{"id":9046,"date":"2019-08-03T18:42:33","date_gmt":"2019-08-03T18:42:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gimmies-baas-in-die-paarl-en-menlopark-behaal-geskiedkundige-sege\/"},"modified":"2019-08-03T18:42:33","modified_gmt":"2019-08-03T18:42:33","slug":"gimmies-baas-in-die-paarl-en-menlopark-behaal-geskiedkundige-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9046","title":{"rendered":"Gimmies baas in die Paarl en Menlopark behaal geskiedkundige sege"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9045\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGCurwinGertse.jpg\" alt=\"NewsGCurwinGertse\" width=\"400\" height=\"273\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGCurwinGertse.jpg 641w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGCurwinGertse-300x205.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Dit was vier maer jare, maar uiteindelik kon Paarl Gimnasium daarin slaag om die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl in di\u00e9 Interskole van interskoles die septer te swaai. Gimmies was naelskraaps met 18-17 in \u2018n wedstryd vol hoogdrama baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Meeste ondersteuners vanuit die Bloedwors-geledere sou sou met slegs drie minute se speeltyd oor in die Faurestraat-stadion met die telling 18-5 in hul span se guns reeds die vonkelwyn se proppe die lug laat inskiet het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skeidsregter, <strong>Quinton Immelman<\/strong>, se horlosie het egter \u2018n bietjie meer speeltyd as die drie minute op die telbord oorgehad. Boishaai se plaasvervanger-agterspeler, <strong>Riis du Plessis<\/strong>, het om \u2018n losskrum oor die doellyn geglip. Du Plessis is die seun van die Prins van Vleuels, Carel du Plessis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die heelagter, <strong>Jacques Rousseau<\/strong>, het met die doelskop geslaag om Gimmies se voorsprong na 18-12 in te perk. \u2018n Verdere senutergende sewe minute later het Boishaai se vleuel Javier Farmer in die hoek oorgeduik om aan sy span die geleentheid te gee om \u2018n sege te kan behaal. Die doelskop van Rousseau was nie suksesvol nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies se regtervleuel, <strong>Curwin Gertse<\/strong>, het daarin geslaag om twee keer sy pad doellyn toe oop te sien. Gertse se vleuelmaat, Stravino Jacobs, was ook een van sy span se staatmakers. Voorlangs het die flank Pierich Siebert met sy werksverrigting op verdediging asook by die afbreekpunt be\u012andruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai se losskakel, <strong>Kian Meadon<\/strong>, asook die loskopstut en kaptein, <strong>Rhynardt Rijnsburger<\/strong>, kan meer as tevrede met hul vertonings vir die Galpille voel. Die wedstryd was voorwaar &#8216;n vertoonventer van die gehalte van Suid-Afrikaanse skolerugby.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Menlopark se eerstespan het sy beste vertoning in meer as \u2018n dekade opgedis om met \u2018n geskiedkundige sege van 22-15 oor Monument seker van sy plek in die uitspeelrondes van die Virsekerbeker se Beker-afdeling te maak.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-8790\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/NewsGMenlopark.jpg\" alt=\"NewsGMenlopark\" width=\"380\" height=\"234\" \/><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die eerste keer ooit wat die Parkies daarin kon slaag om die Wit Bulle van Krugersdorp tot oorgawe te dwing. Die sege is danksy rotsvaste verdediging asook uitstekende werk by die afbreekpunte deur die kantman, <strong>Tiaan Lange<\/strong>, behaal.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Pretoria sal nou teen Garsfontein in die halfeindronde van die reeks te staan kom. Monnas pak vir Helpmekaar-kollege in die ander halfeindstryd van die reeks.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein het soos die afgelope drie weke die geval was op alle silinders gevuur. Garsies het Transvalia se tjank vir oulaas met 73-22 op Bere-park afgetrap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Turkoois Bere se afrigters het boonop hul vier nasionale skolespelers <strong>Jurich Claassens<\/strong> (skrumskakel), <strong>Geraldo Flusk<\/strong> (vleuel), <strong>Zeilinga Strydom<\/strong> (heelagter) en <strong>Raynard Roets<\/strong> (kaptein en slot) uit die beginspan gelaat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se heelagter, <strong>Dillon Olckers<\/strong>, het \u2018n driekuns aan drie\u00eb in die oorwinning behaal. EG Jansen het gedoen wat van hulle verwag was indien Parkies sou vasval en \u2018n klinkende sege van 62-38 oor Noordheuwel beklink. Die Jansies se vleuel <strong>Tylon Kotze<\/strong> het drie keer agter die doellyn gaan