{"id":9086,"date":"2019-08-16T09:56:56","date_gmt":"2019-08-16T09:56:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/die-sleutel-tot-sukses-le-saterdag-in-die-tweestryd-tussen-wolhuter-en-du-plessis\/"},"modified":"2019-08-16T09:56:56","modified_gmt":"2019-08-16T09:56:56","slug":"die-sleutel-tot-sukses-le-saterdag-in-die-tweestryd-tussen-wolhuter-en-du-plessis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9086","title":{"rendered":"Sleutel tot sukses l\u00ea Saterdag in die tweestryd tussen Wolhuter en Du Plessis"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9084\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGKadeWolhuter10.jpg\" alt=\"NewsGKadeWolhuter10\" width=\"400\" height=\"341\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGKadeWolhuter10.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGKadeWolhuter10-300x256.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/NewsGKadeWolhuter10-768x656.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Ondanks die feit dat die jaarlikse interskole tussen <strong>Paul Roos Gimnasium<\/strong> en <strong>Grey-kollege<\/strong> weereens so bietjie van sy glans weens die SA Skole-wedstryd verloor, sal ondersteuners van skolerugby steeds hul lippe aflek om twee van die voorste losskakels op skolevlak in Suid-Afrika vanjaar in &#8216;n tweestryd gewikkel te sien.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerstespan se wedstryd word Saterdag vanaf 14:00 regstreeks op <strong>SuperSport10<\/strong> uitgesaai. Al die ander wedstryde op Markotter word regstreeks via <strong>PRG TV<\/strong> op <span style=\"color: #ff0000;\"><a style=\"color: #ff0000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live\"><strong>DigiTV.co.za<\/strong><\/a><\/span> uitgesaai.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kade Wolhuter<\/strong> (Paul Roos) en <strong>FC du Plessis<\/strong> (Grey) was tot dusver vanjaar saam met die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se <strong>Kian Meadon<\/strong> die voorste losskakels in Suid-Afrika.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wolhuter (Montpellier) en Du Plessis (Toulon) is egter oor die hoof gesien om in die nasionale skolespanne opgeneem te word omdat hulle besluit het om hul loopbane volgende jaar in Frankryk voort te sit.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wolhuter het vanjaar die punte ingeryg en was met 50 punte die voorste puntemaker tydens die <strong>Cravenweek<\/strong> in Bloemfontein. Hy het ook tot dusver vanjaar 144 punte vir sy skoolspan opgestapel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skitterende losskakel was sonder twyfel die skolespeler waaroor daar vanjaar die meeste gepraat is. Wolhuter sou waarskynlik ook, indien hy nie na skool by Montpellier aansluit nie, die toekenning as die <strong>Speler van die Cravenweek<\/strong> ontvang het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wolhuter se adjudant <strong>Christiaan van Blommenstein<\/strong> het ook vanjaar veral in Japan van die stelskopwerk waargeneem. Hy het 64 punte vir Paul Roos se eerstes met sy skopskoen vanjaar aangeteken.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis is ook Grey se voorste puntemaker vanjaar met 113 punte agter sy naam. Hy het egter in meeste van Grey se wedstryde nie die stelskopwerk waargeneem nie. Die span van die Rosestad se skrumskakel, <strong>Juan-Dee Olivier<\/strong> (101) en die heelagter, <strong>Franco Knoetze<\/strong> (106), het vanjaar ook die punte ingeryg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Knoetze het vanjaar as vleuel die drie\u00eb ingeryg. Hy is met 16 drie\u00eb een van sy skoolspan se voorste driedrukkers. Knoetze was ook vroe\u00ebr vanjaar as binnesenter van die Vrystaat op die Akademie-week die toernooi se voorste driedrukker met sewe drie\u00eb. Hy het ook die Vrystaatse Cravenweek-span op die laaste dag gaan uithelp en nog twee drie\u00eb ingeryg.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey sal sonder <strong>George Cronj\u00e9<\/strong> (kaptein en agtsteman), <strong>Andr\u00e9-Hugo Venter<\/strong> (haker), <strong>Jan-Hendrik Wessels<\/strong> (loskopstut), <strong>Sinonke Vumazonke<\/strong> (slot) en <strong>Sonwabo Sokoyi<\/strong> (heelagter) moet klaarkom wat Saterdag vir die twee nasionale skolespanne in Wellington in aksie sal wees. Paul Roos se <strong>Jarrod Cairns<\/strong> voer vanaf agtsteman die SA Skole A-span aan, terwyl <strong>Tiaan Pretorius<\/strong> ook die middelveld vir die span sal beman. In die nasionale uitsoekspan sak <strong>Dylan de Leeuw<\/strong> op slot.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se makrovleuel, <strong>Marcell Muller<\/strong>, het vanjaar al 17 keer die doellyn oorgesteek. Grey se ander vleuel vir Saterdag, <strong>JD Odendal<\/strong>, het self ook al 11 keer vanjaar die doellyn oorgesteek. Paul Roos se buitesenter, <strong>Luke Burger<\/strong>, is met 11 drie\u00eb sy skoolspan se voorste driedrukker tot dusver vanjaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos se binnesenter, <strong>Ruben Labuschagne<\/strong>, asook die haker, <strong>Meiring Ebersohn<\/strong>, sal ook sleutelspelers vir die tuisspan wees indien hulle Grey met die kous oor die kop huistoe wil stuur.