{"id":9259,"date":"2020-02-23T12:08:23","date_gmt":"2020-02-23T12:08:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/swys-de-bruin-gooi-sy-gewig-in-2020-agter-helpies-in\/"},"modified":"2020-02-23T12:08:23","modified_gmt":"2020-02-23T12:08:23","slug":"swys-de-bruin-gooi-sy-gewig-in-2020-agter-helpies-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9259","title":{"rendered":"Swys de Bruin gooi sy gewig in 2020 agter Helpies in"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9258\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/NewsGSwysdeBruin.jpg\" alt=\"NewsGSwysdeBruin\" width=\"400\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/NewsGSwysdeBruin.jpg 565w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/NewsGSwysdeBruin-300x225.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Die voormalige aanvals-afrigter van die Springbokke <strong>Swys de Bruin<\/strong> sal sy gewig as konsultant agter die Helpmekaar-kollege in Johannesburg se rugby gooi. De Bruin se paaie het ook aan die einde van verlede jaar met die Leeus geskei waar hy die hoofafrigter was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Soos met sy rol by die Springbokke sal De Bruin se hooffokus wees om Helpies se aanvalsvermo\u00eb te verbeter. Die skool se afrigters het reeds &#8216;n sessie saam met De Bruin gehad en sien volgens die skool se hoof van rugby, <strong>Eugene Marais<\/strong>, uit na sy betrokkenheid by Helpies.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">De Bruin het sy proffesionele afrigtingsloopbaan in 1996 begin toe hy die Sharks se o.21-span afgerig het. Hy het in 1998 die Wildebeeste gebrei wat in die Vodacombeker gespeel het, voordat hy homself by Griekwas (1999-2003) as hoofafrigter aangesluit het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit kom na die <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> daarin geslaag het om die voormalige Springbok-senter <strong>Jaque Fourie<\/strong> as &#8216;n konsultant vir die seisoen te betrek. Fourie is &#8216;n oud-leerling van Monument in Krugersdorp. Die Nories het ook &#8216;n nuwe hoof van rugby in <strong>Stefan Lourens<\/strong> wat verlede jaar in Menlopark se afrigtingspan was, wat vir die eerste keer in die skool se geskiedenis as kampioen van die Virsekerbeker gekroon is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Lourens is ook &#8216;n voormalige leerling van Monnas en het ook al die <strong>Wit Bulle<\/strong> saam met Hans Coetzee afgerig. Lourens oftewel Botter soos sy vriende hom noem het ook al St Andrew&#8217;s College in Grahamstad, Florida en St John&#8217;s College in Johannesburg se eerstespanne afgerig.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fourie was &#8216;n belangrike lid van die Springbok-span wat in 2007 die W\u00eareldbeker verower het. Hy het in sy 72 toetse vir die Springbokke nie minder as 32 keer die doellyn oorgesteek. Dit is die derde meeste toetsdrie\u00eb in die geskiedenis van Bok-rugby.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordheuwel se gewese hoof van rugby, <strong>Rocky Truter<\/strong>, het &#8216;n pos as bemarker by Helpmekaar aan die einde van verlede jaar opgeneem. Truter sal Helpies se afrigtingskorps verder versterk. Coetzee wat ook verlede jaar by Noordheuwel betrokke was, het hom intussen by <strong>Durbanville<\/strong> as direkteur van rugby aangesluit. Coetzee het op sy dag ook soos De Bruin die Leeus in SupeRugby gebrei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is nie &#8216;n vreemde verskynsel dat oud-Bokke en senior afrigters by skole betrokke raak nie. Grey-kollege het in sy afrigtingskorps vir <strong>Helgard Muller<\/strong> asook <strong>Wian du Preez<\/strong>. Die gewese Bok-vleuel, <strong>Pieter Rossouw<\/strong>, is Paarl Gimnasium se hoofafrigter, terwyl <strong>Marius Joubert<\/strong> hom ook vanjaar by Stellenberg se afrigtingskorps aangesluit het. Joubert was verlede jaar by Durbanville betrokke.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Deon Carstens<\/strong>, wat die Springbokke se skrum in drie toetse geanker het, is al vir &#8216;n hele paar jaar by Boland Landbou se eerstespan as breier betrokke. <strong>Jake White<\/strong> wat Fourie se breier tydens die&nbsp;W\u00eareldbeker-toernooi van 2007 was, is vanjaar as &#8216;n konsultant by HTS Drostdy in Worcester aangestel. Dit terwyl die gewese Bok-agtsteman en voorspeler-afrigter van die Blou Bulle, <strong>Anton Leonard<\/strong>, as &#8216;n konsultant by Outeniqua se eerstespan betrokke is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;1edfbc8b_1582459673405&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die voormalige aanvals-afrigter van die Springbokke Swys de Bruin sal sy gewig as konsultant agter die Helpmekaar-kollege in Johannesburg se rugby gooi. De Bruin se paaie het ook aan die einde van verlede jaar met die Leeus geskei waar hy die hoofafrigter was.&nbsp; Soos met sy rol by die Springbokke sal De Bruin se hooffokus [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9258,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9259","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9259","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9259"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9259\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9259"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9259"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9259"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}