{"id":9323,"date":"2020-04-02T12:07:04","date_gmt":"2020-04-02T12:07:04","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/spelers-profiel-renzo-du-plessis\/"},"modified":"2020-04-02T12:07:04","modified_gmt":"2020-04-02T12:07:04","slug":"spelers-profiel-renzo-du-plessis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=9323","title":{"rendered":"Spelers Profiel &#8211; Renzo du Plessis (Ben Vorster)"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-9322\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/RensoDuPlessis.jpg\" alt=\"RensoDuPlessis\" width=\"400\" height=\"493\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/RensoDuPlessis.jpg 533w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/RensoDuPlessis-243x300.jpg 243w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Elke land het &#8216;n posisie waarin hulle rugbyfabriek in&nbsp;spesialiseer, soos byvoorbeeld Nieu-Seeland &#8216;n hele paar vleuels van w\u00eareldgehalte om vanuit te kies. Die All Blacks se lys van w\u00eareldklas-vleuels is &#8216;n ellelange een Bryan Williams, <strong>Jonah Lomu<\/strong>, Joe Rokocoko, Julian Savea, <strong>Jeff Wilson<\/strong>, Doug Howlett en <strong>John Kirwan<\/strong> om net &#8216;n paar te noem.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">S\u00f3 het van die beste losskakels in w\u00eareldrugby oor die jare soos <strong>Barry John<\/strong>, Phil Bennet, <strong>Jonathan Davies<\/strong>, Cliff Morgan en <strong>Neil Jenkins<\/strong> uit Wallis se rugbyfabriek gekom.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In <strong>Suid-Afrika<\/strong> is daar geen twyfel dat ons &#8216;n flank-fabriek soos geen ander het nie. Jy kan amper na enige skool wat rugby beoefen in die land gaan en &#8216;n flank van gehalte vind. Di\u00e9 fabriek het al Bok-ysters soos <strong>Jan Ellis<\/strong>, Rob Louw, <strong>Schalk Burger jr<\/strong>., Piet Greyling, <strong>Andr\u00e9 Venter<\/strong>, Ruben Kruger, <strong>Rassie Erasmus<\/strong>, Francois Pienaar, <strong>Gert Smal<\/strong>, Juan Smith, en <strong>Pieter-Steph du Toit<\/strong> opgelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is ook &#8216;n tendens wat vorm indien jy na sekerlik ons voorste vyf flanke kyk wat sedert 1992 die <strong>Groen-en-Goud<\/strong> oor die kop getrek het. As jy Schalk Burger buite rekening laat het die res Andr\u00e9 Venter (Kroonstad Landbou), <strong>Ruben Kruger<\/strong> (Voortrekker), <strong>Juan Smith<\/strong> (JBM Hertzog), Rassie Erasmus (Despatch) en Pieter-Steph du Toit (Swartland) almal hulle rugby by sogenaamde nie-tradisionele rugbyskole leer speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kruger is aan die begin van sy St. 8-jaar (graad 10) na <strong>Grey-kollege<\/strong> toe, terwyl Burger wat aan <strong>Paarl Gimnasium<\/strong> gematrikuleer het, wel op sy pa se plaas buite Wellington groot geword het.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ja, ons weet dit is &#8216;n lang storie om nou eers uiteindelik by <strong>Renzo du Plessis<\/strong> uit te kom, maar die bewyse is daar dat ons beste flanke hul skoolgeld in die platteland betaal voordat hulle hul stempel op die w\u00eareldverhoog afdruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die hoofseun van die <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong>&nbsp;wat verlede jaar die hele rugbylandskap se verbeelding met &#8216;n drie tydens die Cravenweek vasgevang het, wat sekerlik onder die mees aanskoulikste drie\u00eb tel wat nog op Grey-kollege se geweide hoofveld gedruk is.