg wag. In Kimberley, by die Absa Wildeklawer, sal die Wit Bulle litte losmaak teen <strong data-start=\"2668\" data-end=\"2681\">Outeniqua<\/strong> voor die groot ontmoeting met <strong data-start=\"2712\" data-end=\"2732\">Paarl Boys&#8217; High<\/strong>, wat een van die hoogtepunte van die seisoen, nie net by die week, sal wees nie.<\/p>\n<p data-start=\"2817\" data-end=\"3017\">Dit is natuurlik ook die begin van taai drie weke. <strong data-start=\"2868\" data-end=\"2898\">Jeppe High School for Boys<\/strong> volg die kragmeting met <strong data-start=\"2923\" data-end=\"2935\">Boishaai<\/strong>. Dit is egter die ontmoeting met <strong data-start=\"2969\" data-end=\"2985\">Grey Kollege<\/strong> in Pretoria op 16 Mei wat die<\/p>\n<p data-start=\"3019\" data-end=\"3304\">Buiten die sewe wat terugkeer, het die Affie-afrigtingspan tien jongelinge wat die sprong na die ho\u00ebr vlak met ywer sal aanpak. Die Pretorianers het &#8216;n groot gros spelers wat in 2025 by die Grant Khomo-week in aksie was. Hiervan was, nie minder nie, as nege by die nasionale o.16 ho\u00eb-prestasiegroep betrokke.<\/p>\n<p data-start=\"3306\" data-end=\"3442\">Di\u00e9 tien word deur ses voorspelers, waarvan vier sake vir &#8216;n plek in die vaste vyf sal uitspook, en vier in die agterhoede, uitgemaak.<\/p>\n<p data-start=\"3444\" data-end=\"3802\"><strong data-start=\"3444\" data-end=\"3462\">Ziaan Slabbert<\/strong> en <strong data-start=\"3466\" data-end=\"3483\">Liam de Jager<\/strong> sal met <strong data-start=\"3492\" data-end=\"3508\">Hannes Nagel<\/strong> vir &#8216;n plek in die voorry armdruk. <strong data-start=\"3544\" data-end=\"3561\">Hendr\u00e9 Ehlers<\/strong> ding met Els vir die tweetrui mee, terwyl <strong data-start=\"3604\" data-end=\"3624\">Alexandr\u00e9 Muller<\/strong> vir <strong data-start=\"3629\" data-end=\"3651\">Martin van Niekerk<\/strong> op sy tone sal hou. Die stryd vir die agt-trui tussen <strong data-start=\"3706\" data-end=\"3722\">Janno Geyser<\/strong> en <strong data-start=\"3726\" data-end=\"3745\">Caleb Pretorius<\/strong> sal verder bydra tot &#8216;n sterk, tradisionele Affie pak.<\/p>\n<p data-start=\"3804\" data-end=\"4119\">Agterlangs sal <strong data-start=\"3819\" data-end=\"3838\">Rico du Plessis<\/strong> &#8216;n sterk aanspraakmaker vir &#8216;n plek in die middelveld, heel moontlik saam met Marx, wees. <strong data-start=\"3929\" data-end=\"3945\">Dandr\u00e9 Brink<\/strong> is verder deel van die groep wat die Wit Bulle se versterkings in die agterhoede betref. <strong data-start=\"4035\" data-end=\"4050\">Ruben Smith<\/strong> is die vroe\u00eb gunsteling om Fourie se moontlike skakelmaat te wees.<\/p>\n<p data-start=\"4121\" data-end=\"4367\"><strong data-start=\"4121\" data-end=\"4140\">Kyle van Staden<\/strong> blyk die gusteling om <strong data-start=\"4168\" data-end=\"4187\">Lamond Baadjies<\/strong> se opvolger as heelagter te wees. Die Wit Bulle se uitdagende seisoen sal, soos gebruiklik, met die tradisionele derby teen <strong data-start=\"4312\" data-end=\"4334\">Pretoria Boys High<\/strong>, op 8 Augustus afgesluit word.<\/p>\n<p data-start=\"4121\" data-end=\"4367\"><strong>Affies se bepalings vir 2026:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p data-start=\"4121\" data-end=\"4367\">[ninja_tables id=&#8221;90392&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool (Affies) van Pretoria se 2026 rugbyseisoen sal geensins op &#8216;n maklike wyse begin nie. Dit is egter wat verwag word van &#8216;n span wat deel van Suid-Afrika se &#8220;Groot Vyf&#8221; op skolevlak, uitmaak. Die Pretorianers se seisoen sal op 14 Maart met &#8216;n derby in die Jakarandstad begin. Ho\u00ebrskool Waterkloof sal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":80082,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-90306","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/90306","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=90306"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/90306\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=90306"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=90306"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=90306"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}