{"id":9319,"date":"2020-03-31T10:38:38","date_gmt":"2020-03-31T10:38:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/die-rugbybloed-loop-dik-deur-abe-smith-se-are\/"},"modified":"2020-03-31T10:38:38","modified_gmt":"2020-03-31T10:38:38","slug":"die-rugbybloed-loop-dik-deur-abe-smith-se-are","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9319","title":{"rendered":"Die rugbybloed loop dik deur Ab\u00e9 Smith se are"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9318\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/SmithBroers.jpeg\" alt=\"SmithBroers\" width=\"400\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/SmithBroers.jpeg 720w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/SmithBroers-300x300.jpeg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/SmithBroers-150x150.jpeg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Rugby-afrigting loop diep in die Smiths van Bloemfontein se are!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ouboet <strong>Franco Smith<\/strong> (47) rig tans Itali\u00eb se nasionale span af, terwyl <strong>MJ Smith<\/strong> (45) tans die Cheetahs se ho\u00eb-prestasie bestuurder is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die jongste van die Smith-broers, <strong>Ab\u00e9<\/strong> (36), is ook vinnig besig om vir hom &#8216;n naam as afrigter maak.&nbsp;Ab\u00e9 sal vanjaar indien die <strong>Cravenweek<\/strong> nog sal plaasvind later vanjaar in Port Elizabeth die <strong>Oostelike Provinsie<\/strong> se agterlyn-afrigter wees.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek sien die geleentheid om deel van OP se Cravenweek-afrigtingspan te wees as &#8216;n gulde geleentheid om die volgende tree in my loopbaan as afrigter te gee,&#8221; s\u00ea Ab\u00e9 jr. Hy is tans graadhoof van Besigheidstudies en gee ook Aardrykskunde by die <strong>Ho\u00ebrskool Nico Malan<\/strong> in Humansdorp.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ab\u00e9 jr. het die bevordering verdien na hy verlede jaar as hoofafrigter van die OP se Akademie-span in Bloemfontein die span tot onder die voorste ses spanne tussen 30 spanne tydens die week laat tel het. Die span het slegs op die eerste dag teen die Limpopo Blou Bulle met 24-47 gegly, maar daarna vir <strong>Zimbabwe<\/strong> (41-19) en die <strong>Pumas<\/strong> (80-7) uit die pad gevee.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ab\u00e9 jr. is sedert 2011 betrokke by Nico Malan se rugby en vanaf 2018 die eerstespan van die skool se agterlynafrigter. Hy het wel destyds as skopafrigter die Blitsbok <strong>Selvyn Davids<\/strong>&nbsp;met sy skopwerk bygestaan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Davids het in sy matriekjaar in 2013 waarskynlik alle eerstespan skolerekords uit die boeke gevee. Hy het 408 punte vir sy skool se eerstespan aangeteken wat &#8216;n ongelooflike 49 drie\u00eb ingesluit het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ab\u00e9 jr. se voorliefde is eintlik krieket &#8211; hy het vyf jaar lank in <strong>Yorkshire<\/strong>, Engeland klubkrieket gespeel. Krieket was ook die rede hoekom hy anders as sy twee ouer broers sy skoolloopbaan aan Grey-kollege in die Rosestad voltooi het. Hier het hy ook vir Grey se Cherries en Peaches (tweede- en derde-rugbyspan) uitgedraf.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het sewe jaar Nico Malan se eerstekrieketspan asook drie jaar die Oostelike Provinsie se span na <strong>Krieket Suid-Afrika<\/strong> se nasionale o.17-week gebrei. &#8220;Ek het groot geraak in &#8216;n rugbyfamilie met baie passie vir die spel asook om kinders te help ontwikkel. Ek leer baie nuwe goed wanneer ons almal bymekaar kom en om &#8216;n vuur om die spel gesels,&#8221;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ab\u00e9 jr. se&nbsp;broers was nog altyd sy helde. &#8220;Met Franco wat vir die Springbokke gespeel het en MJ vir die Suid-Afrikaanse A-span kon dit nie anders nie, maar ek het ook van spelers soos <strong>Andrew Mehrtens<\/strong>, Joel Stransky en Carlos Spencer gehou,&#8221;&nbsp;het&nbsp;Ab\u00e9 jr. ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">MJ het in 1993 vir Sand du Plessis tot kampioen van die <strong>Vrystaatse Direkteurstrofee<\/strong> aangevoer. Sannies wat die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad met 19-5 in die eindstryd verslaan het, is deur Ab\u00e9 sr. gebrei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ab\u00e9 sr. het Sannies se eerstespan van 1981 tot en met die eindstryd van die Vrystaatse Direkteurstrofee gebrei. Hy het ook tydens 1992 as skoolhoof waargeneem. Hy het ook vir drie jaar die Vrystaatse Cravenweek-span van 1982 tot 1984 gebrei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">MJ hou steeds die rekord vir die meeste punte vir die Vrystaatse Cheetahs in &#8216;n seisoen met die allemintige 418 punte wat hy tydens 1996 aangeteken het. Hy het Diamantveld se eerstespan van 2009 tot 2013 afgerig en het ook later die Cheetahs in die Curriebeker gebrei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Franco het voor hy as Itali\u00eb se hoofagrigter aangestel is, ook die Vrystaat Cheetahs tot Curriebeker-kampioene gebrei. Hy het ook Shimlas in 2015 tot Varsitybeker-kampioen gehelp. Smith was voorheen ook by Treviso (2007-2013) die hoofafrigter. Franco het die <strong>Springbokke<\/strong> tussen 1996 en 1999 in nege toetse as losskakel en senter verteenwoordig.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy jongste seun, <strong>Jean Smith<\/strong>, draf vanjaar vir Grey-kollege se eersterugbyspan uit, terwyl Franco jr. in 2018 vir die skool in aksie was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;11b1d294_1585663417439&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rugby-afrigting loop diep in die Smiths van Bloemfontein se are! Ouboet Franco Smith (47) rig tans Itali\u00eb se nasionale span af, terwyl MJ Smith (45) tans die Cheetahs se ho\u00eb-prestasie bestuurder is. Die jongste van die Smith-broers, Ab\u00e9 (36), is ook vinnig besig om vir hom &#8216;n naam as afrigter maak.&nbsp;Ab\u00e9 sal vanjaar indien die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9318,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9319","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9319","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9319"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9319\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9318"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9319"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9319"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9319"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}