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis het is in sy span, die <strong>Limpopo Blou Bulle<\/strong>, se eie doelgebied in besit gestel waarna hy &#8216;n volle 103 meter genael het om agter Griekwas se doellyn te gaan afrond. Hy is met sy uitstekende spel tydens die toernooi met &#8216;n plek in die SA Skole A-span beloon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis (1.90m, 103kg) is verwoestend met die bal in die hand en het &#8216;n rekord vyf drie\u00eb vir Limpopo tydens die toernooi gedruk. Dit het &#8216;n driekuns in &#8216;n nederlaag op die laaste dag van die toernooi teen die Luiperds (15-43) ingesluit. Dit is die meeste drie\u00eb nog deur &#8216;n speler van die Limpopo Blou Bulle (voorheen <strong>Verre Noord<\/strong>) nog op die<strong> Cravenweek<\/strong>.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het op daardie oomblik nie besef dat di\u00e9 drie so wyd versprei sou word nie. Ek was net bly gewees dat ek kon gaan druk vir my span. Dit was eers na die wedstryd en veral toe ek in die eetsaal ingeloop het en van die ander spanne se spelers my geluk gewens het met die drie dat ek begin besef het hoe spesiaal dit was,&#8221; het Du Plessis ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis is &#8216;n gebore leier wat nie net vanjaar Ben Vorster se eerstespan aanvoer nie, maar ook sy skool se hoofseun is. Sy akademie gemiddeld is ook boonop bo 75% wat merkwaardig is, met die besige skedule van die jong man. &#8220;Dit is virseker n uitdaging om alles te balanseer, party dae slaap ek minder as ander dae en ek probeer n gebalanseerde lewe te lui en niks af te skeep nie. My dae word beplan sodat ek by als kan uitkom en sien dit meer as &#8216;n voorreg.&#8221;&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het &#8216;n hele paar hoogtepunte in sy loopbaan sover wat vir hom uitstaan. Di\u00e9 drie teen Griekwas, toe hy vanjaar die eerste keer as kaptein van Ben Vorster se eerstespan uitgedraf het en toe hy Suid-Afrika op skolevlak in sewes- asook vyftienman-rugby verteenwoordig het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis het sonder twyfel al sekerlik menigte aanbiedings ontvang om sy skoolloopbaan elders voort te sit. Hy was tot graad ses in die Laerskool Louw Geldenhuys in Johannesburg, waarna sy pa Renso &#8216;n pos in Tzaneen aanvaar het. Hier het hy vanuit die Laerskool Tzaneen die Limpopo Blou Bulle se o.13 Cravenweek-span gehaal en daarna sy loopbaan by die Vossies voortgesit.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek is dankbaar vir Ben Vorster wat hulle oor die afgelope paar jaar vir my gedoen het, dit is &#8216;n great rugby skool. Ons het van vroeg af besluit dat ek naby die huis sal skoolgaan en is nie &#8216;n dag spyt oor di\u00e9 besluit nie. Ek het geleer dat as jy in &#8216;n kleiner skool is gaan jy baie harder moet werk om raak gesien te word en te danke aan die Here het hy &#8216;n pad vir my uiteengesit en ek geniet elke oomblik daarvan.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis het ook bygevoeg dat hy waarskynlik al suksesvol deur &#8216;n ander skool uit Tzaneen gelok sou wees, indien dit nie vir sy afrigter, <strong>Peter Schutte<\/strong>, was nie. Schutte het gehelp om die Vossies se rugby na nuwe hoogtes te neem. Die skool se eerstespan het verlede jaar die kroon as kampioen van die <strong>Virsekerbeker<\/strong> se Plaat-afdeling gedra. Die vorige jaar het die skool ook vanuit die Skild-afdeling na die Plaat-afdeling opgeskuif.&nbsp; &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><iframe loading=\"lazy\" style=\"float: right;\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/8dEmJw8cPXQ?rel=1\" width=\"425\" height=\"350\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis kon nie saam sy skoolmaats die trofee lig nie, want hy was op daardie dag vir die SA Skole A-span teen <strong>Argentini\u00eb<\/strong> in aksie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het dadelik toe ek in die kleedkamer na ons wedstryd teen&nbsp;Argentini\u00eb gekom het my foon uitgehaal om te sien hoe ons gedoen het. Ek was so bly dat ons die trofee kon wen. Ons werk vanjaar weer hard om weer die uitspele te haal.