{"id":92434,"date":"2026-03-27T19:40:56","date_gmt":"2026-03-27T17:40:56","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=92434"},"modified":"2026-03-27T19:40:56","modified_gmt":"2026-03-27T17:40:56","slug":"klofies-se-vaart-agterlangs-troef-diamonds-donkies-ook-te-vlugvoetig-vir-eg-jansen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=92434","title":{"rendered":"Klofies se vaart agterlangs troef Diamonds, Donkies ook te vlugvoetig vir EG Jansen"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-92437\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/44A1833-400x392.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"392\" \/><\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> het net oor te veel vaart agterlangs beskik vir Diamantveld op die eerste dag van die jaarlikse <strong>NMI Toyota Noord\/Suid-toernooi<\/strong> in Pretoria.<\/p>\n<p>Die Klofies het gemaklik met 45-7 as oorwinnaars van die veld gestap, nadat hulle reeds teen rustyd &#8216;n stewige voorsprong van 28-7 geniet het.<\/p>\n<p>Dit was veral die heelagter, <strong>Alexander Griesel<\/strong>, wat die Diamonds se verdediging met sy vaart probleme besorg het.<\/p>\n<p>Hy het vanaf &#8216;n middelskrum net buite Klofies se kwartgebied weggebreek en die linkervleuel, <strong>Jacques Janse van Rensburg<\/strong>, vir die span van Pretoria se eerste drie weggestuur.<\/p>\n<p>Janse van Rensburg het in die tweede helfte ook gaan druk. Griesel asook die regtervleuel, Gustav Mienie, het elk ook &#8216;n draai agter die doellyn gemaak.<\/p>\n<p>Waterkloof se rotsvaste verdediging het ook bygedra tot die feit dat die span van Kimberley nie meer punte kon aanteken nie. Voorlangs het die slot <strong>Philip Mans<\/strong> en flank <strong>Hugo Dercksen<\/strong> goeie vertonings opgedis.<\/p>\n<p>Vir Diamonds was niemand beter as sy buitesenter, <strong>Clinton Brits<\/strong>, nie. Hy het nooit moed opgegee nie en is ook met &#8216;n drie vir sy moedige vertoning beloon.<\/p>\n<p>Diamantveld het vroe\u00ebr vanjaar vir Monument van Krugersdorp met 36-35 getroef. Die Klofies sal dus meer as tevrede voel met hul vertoning.<\/p>\n<p><strong>HTS Drostdy<\/strong> se agterste driehoek het ook oor te veel skietgoed vir <strong>EG Jansen<\/strong> van Boksburg beskik. Die Donkies het die kragmeting met 43-24 gewen.<\/p>\n<p>Die wenspan se heelagter, <strong>Anwill Jacobs<\/strong>, was aan die spits van sy span se aanslag. Hy het ook twee keer agter die Jansies se doellyn gaan kuier. Die twee vleuels, <strong>Darren Makeza<\/strong> en <strong>Tristan Syster<\/strong>, het ook nog drie drie\u00eb tussen hulle tot die sege bygedra.<\/p>\n<p>Die flank <strong>Werno Ramsauer<\/strong> is welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Sy werksverrigting was merkwaardig en hy het ook &#8216;n hele paar keer oor die voordeellyn gebars.<\/p>\n<p>Vir die Jansies het sy regtervleuel, <strong>Werner Breytenbach<\/strong>, twee keer kort na mekaar vroeg in die tweede helfte ook &#8216;n draai agter die doellyn gemaak. Die span se flank <strong>Jaco Engelbrecht<\/strong> verdien ook &#8216;n klop op die skouer.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>HTS Drostdy 43 (29) &#8211;<\/strong> Tries: Anwill Jacobs (2), Darren Makeza (2), Werno Ramsauer, Tristan Syster. Conversions: Jano van Deventer (5). Penalty: Van Deventer.\u00a0 <strong>EG Jansen 24 (5) &#8211;<\/strong> Tries: Werner Breytenbach (2), Jaco Engelbrecht, Aljay Olivier. Conversions: Renaldo October, Juan van Aswegen.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof 45 (28) &#8211;<\/strong> Tries: Jacques Janse van Rensburg (2), Alexander Griesel, Gustav Mienie, Mieder Erasmus, Stiaan Theron, Penalty Try. Conversions: Liam Schutte (4). <strong>Diamantveld 7 (7) &#8211;<\/strong> Try: Clinton Brits. Conversion: JG van Heerden.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"Rugby - Ho\u00ebrskool Waterkloof vs Ho\u00ebrskool Diamantveld - NMI Toyota Noordsuid - 27 March 2026\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/JycCJZZjN18?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Waterkloof het net oor te veel vaart agterlangs beskik vir Diamantveld op die eerste dag van die jaarlikse NMI Toyota Noord\/Suid-toernooi in Pretoria. Die Klofies het gemaklik met 45-7 as oorwinnaars van die veld gestap, nadat hulle reeds teen rustyd &#8216;n stewige voorsprong van 28-7 geniet het. Dit was veral die heelagter, Alexander [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":92437,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-92434","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/92434","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=92434"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/92434\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/92437"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=92434"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=92434"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=92434"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}