{"id":9273,"date":"2020-03-02T06:56:56","date_gmt":"2020-03-02T06:56:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/welkom-gimnasium-slag-menlopark-in-stryd-van-die-kampioene\/"},"modified":"2020-03-02T06:56:56","modified_gmt":"2020-03-02T06:56:56","slug":"welkom-gimnasium-slag-menlopark-in-stryd-van-die-kampioene","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9273","title":{"rendered":"Welkom Gimnasium slag Menlopark in stryd van die kampioene"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9272\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/NewsGKekeMorabe.jpeg\" alt=\"NewsGKekeMorabe\" width=\"400\" height=\"244\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/NewsGKekeMorabe.jpeg 640w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/NewsGKekeMorabe-300x183.jpeg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Indien Welkom Gimnasium die 2020-seisoen onder die radar wou beweeg is daai gedagte nou na Saterdag by die deur uit. Gimmies het op sy tuisveld in Welkom vir <strong>Menlopark<\/strong> van Pretoria met 43-7 nie net verras nie, maar sommer behoorlik omgedop.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium<\/strong> is verlede jaar as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie gekroon, terwyl Menlopark in 2019 vir die eerste keer in sy geskiedenis as die kampioen van die <strong>Virsekerbeker<\/strong> gekroon is. Dit was dus die Vrystaatse kampioene teen sy eweknie noord van die Vaalrivier.&nbsp;<\/p>\n<p>Die kragmeting sou aan Gimmies die nodige selfvertroue en wedstrydskerpheid gegee het wat hul nodig sal h\u00ea wanneer hulle Saterdag in Bloemfontein teen die voorste skolespan in Suid-Afrika, Grey-kollege, te staan kom. Grey sal ook lugtig vir Gimmies wees na die uitslag. Dit sal Grey se eerste wedstryd van die seisoen wees.&nbsp;<\/p>\n<p>Die kragmeting teen Menlopark was reeds Welkom Gimnasium se tweede van die seisoen. Gimmies het sy seisoen met &#8216;n maklike sege van 73-3 oor die Ho\u00ebrskool Vryheid afgeskop.&nbsp;<\/p>\n<p>Menlopark kon eers na verlede Woensdag se einde van die atletiekseisoen vir die eerste keer die rugbyballe uit die stoorkamer haal. Die Parkies moes ook sonder sy haker, <strong>Tiaan Lange<\/strong>, klaarkom wat SA Rugby se ho\u00eb-prestasie oefenkamp in Stellenbosch bygewoon het. Die span van die Jakarandastad het egter steeds vyf spelers Niel Beukes (heelagter), Lincoln Adams (senter), Marcelle Deysel (losskakel), Theo Daily (slot) en Ernst Simon (flank) in sy beginspan gehad wat ook verlede jaar in die eindstryd van die Virsekerbeker teen Helpmekaar uitgedraf het.&nbsp;<\/p>\n<p>Gimmies se lostrio <strong>Keke Morabe<\/strong>, Calla Pienaar en <strong>Mingo Piti<\/strong> was op hul stukke en het Menlopark se fisieke aanslag met dieselfde vuur beveg. Morabe het in 2018 en 2019 die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig. Menlopark se volgende wedstryd is in Tzaneen teen Ben Vorster se Rooismasjien.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> moes self behoorlik sweet om sy besoekers vanuit die Oos-Vrystaat, <strong>Voortrekker<\/strong> van Bethlehem, met 20-12 die loef af te steek. Daar was met die telling op 5-elk teen die omdraaislag nie veel tussen die twee spanne te kies nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Helpies kon ook nie veel voorberei vir die wedstryd nie. Die skool het Donderdag na die Super-Interho\u00ebr proewe gehou en weens die re\u00ebn Vrydag in die Goudstad kon die span slegs sy bewegings in die saal deurloop.&nbsp;<a href=\"https:\/\/digitv.co.za\/#\/video\/26577\/27283\/Vod\"><br \/><\/a><\/p>\n<p>Helpies se sterk flank <strong>Tyler Skudder<\/strong> het die bal goed gedra en kan weer vanjaar &#8216;n doring in vele spanne se vlees wees. Die vaskopstut, <strong>Stefan Liebenberg<\/strong>, het ook &#8216;n goeie wedstryd voorlangs beleef. Agterlangs het die linkervleuel, <strong>Ryan Coetzee<\/strong>, &#8216;n stewige buiging met &#8216;n mooi drie gevier.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Trekkers se senterpaar, <strong>Dendr\u00e9 Aucamp<\/strong> en <strong>Robbie Wigget<\/strong>, het Helpies se verdediging goed besig gehou. Die skrumskakel, <strong>Liam Roos<\/strong>, verdien ook &#8216;n klop op die skouer, terwyl die flank <strong>Louis Janse van Vuuren<\/strong> by die afbreekpunte vir Helpies probleme besorg het.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium 43 (26) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Donovan Don (2), Wian Muller, Keke Morabe, Angelo Olivier, Danie Crouwcamp, Testimony Dodo. Doelskoppe: Bennie Human (4). <strong>Menlopark 7 (0)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar-kollege 20 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ryan Coetzee, Ruben Weideman, Brandon Bouwer. Doelskop: Sebastine Watney. Strafdoel: Watney. <strong>Voortrekker (Bethlehem) 12 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tshepang Morakae, Louis Janse van Vuuren. Doelskop: Jan du Toit.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Menlopark 57, Welkom Gimnasium 0; Helpmekaar 58, Voortrekker 0.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Menlopark 47, Welkom Gimnasium 0; Voortrekker 12, Helpmekaar 5.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Menlopark 24, Welkom Gimnasium 12; Helpmekaar 17, Voortrekker 10.<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;f7f659db_1583301963300&#8243;]&nbsp;&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien Welkom Gimnasium die 2020-seisoen onder die radar wou beweeg is daai gedagte nou na Saterdag by die deur uit. Gimmies het op sy tuisveld in Welkom vir Menlopark van Pretoria met 43-7 nie net verras nie, maar sommer behoorlik omgedop.&nbsp; Welkom Gimnasium is verlede jaar as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie gekroon, terwyl Menlopark in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9272,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9273","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9273","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9273"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9273\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9272"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9273"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9273"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9273"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}