kuier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op Shimlapark in Bloemfontein moes die <strong>Ho\u00ebrskool Sentraal<\/strong> hard werk om Jim Fouch\u00e9 met 23-20 in die Vrystaatse A-liga eindstryd die loef af te steek. Die Tralies was laas in 2015 as kampioen gekroon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Welkom se HT Pelatona-stadion was daar amper \u2018n reuse opskudding. Die aartsvyande <strong>Welkom Gimnasium<\/strong> en<strong> Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong> het met 22-elk gelykop gespeel. Gimmies het soos die Engelse W\u00eareldbeker-krieketspan nie die eindstryd gewen nie, maar wel met die louere weggestap weens die feit dat hulle eerste in die wedstryd gaan druk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het vroe\u00ebr vanjaar vir Gouties met 43-16 in hul ligawedstryd die loef afgesteek. Die twee spanne kan mekaar dalk \u2018n derde keer ontmoet indien albei tot die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) deurdring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium sal as die Griffon-kampioen teen Griekwas se kampioen, Duineveld van Upington, in die halfeindronde te staan kom. Gouties sal na Bloemfontein moet reis om teen Sentraal in die ander halfeindstryd kragte te meet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het met sy eerste besoek aan Riversdal die Bulle van Oakdale Landbou se sterte met 57-26 geknoop. Die span van die Rosestad se losskakel, <strong>FC du Plessis<\/strong>, het 20 punte tot die sege via twee drie\u00eb en vyf doelskoppe bygedra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die kwarteindronde van die <strong>Virsekerbeker<\/strong> se <strong>Afdeling 2<\/strong> het die Ho\u00ebrskool Pietersburg se Cravenweek-senter <strong>Taylor du Plessis<\/strong> amok gesaai deur vyf keer die doellyn in sy span se sege van 36-21 oor Secunda oor te steek. Ligbron Akademie het met &#8216;n oorwinning van 40-15 oor Midstream College ook sy plek in die halfeindronde bespreek.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wesvalia was met 40-15 ook te sterk vir Ermelo, terwyl die Ho\u00ebrskool Klerksdorp vir Overkruin met 52-22 laat les ops\u00ea het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In <strong>Afdeling 3<\/strong> sal die Leeuwenhof Akademie teen Curro Heuwelkruin van Polokwane sake teen mekaar in die eindstryd uitspook. Leeuwenhof het sy plek in die eindstryd met &#8216;n sege van 24-19 oor Standerton bespreek. Curro Heuwelkruin het in die ander halfeindstryd vir Fochville met 32-17 verslaan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4<\/strong> se eindstryd sal tussen Warmbad en Springs Boys&#8217; High beslis word. Warmbad was met 34-5 te sterk vir Akasia in hul halfeindstryd, terwyl Springs Boys&#8217; High vir Steelcrest van Middelburg met 34-27 in die ander halfeindstryd uitgeskakel het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Vorster was in &#8216;n vernietigende bui teen Zwartkop en het in die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker vir Zwartkop met 95-24 kaf gedraf. Die Vossies se regtervleuel, <strong>Zian van der Heever<\/strong>, het drie van sy span se 15 drie\u00eb afgerond.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTOS: Ashley Vlotman\/Gallo Images en Riaan de Bruyn<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"\/index.php?option=com_content&#038;view=article&#038;id=10215&#038;catid=9\">School Rugby Results &#8211; 3 August 2019<\/a><\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"\/index.php?option=com_content&#038;view=article&#038;id=10219&#038;catid=9\">Al die uitslae van die Virsekerbeker &#8211; 3 Augustus 2019<\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;b6011a87_1564856865603&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was vier maer jare, maar uiteindelik kon Paarl Gimnasium daarin slaag om die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl in di\u00e9 Interskole van interskoles die septer te swaai. Gimmies was naelskraaps met 18-17 in \u2018n wedstryd vol hoogdrama baas. Meeste ondersteuners vanuit die Bloedwors-geledere sou sou met slegs drie minute se speeltyd oor in die Faurestraat-stadion met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9045,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9046","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9046","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9046"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9046\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9045"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9046"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9046"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9046"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}