{"id":9083,"date":"2019-08-16T07:32:20","date_gmt":"2019-08-16T07:32:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kan-velties-vanjaar-die-swart-golf-van-welkom-gimnasium-stuit\/"},"modified":"2019-08-16T07:32:20","modified_gmt":"2019-08-16T07:32:20","slug":"kan-velties-vanjaar-die-swart-golf-van-welkom-gimnasium-stuit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9083","title":{"rendered":"Kan Velties vanjaar die Swart Golf van Welkom Gimnasium stuit?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9082\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGHermanVisser.jpg\" alt=\"NewsGHermanVisser\" width=\"273\" height=\"409\" \/>Die vonke gaan Vrydag behoorlik op Tafel Lager-park in Kimberley spat wanneer <strong>Welkom Gimnasium<\/strong> en <strong>Duineveld<\/strong> van Upington mekaar in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) pak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kragmeting is &#8216;n herontmoeting na die twee spanne mekaar verlede jaar ook in die eindstryd van di\u00e9 liga gepak het. Al die wedstryde van die kompetisie word regstreeks via <em>live streaming<\/em> op <span style=\"color: #ff0000;\"><a style=\"color: #ff0000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\"><strong>DigiTV.co.za<\/strong><\/a><\/span> uitgesaai (Volledige TV Gids onderaan berig).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies is die verdedigende kampioen na hy die Wittes met 61-7 verlede jaar in die eindstryd behoorlik ore aangesit het. Die Velties spog egter vanjaar met &#8216;n meer gedugte span as verlede jaar en het ook &#8216;n beter idee van wat op hulle wag. Verlede jaar was die eerste keer sedert die ontstaan van die reeks dat Duineveld aan die kompetisie deelgeneem het.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Welkom beklee die 18de posisie in Suid-Afrika op <strong>School of Rugby<\/strong> se nuutste ranglys. Die <strong>Velties<\/strong> se beste posisie op die ranglys vanjaar was in die 20ste posisie, maar vanwe\u00eb die feit dat hulle nie soveel van die land se voorste 20 skolespanne op hul bepalingslys het nie, het hulle intussen tot die 31ste posisie terug gesak.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies sal sonder sy kaptein en SA Skole-agtsteman, <strong>Keke Morabe<\/strong>, moet klaarkom wat Saterdag vir die nasionale skolespan teen Engeland in Wellington diens sal doen. Gimmies spog egter steeds met &#8216;n gedugte lostrio in <strong>Christo Steyn<\/strong> (kaptein), <strong>Mackneil Matthews<\/strong> en <strong>Calla Pienaar<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs is die gif <strong>Keith van Aswegen<\/strong> (senter) en <strong>Marno April<\/strong> (vleuel) wat probleme vir Duineveld kan inhou indien hulle nie oor &#8216;n teengif beskik nie. April is &#8216;n haastige man wat ook oor vinnige voete beskik en die pad doellyn toe so goed soos die palm van sy hand ken.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Velties se kaptein en Cravenweek-losskakel, <strong>Steph Boshoff<\/strong>, sal sy span se sleutelspeler wees. Boshoff was met sy skopskoen die groot doring in Diamantveld se vlees toe die Wittes met &#8216;n sege van 27-23 hul titel as Griekwa-kampioen verower het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Velties se agtsteman, <strong>Muller du Plessis<\/strong>, asook slot <strong>Herman Visser<\/strong> sal ook fyn deur Gimmies dopgehou moet word. In die ander halfeindstryd van die Shimla-liga sal <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong> na Bloemfontein reis om die Vrystaatse kampioen, <strong>Sentraal<\/strong> die stryd aan te s\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium en Goudveld het met 22-elk gelykop in die Griffon-eindstryd gespeel, waarna Gimmies as kampioen gekroon is omdat hulle eerste &#8216;n drie in die eindstryd aangeteken het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Riebies se Mculwani kan Hopetown hoofbrekens besorg<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die halfeindronde van die <strong>Irawa-liga<\/strong> (vir kleinskole) sal die <strong>Ho\u00ebrskool Hopetown<\/strong> sy keer moet ken indien hy vir <strong>Riebeeckstad<\/strong> wil uitskakel. Riebies het in die Vrystaatse Platteland-eindstryd die Ho\u00ebrskool Kroonstad met 39-18 verslaan om as kampioen gekroon te word.