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege is sonder twyfel die voorste skolespan in Suid-Afrika vanjaar. Die span van 2019 sal met &#8216;n sege in Stellenbosch ook in die toekoms genoem word wanneer daar oor die voorste spanne vanuit Grey-kollege bespiegel word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos is op sy beurt weer die &#8220;w\u00eareldkampioen&#8221; na hy vroe\u00ebr vanjaar vanuit Japan as die gesogte <strong>Sanix-toernooi<\/strong> se kampioen na Suid-Afrika terug gekeer het. Die span van die Eikestad het <strong>St Peter&#8217;s College<\/strong> van Nieu-Seeland met 52-5 in die eindstryd in Japan die loef afgesteek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het egter met sy terugkeer na Suid-Afrika sy rieme in opeenvolgende Saterdae teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (15-42) en die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (16-29) vasgeloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het die drie laaste kragmetings tussen die twee skole elke keer met twee punte gewen. Die Bloemfonteiners was in 2018 (28-26), 2017 (20-28) en 2016 (34-32) baas. Paul Roos het laas in 2015 die septer geswaai toe hy met 19-12 as oorwinnaars van die veld gestap het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos sal ook inspirasie uit die feit dat een van sy oud-leerlinge <strong>Schalk Brits<\/strong> Saterdag die Springbokke op Loftus Verfeld teen Argentini\u00eb op die veld sal lei. Die eerste Bok-kaptein wat die skool oplewer sedert die uwe <strong>Paul Roos<\/strong> in 1906 die eerste Springbok-span aangevoer het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Paul Roos Gimnasium:<\/strong> 15 Cade Croy, 14 Ronin Daniels, 13 Luke Burger, 12 Ruben Labuschagne, 11 Andrew Pegg, 10 Kade Wolhuter, 9 Xander Botha, 8 Andr\u00e9 Smit, 7 Calvyn Louis, 6 Arno Heenop, 5 Andreas Wiid, 4 Daniel Swart, 3 Corn\u00e9 Weilbach, 2 Meiring Ebersohn, 1 Paul Spangenberg.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege:<\/strong> 15 Franco Knoetze, 14 JD Odendal, 13 Ian Small-Smith, 12 Lesley Botha, 11 Marcell Muller, 10 FC du Plessis, 9 Juan-Dee Olivier, 8 Janco Cloete, 7 Deon le Roux, 6 Duan Ludik, 5 Danwich Beukes, 4 Hendr\u00e9 Kramer, 3 Petrus Naud\u00e9, 2 Ricardo Fourie, 1 Tielman Nieuwoudt.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Skeidsregter:<\/strong> Nathan Swartz.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<style type=\"text\/css\">table.tableizer-table {<br \/>\n\t\tfont-size: 10px;<br \/>\n\t\tborder: 1px solid #CCC;<br \/>\n\t\tfont-family: Georgia, serif;<br \/>\n\t}<br \/>\n\t.tableizer-table td {<br \/>\n\t\tpadding: 4px;<br \/>\n\t\tmargin: 3px;<br \/>\n\t\tborder: 1px solid #CCC;<br \/>\n\t}<br \/>\n\t.tableizer-table th {<br \/>\n\t\tbackground-color: #104E8B;<br \/>\n\t\tcolor: #FFF;<br \/>\n\t\tfont-weight: bold;<br \/>\n\t}<\/style>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<table class=\"tableizer-table\">\n<tbody>\n<tr>\n<td colspan=\"4\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>Regstreeks Saterdag, 17 Augustus 2019 op PRG TV<\/strong><\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><strong>Skakels na Live Streaming<\/strong><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td rowspan=\"4\"><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-9085\" style=\"margin: 0px auto 5px; display: block;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/PRG_TV.png\" alt=\"PRG TV\" width=\"170\" height=\"125\" \/><\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>12:30<\/strong><\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\">o.19B<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos vs Grey College<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>11:20<\/strong><\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\">o.19C<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos vs Grey College<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>10:10<\/strong><\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\">o.16A<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos vs Grey College<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\"><strong>09:00<\/strong><\/span><\/td>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"color: #000000;\">o.19D<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos vs Grey College<\/span><\/td>\n<td><span style=\"color: #000000;\"><a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live\">https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/13574\/13574\/live<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;73d98a12_1565943079050&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ondanks die feit dat die jaarlikse interskole tussen Paul Roos Gimnasium en Grey-kollege weereens so bietjie van sy glans weens die SA Skole-wedstryd verloor, sal ondersteuners van skolerugby steeds hul lippe aflek om twee van die voorste losskakels op skolevlak in Suid-Afrika vanjaar in &#8216;n tweestryd gewikkel te sien.\u00a0 Die eerstespan se wedstryd word Saterdag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9084,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9086","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9086"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9086\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9084"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}