{"id":9067,"date":"2019-08-11T17:17:25","date_gmt":"2019-08-11T17:17:25","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/de-ridder-van-die-windjie-kelder-klerksdorp-in-halfeindronde\/"},"modified":"2019-08-11T17:17:25","modified_gmt":"2019-08-11T17:17:25","slug":"de-ridder-van-die-windjie-kelder-klerksdorp-in-halfeindronde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9067","title":{"rendered":"De Ridder van die Windjie kelder Klerksdorp in halfeindronde"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9066\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGPietersburg1.jpg\" alt=\"NewsGPietersburg1\" width=\"400\" height=\"356\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGPietersburg1.jpg 728w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGPietersburg1-300x267.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Daar sal vanjaar &#8216;n nuwe kampioen in Afdeling 2 van die Virsekerbeker gekroon word. Die <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> sal Saterdag teen die <strong>Ligbron Akademie<\/strong> van Ermelo in die eindstryd van die reeks op Marais Viljoen in Alberton se veld te staan kom.&nbsp;<\/p>\n<p>Die trofee sal weer egter deur &#8216;n span uit Pumas of Limpopo se geledere staanplek kry.&nbsp;Secunda het verlede jaar in die o.19-eindstryd van Afdeling 2 vir Frikkie Meyer van Thabazimbi met 20-14 die loef afgesteek.<\/p>\n<p>Die Pieties se losskakel, <strong>Zander de Ridder<\/strong>, was aan die voorpunt van sy span se sege van 35-29 oor die <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> in hulle halfeindstryd in Polokwane.&nbsp;<\/p>\n<p>De Ridder het 30 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken. Hy het &#8216;n driekuns aan drie\u00eb behaal, met drie doelskoppe geslaag en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.&nbsp;<\/p>\n<p>De Ridder se stelskopwerk in die wind was die grootste verskil tussen die twee spanne met Klerksdorp se stelskoppers wat slegs twee van hul vyf drie\u00eb kon verdoel.<\/p>\n<p>Klerksdorp was teen lemoentyd met die telling op 27-12 in Pietersburg se guns reeds met hul rug teen die muur.&nbsp;<\/p>\n<p>Die <strong>Ligbron Akademie<\/strong> het dit duidelik gemaak dat hy nie sommer geklop sal word nie. Die span van Ermelo het <strong>Wesvalia<\/strong> op sy tuisveld in Klerksdorp met 65-17 verniel. Dit was veral met die tempo waarteen Ligbron gespeel het, wat die <strong>Bruin Bere<\/strong> probleme besorg het.&nbsp;<\/p>\n<p>Buiten die eerstespan sal Ligbron se o.14- en o.16-spanne ook in die eindstryde in aksie wees. Interresant is dat die drie spanne tot dusver in 59 wedstryde vanjaar in aksie was en slegs een nederlaag op die lyf geloop het. Dit was toe <strong>Lydenburg<\/strong> se eerstespan vir Ligbron in hul ligawedstryd verslaan het.&nbsp;<\/p>\n<p>Ligbron se Cravenweek-agtsteman, <strong>Xavier Fourie<\/strong>, was soos gewoontlik op sy stukke. Agterlangs het die senterpaar, <strong>Leon du Preez<\/strong> en <strong>Alec Duncan<\/strong>, amper na wille keur bresse in Wesvalia se verdediging gevind.&nbsp;<\/p>\n<p>Ligbron se losskakel, <strong>Mark Niebuhr,<\/strong> het self die punte ingeryg. Hy het ook 30 van sy span se punte in sy sege oor Wesvalia aangeteken. Niebuhr het een van sy span se agt drie\u00eb gedruk, al agt die drie\u00eb verdoel en ook met drie strafdoele geslaag.&nbsp;<\/p>\n<p>Vir die verloorspan het die slot <strong>Jason Nel<\/strong> vir Ligbron probleme in die lynstane besorg. Hy het amper al hul lynstaanbesit afgeneem. Die vaskopstut, <strong>Dean van der Westhuizen<\/strong>, verdien ook &#8216;n klop op die skouer vir sy vertoning in die wedstryd.&nbsp;<\/p>\n<p>In die o.15-eindstryd van die <strong>Virsekerbeker<\/strong> sal ondersteuners uiteindelik weet wie die beste span vanuit die Luiperds is. Die Ho\u00ebrskool Klerksdorp kom teen Potchefstroom Volkskool in die eindstryd te staan. Daar was nie vanjaar &#8216;n Luiperd-eindstryd nie vanwee &#8216;n hofsaak oor of Klerksdorp &#8216;n speler onwettig ingespan het.&nbsp;<\/p>\n<p>Die <strong>Noordvaal Skolerugby-vereniging<\/strong> het die saak in die hooggeregshof verloor en Klerksdorp is as Luiperds se naaswenners net voor die eerste uitspeelwedstryde tot die kompetisie toegelaat.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p><strong>PUNTEMAKERS:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 35 (27) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Zander de Ridder (3), Taylor du Plessis. Doelskoppe: De Ridder (3). Strafdoele: De Ridder (3). <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 29 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Enrique Osch (2), Isrome Phatudi, Jaco Pienaar, Divan Naud\u00e9. Doelskoppe: Wian Geldenhuys, Naud\u00e9.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie 65 (21) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Xavier Fourie, Mark Niebuhr, Leon du Preez, Alex Duncan, Lian Nagel, Nkosiko Yoyo, Reinhardt Horn, Liyema Mbokri. Doelskoppe: Niebuhr (8). Strafdoele: Niebuhr (3).&nbsp;<strong>Wesvalia 17 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Fabrizzio Viljoen, Ruan Els, Rheeder Martins. Doelskop: Brendon de Bruyn.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Ligbron 29, Die Anker 20; Pietersburg 42, Dr. Malan 17.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Klerksdorp 44, Wonderboom 10; Potchefstroom Volkskool 38, Ermelo 14.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong>&nbsp;Secunda 25, Klerksdorp 19; Ligbron 48, Wesvalia 12.&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;633036a9_1565541449376&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar sal vanjaar &#8216;n nuwe kampioen in Afdeling 2 van die Virsekerbeker gekroon word. Die Ho\u00ebrskool Pietersburg sal Saterdag teen die Ligbron Akademie van Ermelo in die eindstryd van die reeks op Marais Viljoen in Alberton se veld te staan kom.&nbsp; Die trofee sal weer egter deur &#8216;n span uit Pumas of Limpopo se geledere [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9066,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9067","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9067","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9067"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9067\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9066"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9067"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9067"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9067"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}