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebies was laas in 2017 as kampioen van die Irawa-liga gekroon na hy vir die <strong>Ho\u00ebrskool Kalahari<\/strong> van Kuruman met 22-5 in die eindstryd afgestof het. Riebeeckstad se heelagter, <strong>Jabu Mculwani<\/strong>, is een van die gevaarlikse spelers op die aanval in Suid-Afrika vanuit die laaste vesting. Mculwani sal regdeur die wedstryd hok geslaan moet word indien Hopetown in die wedstryd wil bly.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Mculwani is vroe\u00ebr vanjaar as die Speler van die Toernooi tydens die <strong>VKB-week<\/strong> in Reitz aangewys. Hy het &#8216;n groot invloed in die Sandveld-span se uitstekende vertonings op die week gehad.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hopetown het sy plek in die halfeindronde bespreek toe hy as Griekwas se mediumskole-liga kampioen gekroon is. Hopetown het vir De Aar in die eindstryd om die liga met 23-14 verslaan. Hopetown se kaptein en agtsteman, <strong>Winston Tuck<\/strong>, asook die losskakel, <strong>Wilikus Badenhorst<\/strong>, sal op hul stukke moet wees indien hul span vir &#8216;n opskudding gaan sorg.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebeeckstad het vanjaar nog net teen Jim Fouch\u00e9 van Bloemfontein (7-41) die knie gebuig. JF het vanjaar tot die eindstryd van die Vrystaatse A-liga gevorder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander halfeindstryd van die Irawa-liga word Saterdag in Bloemfontein tussen <strong>St Andrews<\/strong> en die <strong>Ho\u00ebrskool Kroonstad<\/strong> beslis.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wie se landbouspiere is die sterkste tussen Douglas en Hoopstad?&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die halfeindronde van die <strong>Colts-liga<\/strong> kom die <strong>Ho\u00ebrskool Douglas<\/strong> teen <strong>Hoopstad<\/strong> te staan. Douglas het sy plek in die uitspeelrondes met &#8216;n sege van 18-15 oor Hartswater in Griekwas se kleinskole-eindstryd bespreek. Hoopstad het met 22-elk gelykop in die Griffons se Colts-liga eindstryd gespeel.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoopstad het weens die feit dat hy meer drie\u00eb as Hennenman in die wedstryd gedruk het as die Griffon-kampioen tot die halfeindronde deurgedring.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander halfeindtryd van die Colts-liga moes&nbsp;<strong>Zastron<\/strong>&nbsp;aan die wedstryd onttrek omdat &#8216;n groot aantal van sy spelers die naweek in Johannesburg vir die VKB-week se uitnodigingspan in aksie sal wees. <strong>Hennenman<\/strong>&nbsp;sal nou teen die <strong>Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart<\/strong> van Brandfort te staan kom.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Duineveld vs Welkom Gimnasium op Tafel Lager-park om 16:30:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Duineveld:<\/strong> 15 Johan van Zyl, 14 Valdo Pieters, 13 Pieter Boltman, 12 Herman Jacobs, 11 Nolan Diergaardt, 10 Steph Boshoff, 9 Ernst Carstens, 8 Muller du Plessis, 7 Quintin Immelman, 6 Andr\u00e9 van Zyl, 5 Michael Fox, 4 Herman Visser, 3 Adriaan Agenbag, 2 Janco Oberholzer, 1 Nicky Ras.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Welkom Gimnasium:<\/strong> 15 Marchall Andrews, 14 Morn\u00e9 Maastriet, 13 Jaime Heynes, 12 Keith van Aswegen, 11 Marno April, 10 Bennie Human, 9 Shaquille van Heerden, 8 Mackneil Matthews, 7 Calla Pienaar, 6 Christo Steyn, 5 Husain Banzi, 4 Tandikaya James, 3 Franco-Lee Ceaser, 2 Martley Bayman, 1 Johan Pretorius.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Hopetown vs Riebeeckstad op Tafel Lager-park om 15:00:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Hopetown:<\/strong> 15 AJ Goliath, 14 Marchel Cedras, 13 Sivenathi Mpamba, 12 Ernst Beerwinkel, 11 Roe Wiid, 10 Wilikus Badenhorst, 9 Phillip Janse van Rensburg, 8 Winston Tuck (kaptein), 7 Tertius de Wet, 6 Neill Tuck, 5 Jano de Wet, 4 Jaco Visagie, 3 Theo Zwiegers, 2 Dirk Gunter, 1 Patrick George.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Riebeeckstad:<\/strong> 15 Jabu Mculwani, 14 Tshepo Masooa, 13 Siyabonga Pali, 12 Teboho Makwayi, 11 Luki Rakotsoane, 10 Keagan Human, 9 Gumi Leshoro, 8 Mabote Pandosi, 7 Lemohang Moopela, 6 Jeremia Mofekeng, 5 Jessi Rampai, 4 Victor Ndai, 3 Mloketsi Mohlabane, 2 Mpho Moki, 1 Thabo Mthimkulu.