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis se pa Renso het op sy dag Springbok-kleure in gewigoptel verdien. Hy was &#8216;n SA Junior- asook senior-kampioen. Hy het self vir Tukkies se junior-spanne rugby gespeel, terwyl Renzo se oupa <strong>Lourens du Plessis<\/strong> vir Noord-Transvaal se o.20-span in die voorry gesak het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;My pa het sover die grootste impak op my loopbaan gehad. Hy is die een wat altyd saam my staan en my gebring het tot waar ek is vandag. Ek het by hom geleer om nooit op te gee nie en altyd harder te werk.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na skool wil Renzo graag sy loopbaan by een van die groter unies voortsit, maar ook B.Com Besigheidsbestuur studeer. &#8220;Ek glo dit is belangrik om &#8216;n graad agter jou naam te h\u00ea.&nbsp;Ek is mal oor besigheid en ek het reeds my eerste besigheid al gestig.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Plessis skoei sy spel op twee spelers. Pierre Spies se aanvallende vermo\u00eb en sy algehele spel op die van 2019 se W\u00eareld Rugby se Speler van die Jaar, <strong>Pieter-Steph du Toit<\/strong>. Hy is soos Spies ook &#8216;n haastige losvoorspeler wie vanjaar in die 110m-hekkies (14.50) asook die 400m-hekkies (55.80) afgeblits het. Sy tyd in die kort-hekkies was vinnig genoeg om vir hom &#8216;n plek na vanjaar se SA Skole-kampioenskap te bespreek indien hy daaraan sou wou deelneem.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy doelwitte vanjaar is om weer die Limpopo Blou Bulle se Cravenweek-span te maak na die toernooi in Port Elizabeth asook om &#8216;n SA Skole-baadjie in sy kas te laat hang. &#8220;Ek mik daarna om vanjaar die voorste flank op skolevlak in Suid-Afrika te wees. Ek sal my werksverrigting wil verhoog en ook op my algemene spel wil verbeter,&#8221; het Du Plessis ges\u00ea.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien <strong>Renzo du Plessis<\/strong> op sy vertonings van verlede jaar gedurende die 2020-seisoen voortbou, behoort hy &#8216;n sterk aanspraakmaker te wees om die Suid-Afrikaanse Skole-span aan te voer. En onthou maar gerus die naam as dit gebeur want die jong man behoort nog diep spore in Suid-Afrikaanse rugby te trap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><em><strong>FOTO: Johan Bezuidehout<br \/>BEELDMATERIAAL: <a style=\"color: #000000;\" href=\"https:\/\/digitv.co.za\">DigiTV<\/a> en <a style=\"color: #000000;\" href=\"http:\/\/www.supersport.com\">SuperSport<\/a><\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;d9c25670_1585895567024&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke land het &#8216;n posisie waarin hulle rugbyfabriek in&nbsp;spesialiseer, soos byvoorbeeld Nieu-Seeland &#8216;n hele paar vleuels van w\u00eareldgehalte om vanuit te kies. Die All Blacks se lys van w\u00eareldklas-vleuels is &#8216;n ellelange een Bryan Williams, Jonah Lomu, Joe Rokocoko, Julian Savea, Jeff Wilson, Doug Howlett en John Kirwan om net &#8216;n paar te noem.&nbsp; S\u00f3 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":9322,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-9323","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9323","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9323"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9323\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9322"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9323"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9323"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9323"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}