{"id":9271,"date":"2020-03-01T12:12:18","date_gmt":"2020-03-01T12:12:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/fichies-maak-dit-skeepsreg-teen-rooiskool-op-nat-sportdag\/"},"modified":"2020-03-01T12:12:18","modified_gmt":"2020-03-01T12:12:18","slug":"fichies-maak-dit-skeepsreg-teen-rooiskool-op-nat-sportdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9271","title":{"rendered":"Fichies maak dit skeepsreg teen Rooiskool op nat Sportdag"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8520\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/NewsGFichardtpark.jpg\" alt=\"NewsGFichardtpark\" width=\"400\" height=\"330\" \/>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark bly die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad se baas. Die Fichies het Saterdag tydens die hoofwedstryd van sy 19de jaarlikse <strong>McDonald&#8217;s Sportdag<\/strong> vir Rooiskool vir die derde agtereenvolgende met die kous oor die kop huis toe gestuur.<\/p>\n<p><strong>Fichies<\/strong> het met 31-24 koning gekraai. Die tuisspan het van die begin van die wedstryd in beheer van sake, maar die Rooies het nooit moed opgegee nie en goed teruggeveg om meer aansien aan hul poging te gee.<\/p>\n<p>Die Fichies het verlede jaar met 36-12\u00a0oortuigend koning gekraai in die hoofwedstryd\u00a0en in 2018 was hulle naelskraaps met 25-23\u00a0baas.<\/p>\n<p>Saterdag het Fichies se losskakel,<strong> Davin Groenewald<\/strong>, sy skopskoene aangehad wat die groot verskil tussen die twee spanne was. Groenewald het al vier sy span se drie\u00eb verdoel asook &#8216;n strafdoel deur die pale gejaag. Groenewald het self een van sy span se drie\u00eb afgerond.<\/p>\n<p>Rooiskool het ook vier drie\u00eb gedruk, maar Groenewald se skopskoen was op die ou einde die verskil op die telbord tussen die twee spanne. Die wenspan se losskopstut, <strong>Jeff Parota<\/strong>, het soos verlede jaar toe hy aan die kant van die skrum gesak het die veld vol gespeel. Hy het &#8216;n paar spelers van Rooiskool met sy duikslae in hul spore gestuit asook &#8216;n hele paar meters met die bal onder die arm vasgeknyp gewen.<\/p>\n<p>Fichies se buitesenter, <strong>Jaydee Stadhouer<\/strong>, het ook &#8216;n goeie dag op kantoor beleef. Sy drie vanaf die afskop kort na Groenewald se drie het voor rustyd aan Fichies &#8216;n stewige voorsprong van 24-7 gegee.<\/p>\n<p>Stadhouer het deurgans gapings in Rooiskool se verdediging gevind. Hy en sy direkte teenstander, <strong>Cheslin Jones<\/strong>, het mekaar behoorlik opgekuil. Jones was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. Hy het telkens oor die voordeellyn gekom.<\/p>\n<p>Vir Rooiskool kan sy agtsteman, <strong>Hanu Visagie<\/strong>, en flank Henro Hattingh ook tevrede met hul vertonings voel.<\/p>\n<p>In &#8216;n erg ontwrigte wedstryd vroe\u00ebr die dag het &#8216;n span van <strong>Grey-kollege<\/strong> vir Landboudal van Jacobsdal met 7-0 geklop. Die spanne moes met nog 19 minute se speeltyd oor in die eerste helfte die veld verlaat na die weerlig te naby aan Fichardtpark verby beweeg het. Die spelers het reeds behoorlik nat gere\u00ebn na die meeste van die re\u00ebn tydens die dag gedurende die wedstryd neergeval het.<\/p>\n<p>Die tweede helfte was slegs 20 minute lank om op die maak vir die verlore tyd en om nie die dag se ander wedstryde vertraag nie.<\/p>\n<p><em><strong>FOTO: Kulu Ferreira\u00a0<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 31 (24) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: JT van der Walt, Davin Groenewald, Jaydee Stadhouer, Matthew Kitching. Doelskoppe: Groenewald (4). Strafdoel: Groenewald. <strong>AHS Kroonstad 22 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Cheslin Jones, Hanu Visagie, Michael Keyser, Henro Hattingh. Doelskop: Zander Pelser.<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege XV-tal 7 (7) &#8211;<\/strong> Drie: Johan Voigt. Doelskop: Johan du Toit. <strong>Landboudal 0<\/strong>.<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;56411538_1583062863180&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark bly die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad se baas. Die Fichies het Saterdag tydens die hoofwedstryd van sy 19de jaarlikse McDonald&#8217;s Sportdag vir Rooiskool vir die derde agtereenvolgende met die kous oor die kop huis toe gestuur. Fichies het met 31-24 koning gekraai. Die tuisspan het van die begin van die wedstryd in beheer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8520,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9271","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9271","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9271"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9271\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8520"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9271"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9271"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9271"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}