{"id":9261,"date":"2020-02-23T14:08:05","date_gmt":"2020-02-23T14:08:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/outeniqua-se-kwaggas-het-skop-en-byt-in-2020\/"},"modified":"2020-02-23T14:08:05","modified_gmt":"2020-02-23T14:08:05","slug":"outeniqua-se-kwaggas-het-skop-en-byt-in-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9261","title":{"rendered":"Outeniqua se Kwaggas het skop en byt in 2020"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><iframe loading=\"lazy\" style=\"margin: 5px; float: left;\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/vcY5bMx35x4?rel=1&amp;feature=youtu.be\" width=\"400\" height=\"329\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe>Die <strong>Ho\u00ebrskool Outeniqua<\/strong> op George se eerste rugbyspan behoort vanjaar weer sy man tussen die skolerugby-adel van Suid-Afrika te staan. Die Kwaggas speel jaarliks teen van die land se voorste skolespanne en laat homself altyd deeglik geld..&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas beskik vanjaar oor &#8216;n groep spelers waarmee hy nie net &#8216;n hele paar van die groot honde die skrik op die lyf sal jaag nie, maar ook omdop.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns sien elke wedstryd as \u2018n groot uitdaging. Toernooie soos Nood\/Suid en Wildeklawer is \u2018n voorreg om by te woon. Dan is ons interskole-wedstryde teen die twee Paarlse-skole, Paarl Gimnasium en die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, altyd uiters uitdagend. En dan nie om te vergeet nie die plaaslike derby teen Oakdale Landbou is ook altyd \u2018n hoogtepunt,\u201d het <strong>Piet Cloete<\/strong>, hoof van Outeniqua se sport, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas het vanjaar heelwat ervaring in hul groep. Nie minder as ses spelers wat verlede jaar die Suidwestelike Distrikte op die Cravenweek in Bloemfontein verteenwoordig het, sal vanjaar weer vir die Kwaggas uitdraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die sestal is <strong>Leon Volschenk<\/strong> (haker), Francois Breytenbach (flank), <strong>Chadley Josias<\/strong> (losskakel), Tinsley Stuurman (senter), <strong>Casten Michaels<\/strong> (vleuel) en Leonardo Coetzee (flank).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is boonop nog drie spelers <strong>Henry Tromp<\/strong> (vaskopstut), Laurence Victor (vaskopstut) en <strong>Blayden Hector<\/strong> (heelagter) wat die Volstruisboere tydens die Akademie-week in die Rosestad verteenwoordig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n Verdere vier spelers wat verlede jaar reeds vir Outeniqua se trots uitgedraf het <strong>Johan Jordans<\/strong> (loskopstut), Dillan Lamprecht (slot), <strong>Schalk Vermeulen<\/strong> (flank) en Curtley Smith (vleuel) sal ook weer vanjaar beskikbaar wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is ook \u2018n hele paar spelers wat SWD verlede jaar op die Grant Khomo-week in Witrivier verteenwoordig het, wat vanjaar ook sterk aanspraakmakers sal wees om vir hulle \u2018n plek in die eerstespan oop te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-9260\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Outeniqua_2020.jpg\" alt=\"Outeniqua 2020\" width=\"380\" height=\"397\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Outeniqua_2020.jpg 979w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Outeniqua_2020-287x300.jpg 287w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Outeniqua_2020-768x803.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/><span>Onder hulle tel die twee slotte <strong>Lahluma Dyanti<\/strong> en Oliver Kunz, die senters <strong>Johan Leonard<\/strong> en Dewanley van Rensburg, <strong>Ludik Muller<\/strong> (flank) en Elzaine Terblanche (haker\/flank). <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>Dan het <strong>Maynard Gouws<\/strong> hom reeds in 2019 vanaf die Ho\u00ebrskool Rustenburg by die Kwaggas aangesluit. Hy het egter die hele 2019-seisoen weens \u2018n besering misgeloop.<\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gouws het die Luiperds in 2018 as slot op die Grant Khomo-week verteenwoordig. Sy pa, <strong>Jaco Gouws<\/strong>, het op sy dag die Sharks en Griffons aangevoer. Hy het ook op agtsteman vir Suidwestelike Distrikte se seniorspan uitgedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gouws het na hy sy tokse opgehang het onder andere Bloemfontein Polisie en Impala se klubspanne gebrei. Gouws sr. en sy gesin woon nou in George.&nbsp;Gouws jr. is na afloop van die Grant Khomo-week van 2018 ook in SA Rugby se ho\u00eb-prestasie groep opgeneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Gouws jr. is daar nog twee spelers met bekende pa\u2019s wat moontlik vanjaar vir die Kwaggas sal uitdraf. Johan Leonard is die seun van die voormalige Springbok-agtsteman <strong>Anton Leonard<\/strong>, terwyl Henry Tromp se pa met dieselfde naam op haker vir die Bokke uitgedraf het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas beskik ook oor \u2018n bestuurspan om mee te spog. Die span se hoofafrigter, <strong>Abr\u00e9 Minnie<\/strong>, het voorheen al Griekwas se seniorspan gebrei. Hy het self op sy dag die middelveld vir die Poubloues beman.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se twee hulpafrigters is <strong>Henry Grimes<\/strong> en <strong>Jaco Janse van Rensburg<\/strong>. Grimes het self op slot in sy loopbaan as speler vir SWD en Griekwas uitgedraf. Jandr\u00e9 Blom, wat vir die Vrystaat en Griffons die oond skoongemaak het, sal die span met sy skoppe en verdediging bystaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Anton Leonard sal hand bysit as konsultant, terwyl <strong>Walter Lutch<\/strong> (kondisionering) en <strong>Piet Cloete<\/strong> (mentor) die bestuurspan voltooi.<\/span><\/p>\n<p>Beeldmateriaal danksy <strong><a href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/school\/events\/5\">KwaggaTV<\/a><\/strong> via <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>digitv.co.za<\/strong><\/span> &#8211; moet geen van die Kwaggas se wedstryde vanjaar op sy tuisveld misloop nie.<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;6ba79af2_1582466125284&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Outeniqua op George se eerste rugbyspan behoort vanjaar weer sy man tussen die skolerugby-adel van Suid-Afrika te staan. Die Kwaggas speel jaarliks teen van die land se voorste skolespanne en laat homself altyd deeglik geld..&nbsp; Die Kwaggas beskik vanjaar oor &#8216;n groep spelers waarmee hy nie net &#8216;n hele paar van die groot [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9260,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9261","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9261","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9261"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9261\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9260"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9261"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9261"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9261"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}