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Douglas vs&nbsp;<strong>Ho\u00ebrskool Hoopstad op Tafel Lager-park om 13:35:&nbsp;<\/strong><\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Douglas:&nbsp;<\/strong>15 Daandr\u00e9 van der Schyff, 14 Verile Coetzee, 13 Jandr\u00e9 Wiid, 12 Franco le Roux, 11 Natanieel Moolman, 10 Ian van Niekerk, 9 Collacious Lock, 8 Lourens Ludwig, 7 Xander van Vuuren, 6 Joshua Lochner, 5 Kyle Baaitjies, 4 Ronnie Mooketsi, 3 Rivaldo Morolong, 2 Heinrich Mzambo, 1 Jaco Fourie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Hoopstad:&nbsp;<\/strong>15 Jandr\u00e9 Lambrechts, 14 Dean Botes, 13 Cois de Wet, 12 Dewald Roux, 11 Edrich de Lange, 10 Jan Brink, 9 Eric Payne, 8 Dolf Naud\u00e9, 7 Joubert van Zyl, 6 Tiaan Faber, 5 Willem Groenewald, 4 Tjaart Coetzee, 3 Dani\u00ebl Botha, 2 Abo Nkebetwana, 1 Dirkie Coetzee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Volledige TV-skedule via live streaming op<\/strong> <span style=\"color: #ff0000;\"><a style=\"color: #ff0000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\"><strong>DigiTV.co.za<\/strong><\/a><\/span>:&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/p>\n<style type=\"text\/css\">table.tableizer-table {\n\t\tfont-size: 10px;\n\t\tborder: 1px solid #CCC;\n\t\tfont-family: Georgia, serif;\n\t}\n\t.tableizer-table td {\n\t\tpadding: 4px;\n\t\tmargin: 3px;\n\t\tborder: 1px solid #CCC;\n\t}\n\t.tableizer-table th {\n\t\tbackground-color: #104E8B;\n\t\tcolor: #FFF;\n\t\tfont-weight: bold;\n\t}<\/style>\n<p><\/span><\/p>\n<table class=\"tableizer-table\">\n<tbody>\n<tr>\n<td colspan=\"5\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>HALFEINDSTRYDE VAN DIE KOVSIESTREEK-KOMPETISIE REGSTREEKS VANAF TAFEL LAGER-PARK<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><strong>Live Streaming Link<\/strong><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"6\"><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-8649\" style=\"margin: 0px auto 5px; display: block;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/Digi_TV_Logo_PNG.png\" alt=\"Digi TV Logo PNG\" width=\"261\" height=\"74\" \/><\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>16:30<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Shimla-liga<\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.19<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Duineveld vs Welkom Gimnasium<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>15:00<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Irawa-liga<\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.19<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Hopetown vs Riebeeckstad<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>13:35<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Colts-liga<\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.19<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Douglas vs Hoopstad<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>12:40<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Volksblad-liga<\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld vs Voortrekker<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>11:40<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Redakteurs-liga<\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Hartswater vs Bothaville<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>10:30<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Ritsem-liga<\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Wildeklawer Rugbyakademie vs Retief (Kestell)<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13570\/13570\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;785ca840_1565938458164&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vonke gaan Vrydag behoorlik op Tafel Lager-park in Kimberley spat wanneer Welkom Gimnasium en Duineveld van Upington mekaar in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) pak. Die kragmeting is &#8216;n herontmoeting na die twee spanne mekaar verlede jaar ook in die eindstryd van di\u00e9 liga gepak het. Al die wedstryde van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9082,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9083","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9083","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9083"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9083\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9083"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9083"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9083"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}