{"id":9188,"date":"2019-10-18T09:22:21","date_gmt":"2019-10-18T09:22:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-kollege-sal-nasionale-sewestitel-op-sy-tuisveld-probeer-verdedig\/"},"modified":"2019-10-18T09:22:21","modified_gmt":"2019-10-18T09:22:21","slug":"grey-kollege-sal-nasionale-sewestitel-op-sy-tuisveld-probeer-verdedig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9188","title":{"rendered":"Grey-kollege sal nasionale sewestitel op sy tuisveld probeer verdedig"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9187\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/NewsGKampioenKampioene.jpg\" alt=\"NewsGKampioenKampioene\" width=\"398\" height=\"265\" \/>Grey-kollege<\/strong> van Bloemfontein sal van vandag af sy titel as nasionale seweskampioen op sy tuisveld in die Rosestad verdedig. Die land se voorste 12 sewes-skolespanne spook van Vrydag om 16:00 sake in die Kampioen van Kampioene-toernooi (o.17) uit.&nbsp;<\/p>\n<p>Grey het verlede jaar die titel verower toe hy die <strong>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl<\/strong> met 21-18 in &#8216;n aksie belaaide eindstryd op <strong>Camp Discovery<\/strong> net noord van Pretoria die loef afgesteek het. Die gasheer is saam met die Ho\u00ebrskool Grens en Ho\u00ebrskool Alberton in Groep A geloot.<\/p>\n<p>Die Allies is die laaste span wat vir die toernooi gekwalifiseer het. Die span van Alberton het verlede Saterdag in die halfeindstryd van die Benoni-been van die reeks wat by Brandwag aangebied is teen Waterkloof met 19-24 vasgeval.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> van Johannesburg is as kampioen van die voorlaaste toernooi van die reeks gekroon na hy Klofies met 31-10 afgeransel het.&nbsp;<\/p>\n<p>Helpies sal ook in die Rosestad in aksie wees. Die span van die Goudstad kom teen Marlow Landbou en <strong>Lichtenburg<\/strong> in sy twee Groep B-wedstryde te staan. Die Liggies het onder die afrigting van <strong>Michael Bondesio<\/strong> goed tydens die Noordvaal Sewes-toernooi vertoon.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is jammer dat die Noordvaal-toernooi nie vanjaar deel van die gewilde sewesreeks was nie. Dan sou spanne soos EG Jansen (kampioen), Monument (naaswenners) en Ben Vorster van Tzaneen die Kampioen van Kampioene-toernooi se reeds indrukwekkende lys van deelnemers aangevul het.&nbsp;<\/p>\n<p>In Groep C is <strong>Westville Boys&#8217; High<\/strong>, HTS Middelburg en Heidelberg Volkskool saam geloot. Westville spog met &#8216;n gedugte span, maar <strong>HTS Middelburg<\/strong> behoort ook sterk aanspraakmakers op die titel te wees. Die span van Middelburg het al Blitzbokke soos <strong>Kwagga Smith<\/strong> en <strong>JC Pretorius<\/strong> opgelewer.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap van Kimberley sal ook &#8216;n sterk aanslag op die titel loots. Northerns het vanjaar tydens die Kimberley-been van die toernooi by Diamantveld alle teenstand voor hom weggevee. Hy het Grey-kollege se tweedespan met 24-0 in die eindstryd van di\u00e9 toernooi verslaan. Die span van die Diamantstad is saam met Framesby en Ho\u00ebrskool Rustenburg in Groep D geloot.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Framesby<\/strong> kan ook sy stem dik maak op die toernooi. Die <strong>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl<\/strong> was sy titel as kampioen van die Marius Schoeman-toernooi behou het, het weer gekwalifiseer, maar sal ongelukkig nie in Bloemfontein in aksie wees nie.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Paul Roos Gimnasium<\/strong> was in 2017 as die eerste kampioen van die toernooi gekroon na hy vir Waterkloof in die eindstryd op Camp Discovery met 21-17 verslaan het.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die bepalings (Vrydag, 18 Oktober 2019):&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>A-veld<\/strong><\/p>\n<p><strong>16:00 &#8211;<\/strong> Framesby vs Ho\u00ebrskool Rustenburg; <strong>16:20 &#8211;<\/strong> Marlow Landbou vs Lichtenburg; <strong>16:40 &#8211;<\/strong> Westville Boys&#8217; High vs Heidelberg Volkskool;<strong> 17:00 &#8211;<\/strong> Grey-kollege vs Ho\u00ebrskool Alberton; <strong>17:20 &#8211;<\/strong> Noord-Kaap vs Framesby; <strong>17:40 &#8211;<\/strong> Helpmekaar-kollege vs Marlow Landbou.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>B-veld<\/strong><\/p>\n<p><strong>16:00 &#8211;<\/strong> HTS Middelburg vs Heidelberg Volkskool; <strong>16:20 &#8211;<\/strong> Ho\u00ebrskool Grens vs Ho\u00ebrskool Alberton; <strong>16:40 &#8211;<\/strong> Noord-Kaap vs Ho\u00ebrskool Rustenburg; <strong>17:00 &#8211;<\/strong> Helpmekaar vs Lichtenburg; <strong>17:20 &#8211;<\/strong> Westville Boys&#8217; High vs HTS Middelburg; <strong>17:40 &#8211;<\/strong> Grey-kollege vs Ho\u00ebrskool Grens.&nbsp;<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;dbc28afa_1571389104736&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege van Bloemfontein sal van vandag af sy titel as nasionale seweskampioen op sy tuisveld in die Rosestad verdedig. Die land se voorste 12 sewes-skolespanne spook van Vrydag om 16:00 sake in die Kampioen van Kampioene-toernooi (o.17) uit.&nbsp; Grey het verlede jaar die titel verower toe hy die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl met 21-18 in &#8216;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9187,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9188","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9188","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9188"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9188\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9188"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9188"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9188"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}